A. ALGEMENE INLIGTING
|
|
- Frans de Kooker
- 6 jaren geleden
- Aantal bezoeken:
Transcriptie
1 FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN MB,ChB-STUDENTE 2017 VIR 2018 A. ALGEMENE INLIGTING 1. Vir toelating tot die MB,ChB-graadprogram (hoofstroom en verlengde graadprogram) moet n aansoeker in besit wees van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi, of n gelykwaardige kwalifikasie met n gemiddeld van minstens 70% (vlak 6) (Lewensoriëntering uitgesluit), en met minstens 50% (vlak 4) in Wiskunde, sowel as Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe. Op grond van die hoogstaande meriete van die meeste aansoekers, is voldoening aan die minimum toelatingsvereistes geensins n waarborg van suksesvolle keuring nie. 2. Aangesien ongeveer 25-30% van die gekeurde aansoekers nie die keuringsaanbod aanvaar nie, word daar aanvanklik meer aansoekers gekeur om te kompenseer ten einde uiteindelik die mikpunt van ongeveer 270 (hoofstroomprogram) in totaal te bereik. 3 Gedurende die keuringsproses word daarna gestreef dat die geslagsprofiel van die groep gekeurde kandidate n weerspieëling sal wees van die geslagsprofiel van aansoekers wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen. 4. Hoogstens 2 plekke word gereserveer vir aansoekers wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen en wat op versoek van die Rektor toegelaat word o.g.v. buitengewone oorwegings (soos deur die Rektor self bepaal). 5. Jaarlikse hersiening van die getal studente toegelaat tot die program is op grond van: Opleidingskapasiteit t.o.v. menslike hulpbronne, infrastruktuur en die kliniese opleidingsplatform. Streeks- en landsbehoeftes Inskrywingsbeplanning van die Universiteit 6. Slegs aansoeke van aansoekers wat MB,ChB as eerste keuse stel sal oorweeg word. 7. Kandidate kan nie hul keuring uitstel van een jaar na n volgende nie. Indien n aansoeker dus suksesvol is en nie sy/haar keuring aanvaar nie, moet sodanige aansoeker normaalweg weer van vooraf aansoek doen om oorweeg te word vir keuring in die toekoms. 8. Sodra die finale Nasionale Seniorsertifikaatpunte (of ekwivalent) in Januarie van die daaropvolgende jaar beskikbaar raak, word hierdie punte en/of die verbeterde NNTuitslae in die plek van onderskeidelik die graad 11-punte en die oorspronklike NNTuitslae gebruik, en die merietelysvolgorde word dienooreenkomstig aangepas. 1
2 B. RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN MB,ChB-STUDENTE Aansoekers word oorweeg in die drie verskillende kategorieë, soos hieronder uiteengesit. B1. Huidige leerders (graad 12) en gematrikuleerdes (bl 2 4); B2. Ingeskrewe Universiteit Stellenbosch studente (bl 5 6); B3. Aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (bl 6 7). 1. HUIDIGE LEERDERS (GRAAD 12) EN GEMATRIKULEERDES 1.1 Keuring van hierdie groep vind plaas tydens die eerste keuringsgeleentheid gedurende die tweede semester van die voorafgaande jaar. 1.2 Aansoekers wat langer as drie jaar gelede gematrikuleer het, kan nie binne hierdie kategorie oorweeg word nie en word aangeraai om eers hulself voor te berei vir oorweging in kategorie B2 of B3. Let egter daarop dat keuring in hierdie kategorieë steeds nie gewaarborg kan word nie. 1.3 Aansoekers in hierdie kategorie word soos volg op grond van. akademiese, sowel as nie-akademiese meriete gekeur: Akademiese prestasie op skool, wat 45% van die keuringsfaktor uitmaak In die geval van huidige leerders (Graad 12) word die gemiddelde akademiese persentasie behaal in die Graad 11-eindeksamens gebruik In die geval van gematrikuleerdes word die gemiddelde akademiese persentasie behaal in die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen of ekwivalent gebruik Vir keuring tot die hoofstroomprogram sal voorkeur gegee word aan aansoekers wat minstens 75% in genoemde eksamens behaal het Nasionale Normtoetse (NNT), wat 30% van die keuringsfaktor uitmaak. Die gemiddelde persentasie wat behaal is in die toetse word hier gebruik Nie-akademiese meriete, wat 25% van die keuringsfaktor uitmaak Die nie-akademiese merietepunt word o.g.v. die onderstaande skaal bereken. Inligting word verkry vanaf n gestruktureerde vraeboog. Die korrektheid van die inligting moet deur die skoolhoof verifieer word. Die onus berus op die aansoeker en die skoolhoof om te verseker dat die inligting volledig en korrek is. INLIGTING T.O.V. MAKSIMUM PUNT Leierskap 5 Gemeenskapsdiens 4 Kultuuraktiwiteite 4 2
3 Sport 4 Ander besondere prestasies 4 Taalvaardigheid (in SA tale) 3 Verbintenis met US (ouer(s)/broer(s)/suster(s) is 2 oudstudente/huidige studente/personeel) Landelike herkoms 4 Deeltydse of na-uurse beroep Die puntetelling by elkeen van die items is die maksimum punt verwerfbaar. Die punte word bereken volgens spesifieke en konsekwente kriteria. Slegs prestasies wat gedurende die laaste 3 jaar op hoërskoolvlak behaal is word in aanmerking geneem Geen byvoegings of ander veranderinge aan die nie-akademiese merietevorm sal toegelaat word nadat dit die keuringskantoor bereik het nie. Die enigste uitsondering wat toegelaat sal word is prestasies wat behaal is na versending van die vorm en wat deur die betrokke skoolhoof verifieer is en mits dit nie later as einde Junie van die betrokke jaar deur die keuringskantoor ontvang word nie. 1.4 Die keuringsfaktor word bereken deur die akademiese skoolprestasie, die gemiddelde prestasie in die NNT en nie-akademiese merietepunte saam te tel in n 45:30:25-verhouding. Alle aansoekers word dan op grond van hul keuringsfaktor op n merietelys geplaas, wat die basis vorm vir die keuring van hierdie studente. 1.5 Die keuringsproses geskied as volg: Die top 110 aansoekers wat SA burgers is, word in prioriteitsvolgorde volgens die keuringsfaktor gekeur ongeag enige ander oorwegings Daarna word Indiër of Asiër aansoekers uit die Wes- en Noord-Kaap asook bruin en swart Afrikaan aansoekers uit al die provinsies gekeur mits hul voldoen aan die minimum toelatingsvereistes en totdat 270 plekke gevul is n Verdere 40 swart Afrikaan aansoekers word vervolgens gekeur, mits hulle aan die minimum toelatingsvereiste van n 70% gemiddelde persentasie voldoen Aansoekers met n gemiddelde persentasie tussen 70% en 74.9% kan tot die hoofstroom toegelaat word, indien hulle in minstens twee van die NNT-toetse die proficient vlak behaal het Indien die hoofstroomprogram nie op bogenoemde wyse (soos beskryf in tot 1.5.4) gevul word nie, sal wit en Indiër- of Asiërstudente volgens meriete en met inagneming van die geslagsprofiel oorweeg word totdat alle plekke gevul is Wanneer al die beskikbare plekke gevul is, word die oorblywende aansoekers op die merietelys as waglyskandidate beskou. Die volgorde word steeds bepaal deur die berekende keuringsfaktor. 3
4 Sodra die finale Nasionale Seniorsertifikaatpunte (of ekwivalent) in Januarie van die daaropvolgende jaar beskikbaar raak, word hierdie punte en/of die verbeterde NNT-uitslae in die plek van onderskeidelik die graad 11-punte en die oorspronklike NNT-uitslae gebruik, en die merietelys- (waglys-) volgorde word dienooreenkomstig aangepas. Kansellasies word eerstens vanaf die merietelys volgens keuringsfaktorvolgorde aangevul, met inagneming van die geslags-, ras- en geografiese profiel van die eerstejaarsinname, mits daar plek is in die program Die doel van die MB,ChB verlengde graadprogram (VGP) is om sosio-ekonomies benadeelde studente te help met toegang tot die mediese opleidingsprogram. Sosio-ekonomiese benadeling word gemeet deur n sosio-ekonomiese status (SES) - faktor te bereken wat die volgende indikatore in ag neem: onderwysbenadeling (gebaseer op skoolkwintiele en skoolfonds), ekonomiese benadeling (gebaseer op maatskaplike of ongeskiktheidstoelae) en eerste generasie-status (gebaseer op die opvoedkundige vlak van die ouers). Die SES faktor wissel van 10 (mees benadeel) tot 0 (minste benadeel). Swart Afrikaan en bruin aansoekers, en wit en Indiër of Asiër aansoekers van die Wesen Noord-Kaap, wat nie reeds vir die hoofstroomprogram gekeur is nie, word oorweeg vir toelating tot die VGP. Hierdie groep maak dus nie deel uit van die hoofstroomprogram nie. Slegs 20 plekke is jaarliks beskikbaar vir toelating tot die VGP. Plekke sal in orde van meriete deur aansoekers met ʼn SES-faktor van 6 of hoër gevul word. Die afsny-telling van die SES faktor kan wel aangepas word in ooreenstemming met die aansoekpoel. Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat die intermediêre vlak (of hoër) in minstens 2 van die NNT toetse behaal het. Wanneer al die beskikbare plekke in die VGP gevul is, word die oorblywende aansoekers op die merietelys wat kwalifiseer vir die VGP as waglyskandidate vir die VGP beskou. Sodra die finale Nasionale Seniorsertifikaatpunte (of ekwivalent) in Januarie van die daaropvolgende jaar beskikbaar raak, word hierdie uitslae en/of die verbeterde NNT-uitslae in die plek van onderskeidelik die graad 11-punte en die oorspronklike NNT-uitslae gebruik, en die merietelysvolgorde word dienooreenkomstig aangepas. Kansellasies word volgens keuringsfaktorvolgorde vanaf die merietelys aangevul, mits daar plek is in die program. 2. INGESKREWE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH-STUDENTE 2.1 Plekke word gereserveer vir studente van die Universiteit Stellenbosch wat SA burgers is en wat toepaslike studierigtings (by voorkeur natuurwetenskappe-verwant) volg. As gevolg van die beperkte aantal plekke in die program, kan geen student wat by aansoek by ʼn ander instelling geregistreer is, vir keuring oorweeg word nie. 4
5 2.2 Die volgende groeperings van ingeskrewe studente word in hierdie kategorie oorweeg: Eerstejaar-Baccalaureus studente (sien uitsondering by 2.3) Finalejaar-Baccalaureus studente (in n 3-jaar Baccalaureus graad) (sien uitsondering by 2.3) Nagraadse studente o Honneurstudente en finalejaar studente (in n 4-jaar Baccalaureus graad) (sien uitsondering by 2.3) o o Finalejaar Magisterstudente Doktorale studente wat hul doktorale studie voltooi gedurende die jaar waarin hulle aansoek doen Die keuringsverhouding van bogenoemde groeperings sal die verhouding van die aansoekers wat aan die vereistes vir hierdie groeperings voldoen (kyk 2.6), reflekteer. 2.3 Ingeskrewe studente wat n ander keuringsprogram in Gesondheidswetenskappe volg, sal nie vir keuring oorweeg word nie. 2.4 Die aansoeke sluit op 30 September en word vroeg in Desember, nadat die finale uitslae beskikbaar is, oorweeg. Studente wat nie van die eerste eksamengeleentheid gebruik maak nie, sal nie oorweeg kan word nie. 2.5 Hierdie groep word gekeur o.g.v. akademiese prestasie asook enkele ander oorwegings (sien 2.6): Die gemiddelde akademiese prestasie van ingeskrewe studente word as volg bereken: in die geval van eerstejaars (BSc I en ander programme) word die geweegde gemiddelde persentasie van die eerstejaar bereken. in die geval van finalejaars word die geweegde gemiddelde persentasie van al die studiejare gesamentlik bereken. In die geval van nagraadse studente (uitgesonderd doktorale studente), sal die finale punt vir die program gebruik word. 2.6 Vir hierdie kategorie van aansoekers sal die volgende bykomende riglyne ook geld: In die geval van eerstejaars (meestal BSc I-studente) sal slegs studente wat al hul eerstejaarsvakke met ʼn geweegde gemiddeld van minstens 70% slaag, oorweeg word In die geval van studente wat die voorgraadse kwalifikasie in die betrokke jaar voltooi, sal voorkeur verleen word aan studente wat die graad in die voorgeskrewe tyd voltooi met n geweegde gemiddelde persentasie van minstens 70% oor die duur van die program In die geval van nagraadse ingeskrewe studente, word voorgraadse prestasie ook in oorweging geneem. Voorkeur sal gegee word aan studente wat vorige grade met ʼn geweegde gemiddeld van minstens 60% geslaag het, en wat minstens 70% verwerf vir 5
6 die nagraadse kwalifikasie waarvoor hulle by aansoek geregistreer is en wie ʼn motiveringsbrief by hul aansoek insluit. 2.7 Voorgraadse studente word in prioriteitsvolgorde o.g.v. voorgaande oorwegings (2.6.1 en 2.6.2) gerangskik, en dit dien as vertrekpunt vir die keuringsproses. 2.8 Nagraadse aaansoekers in hierdie kategorie word in prioriteitsvolgorde o.g.v. voorgaande oorwegings in gerangskik, waarna ʼn kortlys van verdienstelike aansoekers saamgestel word. Aansoekers op die kortlys sal na persoonlike onderhoudvoering finaal gekeur word. Uitnodiging na n onderhoud dien geensins as waarborg dat n aansoeker wel gekeur sal word nie. 2.9 Wanneer al die beskikbare plekke gevul is, word aansoekers wat kwalifiseer op n waglys geplaas in volgorde van akademiese meriete. Kansellasies kan in merietevolgorde van die waglys aangevul word, mits daar plek is in die program Studente wat gekeur word vir MB,ChB I sou volgens bepaalde kriteria vrygestel kon word van ooreenstemmende modules wat hul geslaag het, maar sal al die ontbrekende modules vir MB,ChB I moet aanvul, ten einde na MB,ChB II in die daaropvolgende jaar te kan promoveer. 3. AANSOEKERS MET NASKOOLSE KWALIFIKASIES EN/OF BEROEPSERVARING 3.1 Keuring van hierdie groep aansoekers vind tydens die eerste keuringsgeleentheid gedurende die tweede semester van die voorafgaande jaar plaas. 3.2 Ongeveer 20 plekke sal gereserveer word vir persone met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring, en wat by aansoek nie vir enige verdere kwalifikasie geregistreer is nie. Aansoekers wat by aansoek vir enkele losstaande modules op tersiêre vlak vir nie-graaddoeleindes geregistreer is, kan ook in hierdie kategorie oorweeg kan word. 3.3 Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat reeds voorheen n tersiêre kwalifikasie (NQF vlak 7 en hoër) in die normale tyd, en met n geweegde gemiddelde van 60% of hoër geslaag het, en ʼn motiveringsbrief by hul aansoek insluit. 3.4 Hierdie aansoekers word oorweeg op akademiese meriete, sowel as nie-akademiese faktore. n Kortlys van verdienstelike aansoekers word na oorweging van alle aansoeke in hierdie kategorie saamgestel. 3.5 Aansoekers op die kortlys sal na persoonlike onderhoudvoering finaal gekeur word. 3.6 Uitnodiging na n onderhoud dien geensins as waarborg dat n aansoeker wel gekeur sal word nie. 6
7 C. KEURING VAN BRUIN, SWART AFRIKAAN EN INDIËR OF ASIËR AANSOEKERS 1. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bepaal jaarliks in onderlinge oorleg met die Viserektor (Leer en Onderrig), inskrywingsteikens wat belyn is met, onder andere, die Nasionale Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se riglyne vir die transformasie van die hoër onderwyssektor en die institusionele inskrywingsbeplanning wat daaruit voortspruit, sowel as die Universiteit se verbintenis tot inklusiwiteit en diversiteit. 2. In die geval van huidige leerders (B1) word die keuringsfaktor volgens dieselfde formule bereken soos beskryf. Dit word egter by keuring tot die verlengde graadprogram (VGP) in ag geneem dat sommige van hierdie aansoekers moontlik nie al die nodige geleenthede gehad het om akademies, sowel as nie-akademies te kan presteer nie, en keuring geskied dus nie uitsluitlik volgens die keuringsfaktor nie. D. AANSOEKERS WAT NIE SUID-AFRIKAANSE BURGERS IS NIE OF NIE N PERMANENTE VERBLYFPERMIT VIR SUID- AFRIKA HET NIE 1. Sodanige aansoekers sal nie oorweeg word nie. 2. Aansoekers met amptelike vlugtelingstatus moet volgens wetgewing oorweeg word. Slegs SA burgers kwalifiseer egter vir institusionele beurse en lenings, asook vir NSFAS-befondsing. Aansoekers met vlugtelingstatus moet dus hul finansiële posisie in ag neem wanneer n plek in die MB,ChB program opgeneem word. E. DIE AFLê VAN DIE NASIONALE NORMTOETSE (NNT) ( NATIONAL BENCHMARK TESTS ) ( NBT ) 1. Alle huidige leerders of gematrikuleerdes (B1) wat aansoek doen om toelating tot MB,ChB ongeag watter persentasie of totaal hulle in die finale graad 11- of 12- eksamens behaal het, moet die NNT aflê. Die gemiddelde prestasie in hierdie toetse dra 30% by tot die keuringsfaktor. 2. Die toetse sal landswyd by verskeie sentra afgeneem word. 3. Voornemende Gesondheidswetenskappe-studente moét voor die sperdatum soos jaarliks bepaal (sien die NNT aflê en moet betyds (minstens 3 weke voor die toetsdatum) by vir die toetse registreer ten einde n plek in die betrokke toetssentrum te verseker. 4. Voornemende studente moet al die toetse op dieselfde dag aflê. 7
8 5. Indien n aansoeker die toetse by meer as een geleentheid in dieselfde jaar aflê, sal die uitslae wat teen einde Julie beskikbaar is in ag geneem word by keuring in die tweede semester; die NNT-uitslae wat teen einde Desember beskikbaar is, sal in Januarie gebruik word saam met die NSS-uitslae vir keuring vanaf die merietelys. 6. Ingeskrewe universiteitstudente (B2) en aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (B3) word vrygestel van hierdie vereiste. F. PROSEDURES WAT GEVOLG WORD M.B.T. DIE KEURINGS- PROSES 1. AANSOEKVORMS 1.1 Aansoekers kan aanlyn aansoek doen by Die sluitingsdatum vir die indiening van aansoeke, insluitend die nie-akademiese meriete vraelys vir oorweging tydens die aanvanklike keuringsproses, is 31 Mei van die jaar wat registrasie voorafgaan. 2. VERWERKING VAN AANSOEKE 2.1 ʼn Volledige databasis van elke aansoeker word saamgestel uit die inligting wat deur die aansoeker op die aanlyn-aansoekvorm ingevoer is. Die punte van huidige leerders of gematrikuleerdes (B1) word terselfdertyd rekenaarmatig verwerk. 2.2 Die vraelyste oor nie-akademiese meriete word nagesien en die punte daarvan bereken soos uiteengesit in B Hierdie punte word ook ingevoer op die rekenaar en, tesame met die skoolpunte en NNT-uitslae, rekenaarmatig verwerk om sodoende die keuringsfaktor te bepaal. (Hierdie keuringsfaktor word gebruik om n aansoeker se posisie op die merietelys te bepaal). 2.3 Die akademiese rekords van ingeskrewe studente (B2) sowel as dié van gegradueerdes (B3) word per hand verwerk en n gemiddelde persentasie word bereken. Hierdie studente word dan op grond van akademiese prestasie oorweeg, alhoewel nieakademiese meriete wel in die geval van gegradueerdes (B3) in berekening gebring mag word. 2.4 Daar word van aansoekers verwag om n onderneming te gee dat alle inligting wat verskaf word akkuraat is. Indien daar nadat n aansoeker gekeur is bevind word dat vals inligting verskaf is of dat inligting weerhou is, kan so n aansoeker hulle keuring verbeur. 3. KEURINGSGELEENTHEDE 3.1 Die eerste keuring vind in die tweede semester van die voorafgaande jaar plaas. By hierdie geleentheid word die huidige leerders en gematrikuleerdes (B1) en aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (B3) oorweeg. Die keuring van 8
9 laasgenoemde aansoekers (wat op n kortlys geplaas is) word eers finaal na onderhoudvoering met lede van die Keurkomitee afgehandel (sien B3.5 en B3.6). 3.2 Die aansoeke van ingeskrewe studente (B2) word eers in Desember oorweeg nadat hulle finale Universiteitsuitslae beskikbaar is. 3.3 Scimathus studente word in Januarie in dieselfde kategorie as gematrikuleerdes (B1) oorweeg (op grond van hul nuwe keuringsfaktor). 3.4 Verdere keuring vind deurlopend vanaf die merietelys plaas, afhangende van die kansellasies wat ontvang word en beskikbare plekke in die program. 3.5 Keuring word finaal afgehandel binne 2 weke na aanvang van die eerstesemester klasse vir MB,ChB I. 4. UITSTUUR VAN KEURINGSBRIEWE 4.1 Na afloop van keuringsvergaderings word aansoekers elektronies van die keuringsuitslag in kennis gestel. 4.2 Die gekeurde aansoekers moet binne 4 weke vanaf die versending van die keuringsbriewe terugantwoord of hulle die aanbod aanvaar, al dan nie. 4.3 Indien hulle die keuringsaanbod aanvaar, is die voorgeskrewe keuringsdeposito betaalbaar. Die bedrag word tot die student se krediet gereken. Studente wat hul keuringsaanbod aanvaar, die voorgeskrewe keuringsdeposito betaal en daarna uit eie wil die keuring kanselleer, se keuringsdeposito is nie terugbetaalbaar nie. 4.4 Die plekke van aansoekers wat nie op die aanbod reageer nie, en wat nie administratief opgespoor kan word nie, word gekanselleer. 5. AANSOEKERS WAT NIE MEER AAN DIE TOELATINGSVEREISTES VOLDOEN NADAT DIE FINALE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAATUITSLAE BESKIKBAAR IS NIE 5.1 Aansoekers wat gedurende die eerste keuringsronde voorwaardelik gekeur is, maar wat na hul finale matriekuitslae nie meer voldoen aan die minimum toelatingsvereistes nie, se keuringsaanbod sal verval en die keuringsdeposito sal terugbetaal word. G. SAMESTELLING VAN DIE KEURKOMITEE Die Keurkomitee bestaan uit die onderstaande lede: Dekaan, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 9
10 Visedekaan: Leer en Onderrig, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Visedekaan: Sosiale Impak en Kliniese Dienste, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe MB,ChB Programkoördineerder (Voorsitter) Ses* lede aangewys deur die Fakulteitsraad, waarvan een uit die prekliniese en een uit die primêre gesondheidswetenskappe moet wees Een lid uit die geledere van die Aanvullende Gesondheidswetenskappekeurkomitee, aangewys deur hierdie keurkomitee Direkteur: Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid * Die aantal lede aangewys tot hierdie komitee is afhangend van die goedkeuring van die Fakulteitsraad (FGGW) April
A. ALGEMENE INLIGTING
LET WEL: Hierdie dokument is op 1 Junie 2018 deur die Senaat van die Universiteit Stellenbosch goedgekeur FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING
Nadere informatieA. ALGEMENE INLIGTING
FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN FISIOTERAPIE-STUDENTE (2017 vir die 2018-inname) A. ALGEMENE INLIGTING 1. Ten einde oorweeg te word
Nadere informatieA. ALGEMENE INLIGTING
LET WEL: Hierdie dokument is op 1 Junie 2018 deur die Senaat van die Universiteit Stellenbosch goedgekeur FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING
Nadere informatieRIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)
UNIVERSITEIT STELLENBOSCH FAKULTEIT OPVOEDKUNDE RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS) 1. DOEL EN RASIONAAL 1.1 DOEL VAN DIE FAKULTEIT OPVOEDKUNDE SE INSKRYWINGSBESTUUR- EN KEURINGSTELSEL
Nadere informatieRIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)
UNIVERSITEIT STELLENBOSCH FAKULTEIT OPVOEDKUNDE RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS) 1. DOEL EN RASIONAAL 1.1 DOEL VAN DIE FAKULTEIT OPVOEDKUNDE SE INSKRYWINGSBESTUUR- EN
Nadere informatieFAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)
FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW) Keuringsriglyne vir nuweling eerstejaars: 2019-inname 1. TERMINOLOGIE Voorwaardelike toelating: Studente ontvang voorwaardelike toelating op grond van
Nadere informatieUNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013 1. TOEPASSING UP Nagraadse beurse is beskikbaar vir studente wat vir n honneursgraad, n magistergraad soos uiteengesit in Aanhangsel 1 of n
Nadere informatieFakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid
Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid 2019 OPSOMMING (lees die dokument vanaf p2 vir volledige inligting). Algemeen Keuring word toegepas om n inskrywingsteiken vir eerstejaarsinname
Nadere informatieStuur die aansoekvorm aan:
AANSOEK OM N STUDIEBEURS AANSOEKVORMS MOET DIE ATKV JAARLIKS VOOR OF OP 15 JANUARIE 2016 BEREIK VOORWAARDES VIR AANSOEKE: 1. Alle inligting wat verskaf word, sal streng vertroulik hanteer word. 2. Net
Nadere informatieStuur die aansoekvorm aan:
AANSOEK OM N STUDIEBEURS AANSOEKVORMS MOET DIE ATKV JAARLIKS VOOR OF OP 15 JANUARIE 2018 BEREIK VOORWAARDES VIR AANSOEKE: 1. Alle inligting wat verskaf word, sal streng vertroulik hanteer word. 2. Aansoeke
Nadere informatie2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode
2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode Bestuursopsomming Nuweling eerstejaar (NE) inskrywings Krygskunde ingesluit Belangrikste verskuiwing in tendense sedert die
Nadere informatieUNIVERSITEIT STELLENBOSCH
UNIVERSITEIT STELLENBOSCH FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE REËLS EN REGULASIES VIR DIE FONDS VIR VOORGRAADSE KONFERENSIEAANBIEDINGS EN VOORGRAADSE PUBLIKASIE AANSPORINGS 1. DOELSTELLING
Nadere informatieAansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015
Departement Fakulteit Geesteswetenskappe Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste 2015 Die BA Honneursgraadprogram in Toegepaste bestaan uit vyf modules. Studente kies vier modules uit onderstaande lys;
Nadere informatie2015 AKADEMIESE JAAR
Die sluitingsdatum vir die 2015 akademiese jaar aansoeke is die 5 de Desember 2014 en geen laat aansoeke sal aanvaar of oorweeg word nie. Die indiening van ʼn aansoek is nie ʼn waarborg dat die Trust aan
Nadere informatieDit begin alles hier. Teologie
Dit begin alles hier Teologie VRYWARING Kennisgewing: Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ʼn opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is opgestel met die oog
Nadere informatieGeagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE
Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.
Nadere informatieNuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3
DIE SUID-AFRIKAANSE INSTITUUT VAN LANDBOU-INGENIEURS THE SOUTH AFRICAN INSTITUTE OF AGRICULTURAL ENGINEERS POSBUS/P O BOX 912 719, SILVERTON,0127 TEL: (012) 842 4000, FAX: (012) 804 0753 Nuusbrief Okt
Nadere informatieRiglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1
Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 1. Oogmerk Die oogmerk van hierdie riglyne is om die aanstelling van werknemers op n termynkontrak van langer as drie maande
Nadere informatieEerstejaarsakademie Midjaar/Eindjaar-assessering Gebruikersgids
Eerstejaarsakademie Midjaar/Eindjaar-assessering Gebruikersgids Kontak Susan van Schalkwyk (scvs@sun.ac.za, tel nr: 808-3751) Antoinette van der Merwe (advdm@sun.ac.za, tel nr: 808-3074) Gert Young (gyoung@sun.ac.za,
Nadere informatiePERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)
PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) B.5 DIE ADVERTERING EN VULLING VAN OPVOEDERPOSTE 1 5.2 Advertering 5.2.1 Die advertensie van vakatures vir opvoeders moet: 5.2.1.1 selfverduidelikend en duidelik wees,
Nadere informatieUNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) 1. INLEIDING Paragrawe 12 en 13 van die Statuut Van die Universiteit van Pretoria
Nadere informatieTYGERBERG SKOOLFONDS 2015
HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid
Nadere informatieRiglyne vir Steundiensaanstellings
Riglyne vir Steundiensaanstellings Verwysingsnommer van hierdie dokument HEMIS-klassifikasie Doel Om riglyne vir steundiensaanstellings neer te lê, onder meer wat betref dokumentasie wat aan die betrokke
Nadere informatieReglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse
Universiteit van Stellenbosch Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse Desember 2004 A Akademiese aanbiedings 1. Alle leer en onderrig-geleenthede wat in die naam van die Universiteit
Nadere informatieKoshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2017
Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2017 1. Hoe doen ek aansoek om ʼn koshuisplek? 1.1 Koshuisaansoeke maak deel uit van die algemene aansoekvorm vir toelating tot die Universiteit Stellenbosch
Nadere informatieREËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS
REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur 1P/1.4 Registrateur Registrateur en
Nadere informatieOUERAAND BEROEPSLEIDING:
OUERAAND BEROEPSLEIDING: 2017 www.nelliesh.co.za Wat bepaal beroepskeuse? Kind se profiel (vermoë, persoonlikheid en belangstelling) Toelatingsvereistes vir opleiding Keuringvereistes vir opleiding Finansiële
Nadere informatieLaerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)
Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3) Beleid hersien: Mei 2016 Volgende hersiening: Januarie 2017 INHOUDSOPGAWE TITEL VAN DIE BELEID...1 EFFEKTIEWE DATUM...1 HERSIENINGSINLIGTING...1
Nadere informatieAANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS
BA (DRAMA- EN TEATERSTUDIE): Aansoek om toelating 2019 AANSOEKPROSEDURE 1. Voltooi ʼn Voorgraadse Aansoek om Toelating tot die Universiteit elektronies (e-aansoek) of per hand. 2. Betaal die aansoekfooi
Nadere informatieHOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad
40 HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad Artikel 68 - Instelling Daar sal n Nasionale Raad wees wat die bevoegdhede en werksaamhede het soos in hierdie Grondwet uiteengesit is. Artikel 69 - Samestelling (1) Die
Nadere informatieKoshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2019
Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2019 1. Hoe doen ek aansoek om ʼn koshuisplek? 1.1 Koshuisaansoeke maak deel uit van die algemene aansoekvorm vir toelating tot die Universiteit Stellenbosch
Nadere informatieGOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:
GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR: GOUDVELD HOëRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE
Nadere informatieRiglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)
Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF) 1. Agtergrond en rasionaal Na aanleiding van n behoeftebepaling wat in 2011 gedoen is, blyk dit duidelik
Nadere informatieDIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)
DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: met adres te: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) EN met adres te: (hierna die WERKNEMER
Nadere informatieARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE
ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.
Nadere informatieTen minste elke vyf jaar, of vroeër na gelang van behoefte Vorige hersienings. Senior Direkteur: Voornemende Studente
Verwysingsnommer van dokument BEL-001-2017 HEMIS-klassifikasie Tipe dokument Doel van die beleid Toelatingsbeleid Die doel van hierdie beleid is om beginsels, riglyne en bepalings neer te lê vir toelating
Nadere informatieDIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL
1 van 6 DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL Werwingsadvertensies GROOTTE VAN ADVERTENSIE Plasing
Nadere informatieKodes vir Afkeurredes
KONTAK HENRYSTRAAT 118 STREET WESTDENE BLOEMFONTEIN 9301 POSBUS 12051 BRANDHOF 9324 TEL 051 448 6084 051 448 6085 Kodes vir Afkeurredes minimum rasstandaarde-skedule B FAKS 051 448 6327 0861 BONSMARA 0861
Nadere informatie1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar
Geagte Ouer(s) 12 November 2015 SKOOLFONDS 2016 Die skoolfonds vir 2016 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 28 Oktober 2015 deur die meerderheid van die ouers goedgekeur. Alle ouers is
Nadere informatieGOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS
GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS AANVAAR: 18 September 2012 Bladsy 1 van 5 GOUDVELD-HOëRSKOOL GEDRAGSKODE VIR OPVOEDERS 1. DEFINISIES Tensy die konteks anders aandui, het uitdrukkings in hierdie
Nadere informatieTensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.
B. FAKULTEITSRADE WOORDBEPALING Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: Assessorlid: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie. Fakulteitsraad: Die Raad
Nadere informatieAANSOEK OM STUDIELENING
AANSOEK OM STUDIELENING 1. PERSOONLIKE INLIGTING VAN AANSOEKER (STUDENT) Vul asseblief volledig in waar van toepassing Van: Volle naam: Geboortedatum: ID Nommer: Is u 'n Suid-Afrikaanse burger? JA Huistaal:
Nadere informatieFASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL
FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL Die algemene kennisgewing oor Fasiliteitsbestuur se Planon-stelsel wat op 15 Augustus 2018 uitgereik is via die info @ StellenboschUni-nuusbrief, verwys. Meer besonderhede
Nadere informatieSenior Direkteur: Voornemende Studente
Verwysingsnommer van dokument HEMIS-klassifikasie Tipe dokument Doel van die beleid Konsep: Hersiene Toelatingsbeleid Die doel van hierdie beleid is om beginsels, riglyne en bepalings neer te lê vir toelating
Nadere informatieAANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING
REGLEMENT VIR DEKANE AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING Benewens die bevoegdhede en pligte van dekane kragtens die algemene en beplaalde fakulteitsregulasies of wat kragtens
Nadere informatieREGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING
REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch
Nadere informatieGRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.
GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging
Nadere informatieMUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)
MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID 20162017/20172018 (HERSIEN EN GEWYSIG) A A N H E F Artikel 96 van die Munisipale Stelsels Wet, 2000 (Wet 32 van 2000) bepaal dat 'n munisipaliteit 'n kredietbeheer-, skuldinvorderings-
Nadere informatie1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3
(Hersien in September 2012. Gebruik vanaf 2013) PRYSUITDELING KRITERIA: Prestasie en toekennings word jaarliks toegeken. Vanaf Graad 5 kan balkies en ere-kleure toegeken word, d.w.s. dat skoolbaadjies
Nadere informatieHierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.
Skooltoerbeleid Hierdie dokument is die skooltoerbeleid van Laerskool Rustenburg soos die beheerliggaam dit op 1 Januarie 2017 goedgekeur het. Die beleid is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike
Nadere informatieHOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE
HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2. OORTREDING VAN DIE GEDRAGSKODE DEUR OMR-LEDE 2.1 Ernstige oortredings 2.2 Tugstappe 2.3 Minder ernstige oortredings 2.4 OMR-Tugkomitee
Nadere informatie1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)
BELEID OOR DIE IDENTIFISERING EN BEWARING VAN INISIASIETERREINE IN DIE WES-KAAP 1. Inleiding 1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) EWK saam met die DKES het 'n raamwerk
Nadere informatieAANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS
AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS - 2 - RIGLYNE VIR DIE INDIENING VAN N AANSOEK Opmerking: Die aantal projekte wat ondersteun gaan word, word beperk tot twee per
Nadere informatieGRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL
GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL 1. NAAM: Pre-Primêre Skool Senekal Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van die Pre-Primêre Skool Senekal (hierna genoem
Nadere informatieTOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING
Privaat sak X6001, Potchefstroom Suid-Afrika 2520 Tel: +2718 299-1111/2222 Web: http://www.nwu.ac.za Studentevoorligting en -ontwikkeling (SVO) Tel: +2718 299-1777 E-pos: Corrie.Rheeder@nwu.ac.za TOEGEWINGSPROTOKOL
Nadere informatieUNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks
UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID Dokumentnommer IS 1003 Dokumentnaam Dokumenttipe Koördinerende UBK-lid Kontak Status Goedgekeur deur Beleid oor die Lisensiëring en Bewaring van Sagteware Ondernemingsbeleid
Nadere informatieUNIVERSITEIT STELLENBOSCH
UNIVESITEIT STELLENBOSCH Aansoek om akademiese betrekking Vertroulik Pos ook asseblief u volledige CV aan: Die Bestuurder: Personeelvoorsiening en Beplanning Universiteit Stellenbosch Privaatsak X1 Matieland
Nadere informatieKAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016
KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 Beoordeling vind plaas 15 tot 19 Augustus 2016 1 KLAS E: Enige Taal: SPRAAK EN DRAMA Algemene Riglyne Inskrywings is onderhewig
Nadere informatieMUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED
MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED 2015/2016 Inhoudsopgawe 1. Die beleid is van toepassing op die verhuring van die volgende fasiliteite
Nadere informatieLPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur
/0/2018 Studiebrief 101/0/2018 Taalvaardigheid LPENGPN Jaarmodule Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor u module. STAAFKODE INHOUD Bladsy 1 INLEIDING...
Nadere informatieNASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 WISKUNDE V1 NOVEMBER 2015 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Wiskunde/V1 2 DBE/November 2015 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende
Nadere informatieNasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?
Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Die Nasionale Minimumloon wetsontwerp, sowel as die NEDLAC ooreenkoms, blyk n groot bron van kommer te wees in die landbousektor. Hierdie dokument lig die
Nadere informatieMUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID
MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID 2015/2016 Inhoudsopgawe AANHEF... 3 ONDERSTEUNING VAN HULPBEHOEWENDES... 1.1 BEFONDSING... 4 1.2 REGISTRASIE PROSES... 4 1.3 VOORDELE PER HUISHOUDING TEN OPSIGTE VAN SUBSIDIE...
Nadere informatieAANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL
HEBRON CHRISTENSKOOL MEER AS OORWINNAARS... Hebronstraat, Oakglen, Bellville, Posbus 640, Brackenfell, 7561 Tel (021) 919 6356; Faks 086 6717 472 E-Pos: admin@hebronchristenskool.co.za Webtuiste: www.hebronchristenskool.co.za
Nadere informatieGRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye, diagramvel en formuleblad.
Nadere informatieKoorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.
KOMPETISIE INLIGTING Sing in Harmonie is die eerste skole koorkompetisie in sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale tv hul merk te maak en in die proses hulle deel in R496
Nadere informatieSWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en
SWANGERSKAPBELEID Hoërskool McLachlan en sy beheerliggaam erken die Grondwet van die Republiek van Suid- Afrika, Wet 108 van 1996 (hierna die Grondwet ); die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (hierna
Nadere informatieBELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding
BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE 1. Inleiding Hierdie dokument is die Beleid oor Geslotekringtelevisie van (voeg naam van skool in), soos die beheerliggaam dit op (voeg datum in) goedgekeur het. Die beleid
Nadere informatieWELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019
E-pos: elize.dames@linden.co.za WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019 VORMS VIR VOLTOOIING: INSKRYWINGSVORM GRAAD 8 en 9 1. Voltooi n aparte vorm vir elke leerder in Hoërskool Linden. 2. Verstrek asseblief volledige
Nadere informatieTaalbeleid van die Universiteit Stellenbosch
Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch n Konseptuele Raamwerk Soos op 2 Junie 2006 1. Inleiding Die Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch word bepaal deur die missiestelling van die Universiteit:
Nadere informatieBELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME
1 van 5 BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME 1. TREFWYDTE Hierdie beleid is van toepassing op alle personeellede (permanent, tydelik, voltyds, deeltyds) en alle studente. In die verdere bewoording sluit
Nadere informatieTygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!
Tygienuus Webblad: www.tygies.co.za E-pos: admin@tygies.co.za Tel: 012 809 0029 / 0340 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 25 April 2018 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG 26 April Tennis: Oefening (Seuns:
Nadere informatieAANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE
AANSOEK OM TOELATING - 2017 HOËRSKOOL TUINE POSBUS 48066 Tel: (012) 379-6181/2 HERCULES 0030 Faks: (012) 377-3899 PRETORIA e-pos: admin@hstuine.co.za LW!! U aansoek kan nie oorweeg word sonder die volgende
Nadere informatieAnimato Koorkompetisie/Choir
Animato Koorkompetisie/Choir Tel/faks: (011) 913-2747 of (011) 913-1555 E-pos: conspirito@absamail.co.za Kontakte: Lizelle 083 660 4822 of Zab 082 323 1437 Animato 2010 Geborg deur die DOEL VAN DIE KOMPETISIE
Nadere informatieAANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar
AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar DIE INLIGTING WAT HIER VERSTREK WORD, WORD GEBRUIK OM KANDIDATE TE KEUR. DIT IS DUS IN JOU EIE BELANG OM DIE AANSOEKVORM VOLLEDIG IN TE VUL VUL ASSEBLIEF
Nadere informatieOEFENVRAESTEL VRAESTEL 1
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 11 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 11-jaareindvraestel verwag kan word. Daar is
Nadere informatieDEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006
DEPARTEMENT VAN ONDERWYS Goewermentskennisgewing R1052 18 Oktober 2006 SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, WET 84 VAN 1996 REGULASIES VIR DIE VRYSTELLING VAN OUERS VAN DIE BETALING VAN SKOOLGELD IN OPENBARE SKOLE
Nadere informatieNUUSBRIEF: JANUARIE 2014
NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen
Nadere informatieDIE VOORTREKKERS PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS VANAF 2016 PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS 2016: 2015/04/27 BLADSY 1 VAN 9
PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS VANAF 2016 PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS 2016: 2015/04/27 BLADSY 1 VAN 9 1. INLEIDING In 1966 het president CR Swart die eerste keer die Presidentsverkennertoekenning aan
Nadere informatiePROTOKOL RIGLYNE VIR AMPTELIKE GELEENTHEDE
PROTOKOL RIGLYNE VIR AMPTELIKE GELEENTHEDE 2 AMPTELIKE NASIONALE PROTOKOLLYS Kanselier Premiers, ministers, ministers van buitelandse regerings, regters, ens. Visekanselier en Rektor Voorsitter van die
Nadere informatieTrek jou NWU-tekkies aan en loop ʼn dag in die skoene
Trek jou NWU-tekkies aan en loop ʼn dag in die skoene van ʼn by die NWU-Potchefstroom Opedag op 6 Mei 2017! Dit begin alles hier Program Program Om die beste uit jou dag te kry, begin by die Studentesentrum
Nadere informatieIngevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.
Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie
Nadere informatieDit begin alles hier. Teologie
Dit begin alles hier Teologie VRYWARING Kennisgewing: Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ʼn opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is opgestel met die oog
Nadere informatieBELEID VIR PLASING IN KOSHUISE EN LUISTER-, LEER- EN LEEFHUISE, ASOOK INDELING BY PSO-WYKE EN KLUSTERS
BELEID VIR PLASING IN KOSHUISE EN LUISTER-, LEER- EN LEEFHUISE, ASOOK INDELING BY PSO-WYKE EN KLUSTERS 1 Inleiding As n 21ste-eeuse universiteit is dit noodsaaklik om voortdurend by die veranderende werklikhede
Nadere informatieBASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:
BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM TOETSING VAN BASIESE KONSEPTE-KENNIS n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, 2007 Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: Datum van toets: Naam
Nadere informatieREKORD- EN EINDEKSAMEN
HOËRSKOOL OOS-MOOT GRAAD 12 REKORD- EN EINDEKSAMEN ROOSTER EN REËLS 2018 Bladsy 2 van 7 REKORDEKSAMENROOSTER DATUM TYD VAK TYDSDUUR 20/8 14:00-16:00 Engels FAL (P3) Afrikaans HT (V1) 21/8 Rekeningkunde
Nadere informatieAANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING
AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING Geagte Ouers/Voogde Baie dankie vir u belangstelling in Pikkie Paradys Pre-primêre Skool en Nasorgsentrum. Aangeheg hierby, vind die volgende dokumentasie: a. Aansoek
Nadere informatieDIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE
DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING TEGNIESE REëLS VIR ATLETE Uittreksel van Tegniese Reëls (April 2012) van Die Suid Afrikaanse Tweekamp Vereniging 1. Inleiding. Tweekamp is n unieke en onafhanklike
Nadere informatieBELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege
BELEIDSDOKUMENT Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege 2 Eksamenvraestelle Eksaminator. 1. Dit is die verantwoordelikheid van die eksaminator om toe te sien dat elke lid van die departement die konsepvraestel
Nadere informatiePROSEDURE: VERKIESING VAN N VISEREKTOR
UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT UNIVERSITY OF THE FREE STATEYUNEVESITHI YA FREISTATA 1. AGTERGROND PROSEDURE: VERKIESING VAN N VISEREKTOR (Goedgekeur deur die Raad op 29 November 2002) Die afgelope drie
Nadere informatieGAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK TOELATINGSVORM VIR 201 M Leerder se van :... Geslag : Leerder volle name :... Graad waarvoor ingeskryf word:... Naam van skool wat verlaat word:...
Nadere informatieDURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8
DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE DURBANVILLE 7551 7550 TELEFOONNOMMERS : SUPERINTENDENT (021) 9762111 SEL NO. 0845640611 FAKS NO. (021) 9763189 AANSOEKVORM Geagte ouer/voog
Nadere informatieGRAAD 12 SEPTEMBER 2015
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES
Nadere informatieREGLEMENT INSAKE DIE AANSTELLING VAN VOLTYDSE DEKANE
1 van 7 REGLEMENT INSAKE DIE AANSTELLING VAN VOLTYDSE DEKANE A. KONTEKS Die onderstaande reglement en prosedures daarin uiteengesit moet binne die konteks van die Universiteit se Institusionele Voorneme
Nadere informatieVOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE
D I E S U I D A F R I K A A N S E A K A D E M I E V I R W E T E N S K A P E N K U N S Privaat sak X11, Arcadia 0007 Tel. (012) 328-5082 Faks (012) 328-5091 E-pos: akademie@akademie.co.za Webwerf: www.akademie.co.za
Nadere informatieINSTRUMENTALE MUSIEK 24 Augustus 27 Augustus 2015
INSTRUMENTALE MUSIEK 24 Augustus 27 Augustus 2015 Voorsitter: Miranda van Heerden 081 735 2089 arrievanheerden@gmail.com Die algemene reëls moet saam met die spesifieke reëls gelees word INSKRYWINGSFOOIE
Nadere informatieAANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL
AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL Toegelaat tot Graad: Toelatingsnommer: 1. BESONDERHEDE VAN LEERDER (Streng volgens Geboortesertifikaat/Identiteitsdokument) 1.1 Van:... 1.2 Manlik of Vroulik:.....
Nadere informatieHandleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur
Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie
Nadere informatie1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure
1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure AANSOEK- & REGISTRASIEPROSEDURE Die volgende diagram sal u help om die aansoek- en registrasieprosesse beter te verstaan en om die belangrikheid daarvan in te
Nadere informatieBERGRIVIER MUNISIPALITEIT
BERGRIVIER MUNISIPALITEIT KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER POSBUS 60 PIKETBERG 7320 15 JULIE 2016 AAN: ALLE LEDE VAN DIE BURGEMEESTERSKOMITEE RAADSLEDE Uitvoerende Burgemeester Uitvoerende Onderburgemeester
Nadere informatie