HOOFSTUK 6 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "HOOFSTUK 6 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS"

Transcriptie

1 223 HOOFSTUK 6 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS 6.1 INLEIDING Die verstandelik vertraagde leerling, net soos die verstan= delik normale leerling, is volwassene-in-wording - n volwas= sewording wat onder meer ook voltrek word aan die hand van bepaalde bewegingsgebeure of motoriese handelinge. Binne die konteks is toereikende liggaamsfunksionering dan ook voorwaarde vir gesonde persoonsvoltrekking (Van Niekerk, 1980:140). Daarom is in die ondersoek ten doel gestel om te bepaal of, en tot welke mate, die verstandelik vertraagde leerlinge moontlike agterstande op die motoriese gebied bet. Met die oog hierop is enkele motoriese aspekte van verstandelik normale en verstandelik vertraagde meisies tus= sen die ouderdom 13 tot 17 jaar ondersoek. Met die voorgaande as vertrekpunt is n literatuurstudie ra= kende die probleemvelde rondom die verstandelik vertraagde kind, veral met betrekking tot sv motoriese of bewegings= w~reld, onderneem. Enkele relevante perseptueel-motoriese aspekte is verken en ondersoeke wat reeds in.hierdie ver= band gedoen is, is nagegaan. As basis vir die ondersoek is besluit om n reeks motoriese toetse met die twee groepe leerlinge te doen. n Aantal toetse uit n studie van Katzenellenbogen (1976) wat ontwerp is om perseptueel-motoriese kornponente van rneisies te iden= tifiseer is vir die doel geselekteer. Ten einde sinvolle afleidings van die toetsresultate te kon maak, is n bewegingskundige analise van die komponente van die gekcise toetsbattery volgens bepaalde kriteria gedoen.

2 224 Op grond van die navorsing wat gedoen is, is n aantal gevolg= trekkings gemaak. 6.2 GEVOLGTREKKINGS Die gevolgtrekkings voortvloeiend uit die toets= resultate Die toetse het enkele belangrike bevindings insake die moto= riese vaardigheid van verstandelik vertraagde leerlinge na vore gebring. Hierdie bevindings word ondersteun deur verskeie navorsers soos in die literatuurstudie uiteengesit Die eerste hipotese dat verstandelik vertraagde leerlinge as n groep n motoriese agterstand teen= oor verstandelik normale leerlinge van dieselfde ouderdom toon, ten opsigte van sowel prestasie as wyse van uitvoering, kan volgens die resultate aanvaar word. Die toetse waaraan die leerlinge onderwerp is, toon dat hierdie standpunt korrek is. Dit is veral by die wyse van uitvoering waar die verskille opmerklik is. Hierdie bevindings word ook deur verskeie navorsers gestaaf soos in hoofstuk 3? bladsye 43 tot 45, aangetoon Die tweede hipotese, naamlik dat die aard en same= stelling van die vaardighede wat uitgevoer word, die mate van aqterstand beinvloed, word deur die toetse geverifieer. Verstandelik vertraagdes presteer in verhouding beter in vaardighede wat minder kognitiewe eise stel as in die vaardighede wat vinnige besluitneming en optrede van hulle verg (vergelyk Toetse D2 en D4, hoofstuk 5). Taakgekompliseerdheid asook die kombinasie en aantal persept~eel-it.otoriese vermoens wat die betrokke vaardigheid verg, is belangrike bepalers van die standaard van bewegingsuitvoering deur verstandelik

3 225 vertraagde leerlinge. Hierdie bevinding word gestaaf deur navorsers soos Cratty (1980), Moran (1974) en ander. (Kyk ook hoofstuk 3, bladsy 43.) Die derde hipotese konstateer dat verstandelik ver= traagde leerlinge, sover dit die uitvoering van moto= riese vaardighede betref, as groep heterogeen is. Die toetsresultate toon dat sommige van hulle, veral ten opsigte van prestasielewerin~ net sulke goeie en in sommige gevalle selfs bete~ hoewel nie noodwendig be= tekenisvol nie, resultate behaal as die verstandelik normale leerlinge van dieselfde ouderdom. Hierdie studie bevestig dus die bevindings van verskeie navor= sers dat verstandelik vertraagdes op motoriese gebied selfs meer heterogeen is as verstandelik normale leerlinge. (Kyk ook hoofstuk 3, bladsy 48.) Die gevolgtrekkings op grond van die Ziteratuuratudie Die menings van ander navorsers insake die verskynsel van ver= standelike vertraagdheid is deeglik ondersoek. Op grond van hierdie literatuurstudie kan twee globale afleidings ten opsig= te van die bewegingsw~reld linge gemaak word. van verstandelik vertraagde leer= Verstandelik vertraagde leerlinge kan, anders as op kognitiewe gebied, wel met die regte leiding sukses ervaar in die uitvoering van en deelname aan sinvol beplande motoriese programme (kyk ook hoofstuk 3, bladsy 52 en Cleugh, 1961). Die erkenning en bevre= diging wat uit die verwerwing van motoriese vaardig= heid verkry kan word, kan die ontwikkeling en ontplooi= ing van die verstandelik vertraagde leerling se be= perkte talente en vermo~ns positief beinvloed. Die suksesse wat op so n wyse ervaar en beleef word, sal logies (hoofstuk 3, bladsye 45, 46 en 52) grootliks bydra tot die ontwikkeling van n beter selfbeeld wat op sy beurt sal lei na positiewe toekomsverwagtinge by sodanige leerlinge.

4 Sinvol beplande Liggaamlike Opvoedingprogramme kan bydra tot dip. ontwikkeling en verbetering van bepaalde perseptueel-motoriese vermoens. Sodanige vermoens is noodsaaklik vir verstandelik vertraagdes wat meestal op beroepe wat hoofsaaklik handvaardig van aard is, aangewese is. Hierdie afleiding word gegrond op ondersoeke van Stefanelli (1964), Kolstoe (1970) en ander (kyk ook hoofstuk 3, bladsy 52) Aansluitend hierby sal die vryetydsbesteding van die volwasse verstandelik vertraagde ook eerder op fisieke aktiwiteite as die intellektuele gerig wees (Sherrill, 1978:465). 6.3 IMPLIKASIES VAN DIE BEVINDINGS VIR DIE ONDERRIG VAN VERSTANDELIK VERTRAAGDE LEERLINGE In die lig van die voorgenoemde eie bevindings en di~ van ander navorsers wat aangebied is, meet in die praktyk deeg= lik oorweging aan die volgende toepassings geskenk word Toepassing met die oog op optimum per.qepsie en re tensie Vanwee die motoriese agterstand wat by die verstandelik ver= traagde leerling gevind is, asook sy beperkte intellek, meet bepaalde beginsels by die aanleer van motoriese vaardig= hede in ag geneem word om te verseker dat sowel persepsie as retensie optimaal sal wees Vir verstandelik normale leerlinge is gevind dat n kombinasie van die visuele en ouditiewe die beste blyk te wees vir persepsie tydens aanleer (Spamer, 1980:6). Dit is redelik veilig om te aanvaar dat hierdie ook vir verstandelik vertraag= de leerlinge die geval sal wees. Aanpassings sal egter in hierdie verband gedoen moet word

5 227 om aan die spesifieke behoeftes, affektief, kogni= tief en motories, van verstandelik vertraagde leerlinge te voldoen: * Instruksies moet eenvoudig en kernagtig wees. Enkele kernaspekte moet beklemtoon word. Abstrakte taalgebruik moet vermy word en die verduidelikings moet by die taalniveau van die leerlinge aanpas (Maat, 1975:319). * Demonstrasies moet eenvoudig, korrek en teen die korrekte spoed geskied Vaardighede moet sekwensieel aangebied word en die leerlinge moet een stap volkome baasraak al= vorens met die volgende stap begin word Vanwe~ die kognitiewe agterstand by verstandelik vertraagdes is meer oefening en herhaling tydens aanleer nodig. Oefensessies moet egter kort gehou word, aangesien hierdie leerlinge, net soos jong kinders, baie gou konsentrasie en belangstelling verloor. Om hierdie rede moet daar gepoog word om die oefensessies interessant te maak, byvoor= beeld deur gebruik te maak van spele (Swanepoel en Spamer, 1985:91), ten einde aandag en konsentrasie te behou Toepassing met die oog op korrekte vaardigheids= keuse volgens die aard en samestezzing daarvan Die mate van motoriese agterstand by verstandelik vertraag= des word deur die aard en samestelling van die vaardighede wat uitgevoer word, beinvloed. Op grond van hierdie bevinding moet die volgende beginsels in ag geneem word.

6 Die vaardighede wat aanvanklik aangeleer word, meet so eenvoudig as moontlik wees. Nuwe vaar= dighede meet telkens n aantal bekende elemente bevat en n beperkte aantal nuwe elemente insluit By die aanleer van nuwe vaardighede meet daar op bewegingsvaardighede gekonsentreer word, aan= gesien die resultate toon dat hulle makliker deur verstandelik vertraagde leerlinge bemeester word. Slegs wanneer hierdie vaardighede geed bemeester is, kan hulle as situasievaardighede toegepas word. Situasies meet sever moontlik ook ongekompliseerd wees om onnodige mislukking te voorkom Diskrete vaardighede meet veral in die beginsta= dium voorkeur geniet en geed ingeoefen word al= vorens daar aan aaneenlopende en veral reeks= vaardighede aandag gegee kan word Toepassing met die oog op uiteenlopendheid van motorieae vermolina van verstandelik vertraagde leerlinge As gevolg van die heterogeniteit van hierdie groep leerlinge ten opsigte van motoriese uitvoering, is sinvolle differen= siasie in die aanbieding van Liggaamlike Opvoeding vir verstandelik vertraagde leerlinge n noodsaaklikheid. Hier= die aanbeveling word deur ander navorsers, onder wie Maat (1975:318) ondersteun. Trouens, hy is van mening dat diffe= rensiering in hierdie tipe onderwys in toenemende mate die vorm van indiwidualisering behoort aan te neem. 56 meet daar gepoog word om die moontlikhede wat in elk van die leerlinge skuil te laat ontplooi deur middel van sowel die seleksie as die praktiese toepassing van sinvolle leer= stof uit die sillabus. n Indiwiduele program moet antwerp word met inagneming van elke leerling se bewegingsmoontlikhede.

7 Toepassing met die cog op die sezfbeezdverbetering van verstandelik vertraagde leerlinge Spesiale en andersoortige opvoedingshandelinge is nodig vanwee die negatiewe selfbeeld van verstandelik vertraagde leerlinge om hulle onder andere toekomsgerig te maak (Steenkamp, 1985) Suksesgeleenthede meet vir almal daargestel wurd~ Liggaamlike opvoeders meet die inisiatief neem om motoriese vaardighede op s6 n wyse vir die leerlinge aan te bied, dat hulle waagmoed geprikkel word en hulle genet put uit die suksesvolle uit= veering van die handelinge (kyk ook hoofstuk 3, bladsye 26, 48) Motivering is van kardinale belang by die aanleer van motoriese vaardighede aan verstandelik ver= traagde leerlinge omdat hul suksesverwagtinge min is en hulle baie sensitief is vir kritiek (kyk ook hoofstuk 3, bladsy 26). Die wyse van aanbie= ding meet dus simpatiek en empaties wees en die leerlinge meet gemotiveer en aangemoedig word om slegs hul beste te lewer Toepassing met die cog op die verbetering van eerseptueel-motoriese vermoens Klem meet gel@ word op die ontwikkeling en verbetering van die perseptueel-motoriese vermoens wat verstandelik vertraagde leerlinge in staat sal stel om die beroep van hul keuse suksesvol te kan beoefen. Vermoens soos krag, speed en koordinasie word deur verskeie navorsers (Kolstoe, 1970:118 en ander} geidentifiseer as van belang vir sukses= volle beroepsaanpassing. 6.4 AANBEVELINGS VIR VERDERE NAVORSING Die bevindings dui daarop dat verstandelik vertraagde

8 230 leerlinge spesiale aandag in hul motoriese onderrig moet kry. Die vraag ontstaan dus of die opleiding in Liggaamlike Opvoeding soos tans aan tersi~re inrigtings aangebied word voldoende is vir onderwy= sers wat vir hierdie leerlinge onderwys gee. Waar= skynlik sal meer aandag aan die afdeling Persep= tueel-motoriese Leer en die toepaslikheid daarvan vir verstandelik vertraagde leerlinge, in die opleiding gegee moet word Die huidige sillabus vir Liggaamlike Opvoeding vir meisies is opgestel vir die verstandelik nor= male meisie. Aanpassings sal dus gemaak moet word wat geskoei is op die behoefte van die ver= standelik vertraagde meisie. Ondersoek behoort ingestel te word na die wyse en aard van sodanige aanpassings. Die aard van die motoriese agterstand van verstandelik vertraagde leerlinge sal deeglik mee rekening gehou moet word Die vraag ontstaan of die huidige tydstoekenning naamlik 30 minute per week vir Liggaamlike Opvoe= ding soos tans by spesiale skole in Transvaal aange= bied word, voldoende is om te voorsien in die gespesialiseerde behoeftes van die verstandelik ver= traagde leerlinge. Meer tyd is waarskynlik nodig om vir hierdie leerlinge langs die weg van sinvolle aktiwiteite tot bewegingsekerheid te lei. Trouens, die aanbeveling van navorsers soos onder andere Sherrill (1978:464) is dat daar daagliks Liggaamlike Opvoeding, veral aan jonger verstandelik vertraagde~ gebied moet word. Ondersoek oor die effek wat langer tydstoekenning kan behoort gedoen te word Hierdie studie het die motoriese vaardigheid van verstandelik vertraagde meisies aan die hand van die afdeling Bantering van voorwerpe getoets.

9 231 Soortgelyke navorsing behoort met die ander afde= lings, soos in die sillabus vervat, gedoen te word om sodoende te bepaal of dieselfde agterstande as wat in hierdie navorsing gevind is, bestaan. ---ooo---

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS University of Pretoria etd Orban, L P (2003) 85 HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS 5.1 INLEIDING Uit die navorsingsresultate wat in hoofstuk 4 bespreek is blyk dit duidelik dat daar

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM TOETSING VAN BASIESE KONSEPTE-KENNIS n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, 2007 Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: Datum van toets: Naam

Nadere informatie

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het Die Elander Lente 2014 page 1 JONGMENSE Groepsdruk Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018 HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018 Inhoud WAT IS DIE #HELPHETTA-PROJEK?... 3 DOEL VAN DIE NAVORSING... 3 BEVINDINGE... 3 Demografie van meisies... 3 Ingesteldheid van meisies teenoor hulle siklus... 6 Die #HelpHetta-projek...

Nadere informatie

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit / Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGSTAAK

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

HOOFSTUK 3 BEWEGINGSKUNDIGE ANALISE VAN DIE KOMPONENTE VAN DIE TOETSBATTERY

HOOFSTUK 3 BEWEGINGSKUNDIGE ANALISE VAN DIE KOMPONENTE VAN DIE TOETSBATTERY 55 HOOFSTUK 3 BEWEGINGSKUNDIGE ANALISE VAN DIE KOMPONENTE VAN DIE TOETSBATTERY 3.1 INLEIDING Navorsingsgegewens dui daarop dat verstandelik vertraagde leerlinge as n groep ten opsigte van motoriese vaardigheid

Nadere informatie

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS Ulrich Müller, VOERMOL VOERE Die suksesvolle grootmaak van vervangingsverse vorm n belangrike skakel in enige melkbeeskudde. Die doelwit van so

Nadere informatie

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE WISKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS i WISKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS 1 INHOUD Inleiding...3 1. Werkstuk...4 Rye en reekse

Nadere informatie

GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE

GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE Die vak lewensvaardighede is die middelpunt van die holistiese ontwikkeling van die leerder. Die leerders word toegerus met die kennis, vaardighede en waardes wat benodig word

Nadere informatie

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt. As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes

Nadere informatie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

Nadere informatie

Klank en kleur in die skepping

Klank en kleur in die skepping Klank en kleur in die skepping Kuns en Kultuur Graad 7 Saamgestel in opdrag van Arso Uitgegee deur en verkrygbaar by Boekenhout, Dickensonlaan 1180, Waverley Tel 012-3323227/8 e-pos boekenhout@aros.ac.za

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m31957 1 Om tyd te leer lees Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie

Nadere informatie

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS 2011 GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS INSTRUKSIES AAN ONDERWYSERS 1. Daar is makliker en moeiliker items. 2. Die voorbeelditems is so saamgestel dat leerders hulself kan

Nadere informatie

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT DIREKTORAAT KURRIKULUM FET PROGRAMME LES PLANNE TERMYN 4 AFRIKAANS GRAAD 11 EAT VAK: AFRIKAANS EAT GRAAD: 11 LESPLAN 1 KWARTAAL 4 TYD: 9 Ure KERNINHOUD: ONS RYKE

Nadere informatie

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE Hierdie boekie bestaan uit 19 bladsye, die voorblad uitgesluit. RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR. 4 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 4-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 4-onderwysers aan die leerders, en

Nadere informatie

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE PUNTE: 100 TYD: 2 uur Naam van leerder: Naam van skool: *7WISK* Die vraestel bestaan uit 14 bladsye. 2 WISKUNDE (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES 1. Lees al die

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 ASSESSERINGSTAAK 3 NOVEMBER 2014 GRAAD 8

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 ASSESSERINGSTAAK 3 NOVEMBER 2014 GRAAD 8 ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 ASSESSERINGSTAAK 3 NOVEMBER 2014 GRAAD 8 Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. PUNTE: 80 TYDSDUUR: 1½ uur AFRIKANS FAL GRADE

Nadere informatie

Les Plan Twee. Habitats

Les Plan Twee. Habitats Les Plan Twee Habitats KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #7:

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. MODULE 3: GEBOUE Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. 46 GEVALLESTUDIE AFDELING GEBOUE MODULE INLEIDING Die gevallestudie oor Afdeling Geboue spreek

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week Weeklikse lesbeplanning Eerste kwartaal 1. My skool Week 1 (Week 1 4 handel hoofsaaklik oor aftrek) Voorbeeld: 12 + 9 Werkkaart 1 19 getalkaarte gebruik vir hersiening. getalle te skryf, sodat u kan sien

Nadere informatie

Navorsingsvoorstel TITEL VAN DIE VOORSTEL

Navorsingsvoorstel TITEL VAN DIE VOORSTEL Navorsingsvoorstel TITEL VAN DIE VOORSTEL Naam en van: MY Naam Studentenommer: 1000 0001 Graad: MCom Bedryfsielkunde Formaat: Skripsie Kontakfoonnommer: +27 sel E-pos: altydbeskikbaar@hierdie.adres.com

Nadere informatie

Vlotheid en intonasie

Vlotheid en intonasie Vlotheid en intonasie Marlene van der Berg 5/20/2012 2 Vlotheid Die gebrek aan vaardigheid in swak lesers is bewys deur hul stadige, hakkelrige en inkonsekwente tempo, swak frasering; en onvoldoende intonasie

Nadere informatie

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se punte Leerder se % 4 Visuele Kunste:

Nadere informatie

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA) 1. Algemene oorsig Die Jaarlikse Nasionale

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS AANVAAR: 18 September 2012 Bladsy 1 van 5 GOUDVELD-HOëRSKOOL GEDRAGSKODE VIR OPVOEDERS 1. DEFINISIES Tensy die konteks anders aandui, het uitdrukkings in hierdie

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets Handleiding 9 Riglyne vir plakkate en pamflette [Type text] Page 1 9.1.1 INLEIDING Die doel van ʼn plakkaat is om ʼn boodskap vinnig en maklik te versprei. Dit is ʼn effektiewe manier om groot getalle mense

Nadere informatie

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel GEREELDE VRAE EN ANTWOORDE Ek weet niks van mentorskap nie. Wat beteken dit? Mentorskap [mentoring in Engels] is ʼn vennootskap waarin ʼn mentee [ n

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES

Nadere informatie

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Preek 2 Timoteus 3:16-17 1 Preek 2 Timoteus 3:16-17 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 4 September 2016) (Dit was die agste preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe) Voor die erediens Sing:

Nadere informatie

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk * OpenStax-CNX module: m22939 1 Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

Nadere informatie

Lees en Leesgereedheid

Lees en Leesgereedheid Lees en Leesgereedheid Leesgereedheid Dit is belangrik dat voordat met formele lees begin word om seker te maak dat u kind wel leesgereed is. Visuele en ouditiewe diskriminasie speel n uiters belangrike

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK EKSAMEN GRAAD 0 AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL JUNIE 202 MEMORANDUM PUNTE: 70 TYD: 2 UUR Hierdie MEMORANDUM bestaan uit 7 bladsye. Bladsy van 5 Afdeling A Leesbegrip Assesseringsriglyne:

Nadere informatie

HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4

HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4 HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 KREATIEWE - EN TRANSAKSIONELE SKRYFWERK JUNIE 2015 GRAAD 6 Aantal bladsye: 6 TYDSDUUR: PUNTE: 60 1 UUR NAAM EN VAN: INSTRUKSIES:

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) GRAAD 11 PROEFVRAESTEL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) Tyd: 2½ uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel

Nadere informatie

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel oefeninge Hoe om die projek motivering te skryf 3 komponente: Die probleemstelling Die verband met klimaatsverandering Die voorgestelde aanpassingsaksie wat die

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V1 MEMORANDUM

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V1 MEMORANDUM NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V1 MEMORANDUM PUNTE: 70 Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING A: LEESBEGRIP

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

VOORBEELDVRAESTEL GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 MEMORANDUM. PUNTE: 70 TYD: 2 uur. Hierdie memorandum bestaan uit 6 bladsye.

VOORBEELDVRAESTEL GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 MEMORANDUM. PUNTE: 70 TYD: 2 uur. Hierdie memorandum bestaan uit 6 bladsye. VOORBEELDVRAESTEL GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 2012 MEMORANDUM PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie memorandum bestaan uit 6 bladsye. 2 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: KOERANTBERIGTE EN SPOTPRENT Nasien van

Nadere informatie

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 1. Oogmerk Die oogmerk van hierdie riglyne is om die aanstelling van werknemers op n termynkontrak van langer as drie maande

Nadere informatie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging

Nadere informatie

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA Handleiding 2 Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 1 GKSA 2.1.1 INLEIDING Die World Wide Web (www) het ʼn inligtinggebaseerde samelewing geskep, waar beheer oor inligting in die hande van die

Nadere informatie

2 nd Chances... Wiskunde

2 nd Chances... Wiskunde Doen jou Gr 11 1ste Kwartaal Wiskunde OOR... hierdie Vakansie... by jou Huis 2 nd Chances... Wiskunde n Geleentheid om reg te wees vir die tweede kwartaal Gr 11 Wiskunde. Word deel van n Whatsapp-metodiek

Nadere informatie

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 Les 12, 13, 14 & 16 Tyd: 120 min Totaal: 100 NAAM: Instruksies: 1. Vul eerstens jou naam en van op die vraestel in. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord.

Nadere informatie

AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I

AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I GRAAD 10 PROEFEKSAMEN 2006 AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I Tyd: 2 uur 80 punte INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ʼn addendum met tekste van (i v) bladsye. Maak asseblief

Nadere informatie

BARRETT SE TAKSONOMIE

BARRETT SE TAKSONOMIE VLAK 1: LETTERLIK Die feite staan eksplisiet of duidelik in die teks. Herken detail, hoofgedagtes, volgorde, vergelykings, oorsaak en gevolg, verhoudings, karaktereienskappe. Wie? Wat? Waar? Wanneer? Hoekom?

Nadere informatie

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS) UNIVERSITEIT STELLENBOSCH FAKULTEIT OPVOEDKUNDE RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS) 1. DOEL EN RASIONAAL 1.1 DOEL VAN DIE FAKULTEIT OPVOEDKUNDE SE INSKRYWINGSBESTUUR- EN KEURINGSTELSEL

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2 UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2014 Me.

Nadere informatie

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Skoolgereed in 10 weke: Week 1 Skoolgereed in 10 weke: Week 1 www.kinderwerf.co.za Vaardigheid 1: Kan jou kind al skoenveters vasmaak? Indien hy/sy nog sukkel, oefen dit met hierdie oulike skoenveter-rympie! Hasie-gaatjie om die draaitjie,

Nadere informatie

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR. 7 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 7-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 7-onderwysers aan die leerders, en veral

Nadere informatie

1 Beoordeling van ons eie konteks. Standpunte insake die oorsake van gestremdheid

1 Beoordeling van ons eie konteks. Standpunte insake die oorsake van gestremdheid N BYBELSE STANDPUNT OOR GESTREMDHEID. Deur Edward Orsmond, Simondium Studie 1: Wat is die sin of betekenis van gestremdheid? Hoe moet hierdie Bybelstudie-materiaal benader word? Hierdie Bybelstudie bevat

Nadere informatie

Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4?

Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4? Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4? Miskien het jy dit nog nie op skool geleer nie!? Maar wys hoe julle self kan uitvind. y x OOR Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4? Vooraf Baie kortliks: Onderrig is besluitneming!

Nadere informatie

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se punte Leerder se % 4 Visuele Kunste:

Nadere informatie

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Die Nasionale Minimumloon wetsontwerp, sowel as die NEDLAC ooreenkoms, blyk n groot bron van kommer te wees in die landbousektor. Hierdie dokument lig die

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 Beoordeling vind plaas 15 tot 19 Augustus 2016 1 KLAS E: Enige Taal: SPRAAK EN DRAMA Algemene Riglyne Inskrywings is onderhewig

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ASSESSERINGSTAAK VRAESTEL 3 JUNIE 2015 GRAAD 9 Hierdie vraestel bestaan uit 3 bladsye. PUNTE: 60 TYDSDUUR: 2 UUR AFRIKAANS EAT GRAAD 9 JUNIE

Nadere informatie

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad 40 HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad Artikel 68 - Instelling Daar sal n Nasionale Raad wees wat die bevoegdhede en werksaamhede het soos in hierdie Grondwet uiteengesit is. Artikel 69 - Samestelling (1) Die

Nadere informatie

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag soos aanbeveel in die King III-verslag 1. Etiese leierskap en korporatiewe burgerskap 1.1 Die direksie moet op n etiese grondslag doeltreffende leiding gee. 1.2 Die direksie moet toesien dat die maatskappy

Nadere informatie

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD ONDERWERP: INVESTERING BELEID DOELWITTE VAN BELEID: Om Bestuur en werknemers van die Raad te help om konsekwente, effektiewe en doeltreffende investering beginsels

Nadere informatie

Meganiese stelsels en beheer:

Meganiese stelsels en beheer: Eenheid 6 Meganiese stelsels en beheer: ratverhouding die aantal omwentelings van een rat in verhouding tot n ander rat. Het betrekking op twee verskillende ratgroottes spoedverhouding word bepaal deur

Nadere informatie

A Hoe Ram en sy vrou vir Luiperd en Jakkals uitoorlê het A Die luiperd, die ram en die jakkals

A Hoe Ram en sy vrou vir Luiperd en Jakkals uitoorlê het A Die luiperd, die ram en die jakkals JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 204 GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM TOTAAL: 70 HIERDIE MEMORANDUM BESTAAN UIT 5 BLADSYE Geen halwe punte word toegeken By veelvoudigekeuse-vrae word punte toegeken

Nadere informatie

WISKUNDE / MATHS 24 STRATEGIE HANDLEIDING. Opgestel deur A J Lamprecht

WISKUNDE / MATHS 24 STRATEGIE HANDLEIDING. Opgestel deur A J Lamprecht 1 WISKUNDE / MATHS 24 STRATEGIE HANDLEIDING 2 Hoe om Maths 24 te speel: Spelreëls: Een manier om die kaarte te gebruik is om dit in n kompeterende speletjie te organiseer. Leerders kan as indvidue of spanne

Nadere informatie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 10 TOTAAL: 100 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n Gr 10 jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE JAAREIND-EKSAMEN GRAAD 5 NOVEMBER 2014 AANTAL BLADYE: 7 PUNTE: 30 TYDSDUUR: 1 UUR Naam van Leerling Naam van Skool Naam van Kring Naam van Distrik Datum Instruksies

Nadere informatie

basic education Department: Basic Education REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

basic education Department: Basic Education REPUBLIC OF SOUTH AFRICA basic education Department: Basic Education REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 0 GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM EKSEMPLAAR Hierdie memorandum bestaan uit 6 bladsye. VRAAG MOONTLIKE

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Lae spiertonus die nuwe BUZZZZZ term in onderwys.

Lae spiertonus die nuwe BUZZZZZ term in onderwys. Lae Spiertonus Lae spiertonus die nuwe BUZZZZZ term in onderwys. Dit n tendens van die tyd is waarin ons leef. Baie meer kinders word met lae spiertonus geidentifiseer as 20 of 30 jaar terug. Ko-ordinasie

Nadere informatie

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS MEMORANDUM VAN OOREENKOMS tussen SITALI JEWELLERS (hierna genoem SITALI) en KATRINA PHILLIPS ANNA CLOETE REBECCA DE WET RONALD JOSEPH DEONALD CLOETE STEVERT HANS (hierna genoem die Kunstenaars) 1. DIE

Nadere informatie

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning. Reg. 1999/016368/21 Saica Reg. No. 00246393 3 Judy Place, Cnr Shannon & Clew Roads, Monument, Krugersdorp P.O. Box 367 Paardekraal 1752 Tel: (011) 955-5112 Fax: (011) 955-5112 E-Mail: albertus@vbrakel.co.za

Nadere informatie

Analise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses

Analise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses Analise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses Artikel: Pieter van Zyl, Aartappels SA Aartappelproduksie is beide arbeid- en kapitaalintensief. Sedert 1 Maart 213 (minimumloon verhoog met

Nadere informatie

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 Die heidene het die evangelie aanvaar, en dit was vir sommige Jode 'n probleem. Moet die heidene nie onder dieselfde reëls leef nie? Waarom het die Jode besny,

Nadere informatie

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO - 1 - KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Die Britse tydskrif, The Economist, het pas weer sy jongste Big Mac-indeks (Januarie 214) bekend gemaak.

Nadere informatie

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 3 Aspek 1: Fisieke groei... 4 Aspek 2: Geheue... 5 Aspek 3: Lees... 5 Aspek 4: Skryfwerk... 6 Aspek 5: Taal... 6 Aspek 6: Logika... 8 Aspek 7: Retoriek... 9 Aspek 8: Algemene

Nadere informatie

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014 MBA BOLAND Concordiastr/St. 23 Suider Paarl Posbus/PO Box 1402, Suider-Paarl 7624 Tel. (021) 863 3330 Faks/Fax (021) 863 3331/086 6178 797 E-Pos/E-Mail safety @mbaboland.org.za www.mbaboland.org.za Gestig

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Algemene Sinode 1998/2003 Die Algemene Sinode aanvaar dat die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die drie formuliere van eenheid in stryd

Nadere informatie

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

SUKSES vir 2006 I Gedagtes SUKSES vir 2006 Op versoek van die redakteur van Kommunikamma (en n paar ander mense) gee ek hiermee n kort oorsig van die reeks tydens die Week van Gebed aan die begin van die jaar met die hoop dit maak

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

1. Gee TWEE voorbeelde van elk: 1. Gee TWEE voorbeelde van elk: a) Bevolking se insette. Geboortes Immigrante b) Bevolking se deursette. Natuurlike verandering Migrasie c) Bevolking se uitsette. Sterftes Emigrante 2. Wat is natuurlike

Nadere informatie

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die IN DIE HOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAAT PROVINSIAL AFDELING) In die saak tussen: DIE STAAT en Hersiening Nr: 98/2006 PAKISHO JOHN MOTAUNG CORAM: C.J. MUSI, J et MATHEBULA, AJ UITSPRAAK: C.J.

Nadere informatie

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word. Bybels vir ons buurlande Afrikaanse Bybelvertalingsprojek Om Bybelgenootskappe in Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland te help met hul taak om Bybels te versprei. Georganiseerde Bybelwerk in hierdie

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie