Nuusbrief 13/2014 Webblad:

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Nuusbrief 13/2014 Webblad:"

Transcriptie

1 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2014 Webblad: Moenie wanhoop aan jou mislukkings nie. Net middelmatige mense is altyd op hulle beste. (W Somerset Maugham) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is en die direkte e-pos is gelofte@gelofte.co.za. Ons ondervinding is dat ouers dikwels n ander perspektief op n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir Die kalender is op die webblad beskikbaar by asook op Communicator. 5 AUGUSTUS OUERAAND (SEKONDÊR) 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) 7 AUGUSTUS INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 4-7) 8 AUGUSTUS MEJ GELOFTE 8 AUGUSTUS ENTREPRENEURSDAG (GASVRYHEIDSTUDIE) 9 AUGUSTUS WILDSFEES 12 AUGUSTUS FOTODAG (PRIMÊR) 15 AUGUSTUS AAND ATLETIEKBYEENKOMS (SEKONDÊR) 16 AUGUSTUS INTERNE YSTERMANKOMPETISIE 18 AUGUSTUS GRAAD 9 OUERAAND (VAKKEUSES VIR GRAAD 10) 20 AUGUSTUS KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 22 AUGUSTUS BLOEDSKENK 22 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAAD VIR 2015 WORD AANGEKONDIG AUGUSTUS KONSERT 29 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAADKAMP 2-3 SEPTEMBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 12) 4 SEPTEMBER BLOKDAG (GRAAD 12) 5-23 SEPTEMBER PROEFEKSAMEN (GRAAD 12) 13 SEPTEMBER INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS (PRIMÊR) 24 SEPTEMBER OPENBARE VAKANSIEDAG (ERFENISDAG) 26 SEPTEMBER ENTREPRENEURSDAG (GRAAD 7) 1 OKTOBER INTERNE ORATORS 2 OKTOBER STERKLAS AFDAG 3 OKTOBER FLIEK (GRAAD 1-7) 3 OKTOBER RAPPORTE (GRAAD 1-12_ 3 OKTOBER SKOOL SLUIT VIR HERFSVAKANSIE 13 OKTOBER SKOOL HEROPEN VIR VIERDE KWARTAAL

2 3. VERSKUIWING VAN AKTIWITEITE Weens omstandighede buite ons beheer verskuif die volgende aktiwiteite van die derde kwartaal na nuwe datums: WILDSFEES VAN 2 NA 9 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) VAN 19 AUGUSTUS NA 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK(PRIMÊR) VAN 6 SEPTEMBER NA 13 SEPTEMBER 4. AKADEMIESE PRESTEERDERS Die name van die tweede kwartaal se akademiese presteerders in grade 4-12 word aan hierdie Loffienuus geheg. Ons wil graag al hierdie presteerders gelukwens met die vrug op hul harde werk. Dit is welverdiend en ons is trots op julle! 5. PITKOS: REËLS VIR DIE LEWE As jy dit oopmaak, maak dit weer toe. As jy dit aanskakel, skakel dit weer af. As jy dit oopsluit, sluit dit weer toe. As jy dit gebreek het, erken dat jy het. As jy dit nie kan regmaak nie, kry iemand wat dit wel kan regmaak. As jy iets leen, gee dit terug. As jy iets na waarde skat, pas dit op. As jy n gemors gemaak het, maak dit skoon. As jy iets geskuif het, sit dit terug waar dit was. As dit aan iemand anders behoort en jy wil dit gebruik, kry toestemming. As jy nie weet hoe om iets te gebruik nie, laat dit met rus. As dit niks met jou te doen het nie, moenie vrae vra nie. As dit nie gebreek is nie, moet dit nie probeer herstel nie. As dit iemand se dag sal ophelder, sê dit. As dit iemand se reputasie sal benadeel, hou dit vir jouself. (Geneem uit: Lists to live by Gray, Stephens, Van Diest) 6. DISKONTO BOEKE Diskonto boeke stal weer heerlike leesstof uit in die primêre mediasentrum op 7 en 8 Augustus. Hulle sal op hierdie twee dae elke dag van vroegoggend tot net na skool beskikbaar wees. Kom maak gerus n draai en koop goeie boeke aan vir u kind of uself. Een van die heel grootste geskenke wat u aan u kind kan gee, is om by hom/haar n liefde vir lees te ontwikkel. 7. AANKONDIGING VAN SEKONDÊRE LEERDERRAAD Let asseblief daarop dat die sekondêre leerderraad vir 2015 op Vrydag, 22 Augustus aangekondig sal word en nie op Maandag, 25 Augustus nie. 8. AANGELEENTHEDE RAKENDE PRIMÊRE LEERDERS Soos u reeds bewus is het mnr. Pretorius ons diens verlaat en is hy tans skoolhoof van Saambou Laerskool in die Noord-Kaap. Ons versoek dat alle navrae oor die primêre afdeling (grade 4-7) voortaan aan me. Stadler gerig sal word. (estadler@gelofte.co.za) 9. RESPEK VIR ONS TERREIN EN FASILITEITE Ons wil weer eens n beroep doen op u as ouers om n bewustheid by u kinders te kweek met betrekking tot respek vir ander mense asook vir die skoolterrein en fasiliteite. Die aantyging word dikwels gemaak dat die badkamers in n skokkende toestand is en vuil is, ten spyte daarvan dat daar n voltydse arbeider is wat uitsluitlik omsien na die netheid van die badkamers. Die feit dat die badkamers vuil is en slordig vertoon is niemand anders se skuld as die Loffies wat dit daagliks gebruik nie. As almal van die standpunt uitgaan dat hulle die badkamers graag in die dieselfde toestand wil laat as waarin hulle dit gevind het behoort dit mos n groot verskil te maak. n Ander aangeleentheid wat ons onlangs verstom het, is die feit dat enkele Loffies deur die beddings beweeg het en al die aalwyne en ander blomplante se blomknoppe afgebreek het. Dit getuig van totale

3 disrespek teenoor die omgewing maar ook teenoor die Loffie gemeenskap in die breë wat die voorreg ontneem word om die pragtige blomme te waardeer wat binnekort hul verskyning sou maak. In n poging om die tuine, wat met groot moeite en teen hoë koste onderhou word, te beskerm, gaan daar voortaan streng opgetree word teen Loffies wat op die walle en in die blombeddings speel. Dit geld veral vir leerders wat in die middae na skool vir lang periodes wag vir hul ouers om hul op te laai. 10. VERSKUIWING VAN PROEFEKSAMENDATUMS Alhoewel die matriekleerders reeds n skrywe ontvang het wat daarop dui dat ons genoodsaak was om wysigings aan te bring aan die proefeksamenrooster, bevestig ons hiermee bloot dat u uself asseblief moet vergewis daarvan dat u kind n nuwe rooster ontvang het met die wysigings daarop aangebring. Dit veroorsaak groot spanning en hartseer wanneer n leerder laat, of nog erger, gladnie opdaag vir n eksamenvraestel nie. 11. VERJAARDAE Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar. Zeniël Brink, Angelique de Kock, Reinette Fritz,Lizelle Jordaan, Matthew Mahlumba, Jeff Muller, Jason Botha, Heidi Crouse, Mariska Henning, Jaundré van Aswegen, Ansonel Marais, Garrick Otto, Anike van Rijswijk, Lizalda van Wyk, Leane Fourie, Vanessa Kotze, Stephanus Kruger, Marshall Lawrence, Carla van Aswegen, Jemma du Plessis, Alexia de Klerk, Sonja Strydom, Matthys Groesbeek, Marco Goncalves, J.C. Harmse, Mara-Lize Malan, Cassie Ludik. 12. SAAMRYGELEENTHEDE Ons is op soek na die volgende saamrygeleenthede: Vir n graad 2 leerder in die middae na skool na Westville. Kontak vir Me Hatting by Vir n graad 3 leerder skool toe en terug. Die leerder is woonagtig in Rodger Sishi Straat, New Germany. Kontak vir Bertus Coetzee by of vir Estelle Coetzee by Vir twee graad 1 leerders vanaf Seaview, skool toe en terug. Kontak vir Anilene Rose by of Vir n graad 4 seun in die middae na skool na Sarnia. Kontak vir Sonya by of vir Stanley by WELVAARTBEPLANNING KEN JOU PLAN Ons het verlede keer gepraat van jy moet n plan in plek hê om jou maandelikse inkomste en uitgawes te beheer. Deel van jou plan moet jou EXIT -plan behels. Wat as jy Exit? Wie gaan finansieël swaar kry? Soos wat ons ouer word verander ons behoeftes en het ons verskeie redes om lewensdekking te bekom. 1. Die eerste rede is om enige skuld te betaal. 2. Die tweede is om te verseker dat jou familie versorg is. As n ouer van Gelofte Skool, het jy defnitief kind/ers wie se behoeftes voor voorsien moet word vir n paar jaar as die broodwinner nie meer daar is nie. Niemand word uitgesonder en dit gaan nie met my gebeur bestaan nie. Volgens doodseise 2013 by Old Mutual is: - 20% van alle sterftes a.g.v. Kanker, - 19% Kardio verwante siektes - 19% a.g.v. ongelukke - 11% Asemhaling/long verwant - 31% Ander

4 67% manlik en 33% vroulik En geen spesifieke ouderdom Lewensdekking kan deur verskeie instansies bekom word en die premies begin by R100 per maand. Kontak my vir verdere inligting en n kostevrye afspraak om u persoonlike plan in plek te sit. TERTIA DU PLESSIS Finansiële Beplanner / tertia.dp@lantic.net 14. KOMMUNIKASIE Ons versoek dat alle ouers wat nog nie gebruik maak van Communicator nie die sagteware sal aflaai op hul rekenaars en selfone. Gaan bloot na en volg die stappe. Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON. 15. E-POS KOMMUNIKASIE Die skoolhoof kan ongelukkig nie aandag gee aan alle kommunikasie met die skool nie bloot omdat ander personeel u navrae oor sekere aangeleenthede vinniger en meer effektief sal kan beantwoord. Ons versoek dus dat die volgende riglyn sal volg indien u navrae per e-pos aan die skool rig: Inskrywing of vertrek van leerders gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Inskrywing of vertrek van leerders gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Enige finansiële navrae of bewyse gsfinance1@gelofte.co.za Amanda Stoltz Enige finansiële navrae of bewyse gsfinance2@gelofte.co.za Daleen Coetzee Administratiewe navrae gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Administratiewe navrae gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Afwesigheid van leerders gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Afwesigheid van leerders gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Graad 4-7 aangeleenthede estadler@gelofte.co.za E Stadler Graad 1-3 aangeleenthede gsjp@gelofte.co.za Riette Havemann Akademiese navrae/probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator Dissiplinêre probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator 16. E-POS Ons het reeds n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om n e-pos te stuur na gelofte@gelofte.co.za. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad ( en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie en graag n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe. 17. KONTANTVRYE SONE Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: Rekeningnommer:

5 Vriendelike groete D J STRYDOM SKOOLHOOF TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM NAAM VAN OUER: NAAM VAN LEERDER: GR. KOMMENTAAR: HANDTEKENING KONTAKNOMMER ADVERTENSIES

6 MEENTHUIS TE KOOP IN VEILIGE KOMPLEKS IN PADFIELD PARK: Pragtige 3 slaapkamer, 2 volle badkamer, tv kamer, volledige toegeruste kombuis,oopplan leefareas en stoep/kuier area met "American Shutters". Dubbele motorhuis met aangeboude afdak. Swembad en Lapa. Pragtige uitheemse tuin met elektroniese besproeing. Volledig omhein. Toegeriste alarm sisteem met beams. Koopprys R1,780 mil onderhandelbaar. Kontak gerus die eienaars om n afspraak te maak. Ray Groenewald : Bonnita Groenewald :

7 SITKAMERTAFEL PORTAAL SITSTEL 3 STUK-R STUK-R VERTOONTAFEL KINDER TUINTAFEL EENSTUK 1 STUK/R STUK/R TAFEL EN 4 BANKIES KAPTAFEL MET BYBEHORE 5 STUK/R STUK/R SHARK DARTBORD- R SPEELGOEDTROLLIE MET BOUBLOKKE- R KROEG TOONBANK- R TAFEL MET 6 BANKIES- R POPKOT MET KOMBERSSTEL- R DOGTER ENKEL 3 STUK KAMERSTEL- R B&E WOODWORKING BERTUS ESTELLE DIE MAAK VAN ALLE HOUTWERK MEUBELS SKAKEL GERUS VIR ENIGE KWOTASIE AFLEWERINGSKOSTE R PER VRAG PINETOWN AREA PRIVAAT KRIEKET LESSE Grade 3 7 Een tot een afrigting Groepe van 5 R100 (30 min) R150 (60 min) R500 vir 8 sessies van 1 uur R50 per persoon (30 min) R100 per persoon (60 min) CSA Level 2 gekwalifiseer Konsentreer op alle aspekte van die spel. (Veldwerk, boulwerk en kolfwerk) SMS of WhatsApp vir Jacques Stoltz by vir bespreking.

8 For more information please contact Lizette: /

Nuusbrief 17/2014 Webblad:

Nuusbrief 17/2014 Webblad: LOFFIENUUS Nuusbrief 17/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Ouers wonder waarom die water van die stroom bitter is, terwyl dit hulleself is wat die fontein vergiftig het. (John Locke) Geagte Ouer 1. SAKE VIR

Nadere informatie

Die ouer se lewe is die kind se handboek vir die lewe. (Martin Luther)

Die ouer se lewe is die kind se handboek vir die lewe. (Martin Luther) LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Die ouer se lewe is die kind se handboek vir die lewe. (Martin Luther) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar

Nadere informatie

Nuusbrief 12/2014 Webblad:

Nuusbrief 12/2014 Webblad: LOFFIENUUS Nuusbrief 12/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Ja, veertig dae agtereen en veertig nagte lank gereën! Dis n rekord tot op hede. Meneer, mag ek iets vra? Maar alte seker, Japie, Ja? Was die boere

Nadere informatie

15 Loffienuus 26 September 2018 LOFFIENUUS. Webblad:

15 Loffienuus 26 September 2018 LOFFIENUUS. Webblad: LOFFIENUUS Nuusbrief 15/2018 Webblad: www.gelofte.co.za Geagte Ouer Dit is dikwels makliker om briesend te word oor n onreg wat aan die ander kant van die wêreld gebeur het as oor verdrukking en diskriminasie

Nadere informatie

Indien ons geen foute van ons eie gehad het nie, sou ons nie soveel plesier geput het uit die foute van ander nie.

Indien ons geen foute van ons eie gehad het nie, sou ons nie soveel plesier geput het uit die foute van ander nie. LOFFIENUUS Nuusbrief 6/2018 Webblad: www.gelofte.co.za Indien ons geen foute van ons eie gehad het nie, sou ons nie soveel plesier geput het uit die foute van ander nie. Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF

Nadere informatie

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar! Tygienuus Webblad: www.tygies.co.za E-pos: admin@tygies.co.za Tel: 012 809 0029 / 0340 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 25 April 2018 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG 26 April Tennis: Oefening (Seuns:

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR. 4 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 4-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 4-onderwysers aan die leerders, en

Nadere informatie

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017 My denke bepaal my geluk Omsendbrief 097 van 2017 24 April 2017 Geagte Ouers Baie geluk! U kind in graad is gekies om aan die Afrikaanse Kunsvereniging se jaarlikse kunswedstryd in die Derde Kwartaal deel

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê. Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê. Ek wil asseblief aansoek doen vir werk by u maatskappy. Hoe oud is jy? Die Arbeidswet

Nadere informatie

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees. LAERSKOOL ELIGWA 12 Januarie 2017 Geagte Ouers/Voogde OMSENDBRIEF 1 VAN 2016 Na n wonderlike vakansie met wonderlike reën is dit my voorreg om een en elkeen terug te verwelkom. Ek hoop en vertrou almal

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop.

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop. HOE OM UIT TE KEN Ek is so jammer dat jou ouers en jou niggie Karen se ouers almal in die motorongeluk dood is. In hulle testament het jou ouers ons aangestel as jou voogde. Jy sal by my en tannie Irene

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

17 Loffienuus 18 OKTOBER Webblad:

17 Loffienuus 18 OKTOBER Webblad: LOFFIENUUS Nuusbrief 17/2017 Webblad: www.gelofte.co.za Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige

Nadere informatie

Ons Prospektus 1. WELKOM

Ons Prospektus 1. WELKOM Ons Prospektus 1. WELKOM n Hartlike welkom by die Miershoop Naskool Sentrum! Ons wil die vertroue uitspreek dat u kind gelukkig in ons naskool sal wees en u ten alle tye verseker sal wees van kwaliteit

Nadere informatie

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur /0/2018 Studiebrief 101/0/2018 Taalvaardigheid LPENGPN Jaarmodule Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor u module. STAAFKODE INHOUD Bladsy 1 INLEIDING...

Nadere informatie

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING. KLIËNT INLIGTING KLIËNT Van: Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Woonadres: Tel. Nr. (Sel): (W): (H): Huistaal: Graad in skool: Huwelikstatus: Naam van skool: Ouderdom: PERSOON AANSPREEKLIK

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het Die Elander Lente 2014 page 1 JONGMENSE Groepsdruk Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR. 7 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 7-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 7-onderwysers aan die leerders, en veral

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80 HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80 TAAK 3: VRAESTEL 3 OPSTELLER: R. TOYER INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

Nadere informatie

22 JUNIE 2016, KWARTAAL 2, UITGAWE 18. Vir bespreking kontak gerus vir ds. Natalia Strydom by

22 JUNIE 2016, KWARTAAL 2, UITGAWE 18. Vir bespreking kontak gerus vir ds. Natalia Strydom by 22 JUNIE 2016, KWARTAAL 2, UITGAWE 18 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie dankie aan al ons ouers, leerders en personeel vir die afgelope besige kwartaal. Dit was n suksesvolle kwartaal met baie hoogtepunte en

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

2 nd Chances... Wiskunde

2 nd Chances... Wiskunde Doen jou Gr 11 1ste Kwartaal Wiskunde OOR... hierdie Vakansie... by jou Huis 2 nd Chances... Wiskunde n Geleentheid om reg te wees vir die tweede kwartaal Gr 11 Wiskunde. Word deel van n Whatsapp-metodiek

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hallo, Katrina. Baie geluk met jou nuwe babatjie! Sy s pragtig. ELKE KIND MOET N GEBOORTESERTIFIKAAT HÊ! BESOEK DIE MINISTERIE VAN BINNELANDSE SAKE EN IMMIGRASIE

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

Hoe om Jou Kind se Van te Verander Hoe om Jou Kind se Van te Verander 1 Hoe om n kind se van te verander As die geboorte van n kind geregistreer word, kry die kind óf die pa óf die ma se van, afhangend van die omstandighede. Die van word

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Feb. Mrt. 2014 INSTRUKSIES

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind L e s 1 5 Verantwoordelikheid en hoe om Hulp te kry Gedurende hierdie les sal jy: Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind Erken wanneer die

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

H u p p e l l a n d. Jan Van Riebeeck Pre-Primêr, Varsityweg, Kaapstad t: e: AANSOEK OM TOELATING

H u p p e l l a n d. Jan Van Riebeeck Pre-Primêr, Varsityweg, Kaapstad t: e: AANSOEK OM TOELATING PLAK KLEURFOTO VAN LEERDER (ID GROOTTE) H u p p e l l a n d Jan Van Riebeeck Pre-Primêr, Varsityweg, Kaapstad t: 021 424 6056 e: huppelland@jvrprim.co.za AANSOEK OM TOELATING BAIE BELANGRIK: Hierdie aansoek

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) GRAAD 11 PROEFVRAESTEL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) Tyd: 2½ uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel

Nadere informatie

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM TOETSING VAN BASIESE KONSEPTE-KENNIS n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, 2007 Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: Datum van toets: Naam

Nadere informatie

REKORD- EN EINDEKSAMEN

REKORD- EN EINDEKSAMEN HOËRSKOOL OOS-MOOT GRAAD 12 REKORD- EN EINDEKSAMEN ROOSTER EN REËLS 2018 Bladsy 2 van 7 REKORDEKSAMENROOSTER DATUM TYD VAK TYDSDUUR 20/8 14:00-16:00 Engels FAL (P3) Afrikaans HT (V1) 21/8 Rekeningkunde

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Nadere informatie

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR: JOU SAKGIDS VIR: DIE DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE Die Dissiplinêre Kode vir Studente verduidelik wat onaanvaarbare gedrag is, hoe dit aangespreek word en deur wie. Die Kode verseker dat ons die korrekte

Nadere informatie

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken. Seksuele Teistering by die werk Dit was briljant van my om die nuwe assistent aan te stel, nê? Sy werk regtig hard. Ek is in my skik. Ek sou haar sommer net vir haar voorkoms aangestel het. Het jy daai

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE

Nadere informatie

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF OOS-KAAPOnderwysdepartement GRAAFF-REINET DISTRIK GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF MEI/JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Eksaminator: M. Marais INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

AANSOEK OM STUDIELENING

AANSOEK OM STUDIELENING AANSOEK OM STUDIELENING 1. PERSOONLIKE INLIGTING VAN AANSOEKER (STUDENT) Vul asseblief volledig in waar van toepassing Van: Volle naam: Geboortedatum: ID Nommer: Is u 'n Suid-Afrikaanse burger? JA Huistaal:

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel. 021-886 4791 7601 Fax. 021-887 1901 AANSOEK OM TOELATING Kantoorgebruik: CEMISnr: Van:... Noemnaam:... LEERLING BESONDERHEDE Volle

Nadere informatie

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE DURBANVILLE 7551 7550 TELEFOONNOMMERS : SUPERINTENDENT (021) 9762111 SEL NO. 0845640611 FAKS NO. (021) 9763189 AANSOEKVORM Geagte ouer/voog

Nadere informatie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word GEBOORTEDATUM: GESLAG: LEERDERBESONDERHEDE GRAAD: HUISTAAL: FISIESE ADRES: VAN EN NAAM VAN MOEDER TELEFOON: BEROEP: SEL:

Nadere informatie

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING SOMER KEUSE EN KOSTE VORM 1 STE KWARTAAL Graad 1 Alleenlik Leerling-inligting: Van: Graad: Doopname: Ouers word daaraan herinner dat leerlinge hulle tot n aktiwiteit verbind vir ten minste EEN kwartaal.

Nadere informatie

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee Kinderwerf.co.za leesprodukte (2014) Evalueringsvorm Meer inligting Gratis diftongkaart Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Beantwoord die volgende vrae om te kyk of die leesmateriaal op julle van

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer? Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer? In ruil bied Globex Internet Dienste U Gemeente die voordeel om n groeiende Maandelikse inkomste te verdien. Ons is reeds in vennootskap

Nadere informatie

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

1. Gee TWEE voorbeelde van elk: 1. Gee TWEE voorbeelde van elk: a) Bevolking se insette. Geboortes Immigrante b) Bevolking se deursette. Natuurlike verandering Migrasie c) Bevolking se uitsette. Sterftes Emigrante 2. Wat is natuurlike

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL JUNIE 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES:

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

Bankstate LPF Systems BK

Bankstate LPF Systems BK Bankstate LPF AgriBusiness Gebruikershandleiding deur LPF Systems BK Indeks 3 Inhoudsopgawe Deel I Elektroniese Bankstate 4 1 Inleiding... 4 Doel... 4 Werksm etode... 4 Menu... 5 2 Laai... 5 Intrek...

Nadere informatie

fotografienuus wyd Towerlantern Fotografie oor fotografie mei mei Towerlantern Fotografie

fotografienuus wyd Towerlantern Fotografie oor fotografie mei mei Towerlantern Fotografie fotografienuus mei 2017 Dit bly besonders om op reis te gaan met die hoofbedoeling om foto s te neem. En as dit na die Namib toe is, is dit soveel te meer n vreugde. Om n toer na die Namib n vakansie te

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Foendieklub vir uitnemendheid in Tegnologie

Foendieklub vir uitnemendheid in Tegnologie Tye moet nog bepaal word. As ek laaste periode af het, kan die kleingoed solank rekenaars toe kom. Laerskool Helderkruin Volume 1 Laerskool Helderkruin vir uitnemendheid in Tegnologie Welkom by ons Rekenaarsentrum

Nadere informatie

2015 AKADEMIESE JAAR

2015 AKADEMIESE JAAR Die sluitingsdatum vir die 2015 akademiese jaar aansoeke is die 5 de Desember 2014 en geen laat aansoeke sal aanvaar of oorweeg word nie. Die indiening van ʼn aansoek is nie ʼn waarborg dat die Trust aan

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2015 (R) PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK Hierdie kontrak word aangegaan tussen Laer Volkskool naskoolsentrum (hierna genoem Die naskoolsentrum ) en (hierna genoem Die ouer ). 1 Leerderbesonderhede

Nadere informatie

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. E-pos: Sel:

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste.   E-pos: Sel: Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. http://www.sakkieparsons.co.za E-pos: sparsons@absamail.co.za Sel: 083 457 6669 Iemand het hierdie skrywe aan my gestuur en gevra of ek dit geskryf het. Nee ek

Nadere informatie

AKADEMIESE ORIËNTERING EERSTEJAARS 2012 AKADEMIESE ORIËNTERING & KURRIKULUMKONTROLE

AKADEMIESE ORIËNTERING EERSTEJAARS 2012 AKADEMIESE ORIËNTERING & KURRIKULUMKONTROLE AKADEMIESE ORIËNTERING EERSTEJAARS 2012 AKADEMIESE ORIËNTERING & KURRIKULUMKONTROLE IS JY OP DIE REGTE PLEK? Jy moet hier wees as jy regte swot LLB BA Regte BCom Regte As jy vir iets anders registreer,

Nadere informatie

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode: AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK Afdruk van leerders se geboortesertifikaat. Afdruk van vader en moeder se identiteitsdokument. Bewys van immuniseringvorm. (Gesondheidsdoeleindes). Een onlangse

Nadere informatie

7 Loffienuus 9 Mei 2018 LOFFIENUUS. Webblad:

7 Loffienuus 9 Mei 2018 LOFFIENUUS. Webblad: LOFFIENUUS Nuusbrief 7/2018 Webblad: www.gelofte.co.za Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake

Nadere informatie

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege BELEIDSDOKUMENT Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege 2 Eksamenvraestelle Eksaminator. 1. Dit is die verantwoordelikheid van die eksaminator om toe te sien dat elke lid van die departement die konsepvraestel

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019 OMSENDBRIEF NR. 1/2019 9 Januarie 2019 Geagte Ouers / Voogde 1. WELKOM Dit is altyd wonderlik om elke ouer/voog en leerders op die eerste dag van die nuwe skooljaar hartlik te verwelkom. n Spesiale woord

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure Hoërskool McLachlan NUUSBRIEF 24/01 2019 Geagte Ouers/Voogde Posbus 3 Joubertina 6410 042-273-1335 042-273-1210 info@hsmclachlan.co.za www.hsmclachlan.co.za 1. Weeklikse nuusbrief: Ouers/voogde wat aangedui

Nadere informatie

Die. BLIKslim. Bestellings Gids

Die. BLIKslim. Bestellings Gids Die Bestellings Gids 1. Kies jou pakket Kwartaal Pakket Light Pakket Booster Pakket Die kwartaal pakket bevat al die werk nodig vir n spesifieke kwartaal se inhoud verdeel volgens die huidige CAPS sillabusse.

Nadere informatie

MOENIE JOU LEWENSDEKKING KANSELLEER NIE, AL BARS DIT

MOENIE JOU LEWENSDEKKING KANSELLEER NIE, AL BARS DIT Mediaverklaring VERENIGING VIR SPAAR EN BELEGGING IN SUID-AFRIKA (ASISA) 8 Mei 2017 MOENIE JOU LEWENSDEKKING KANSELLEER NIE, AL BARS DIT Om jou lewensversekering te kanselleer, al is jy hoe diep in die

Nadere informatie

Leerders wat sonder n mediese sertifikaat afwesig is, sal nie toegelaat word om die vraestel te skryf nie en sal n 0-punt vir die vraestel ontvang.

Leerders wat sonder n mediese sertifikaat afwesig is, sal nie toegelaat word om die vraestel te skryf nie en sal n 0-punt vir die vraestel ontvang. 20 Maart 2013 Geagte Ouer Aan die einde van die kwartaal wil ek graag alle leerders en ouers bedank vir hulle onbaatsugtige diens aan die skool. Almal se deelname aan die take en aktiwiteite by die Hoërskool

Nadere informatie

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar Geagte Ouer(s) 12 November 2015 SKOOLFONDS 2016 Die skoolfonds vir 2016 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 28 Oktober 2015 deur die meerderheid van die ouers goedgekeur. Alle ouers is

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL EKSEMPLAAR November 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL LEERDER INLIGTING LEERDER REGISTRASIEVORM 20... Voltooi met 'n swart pen asb. Volle name: Van : Noemnaam: Geboortedatum: 20 / / ID Nommer: Nasionaliteit RSA Ander: Kerkverband

Nadere informatie

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ). Memo: 15 September 2011 Aan: Alle Ouers Van: Annalie en personeel Wintersportdag GLB het gereël dat ons die sportgronde van Bellville Hoërskool (BHS) gaan gebruik vir Saterdag se Wintersportdag. Hulle

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES Inleiding... 2 Navorsingsmetode... 2 Opname deur Tuisgenote... 2 Resultate... 2 Profiel van n behoeftige bejaarde... 2 Die finansiële situasie

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. MODULE 3: GEBOUE Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. 46 GEVALLESTUDIE AFDELING GEBOUE MODULE INLEIDING Die gevallestudie oor Afdeling Geboue spreek

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie