Begripstoets. Lees die volgende artikel en beantwoord dan die vrae wat volg:

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Begripstoets. Lees die volgende artikel en beantwoord dan die vrae wat volg:"

Transcriptie

1 Afrikaans 1st Add Lang!1 Grade 7 Afdeling A: Lees die volgende artikel en beantwoord dan die vrae wat volg: SA warmbrakke pronk vir VSA deur Suzaan Potgieter Meer as 30 plaaslike worshonde baljaar op Suid-Afrikaanse gras in een van vanjaar se Amerikaanse Super Bowl-advertensies. Groot moeite word jaarliks gedoen vir die advertensies van dié Amerikaanse voetbalwedstryd. Vanjaar is drie advertensies vir die Super Bowl gemaak waarby die Kaapse produksiehuis Africa Film Service Productions betrokke was. Die advertensies word gewys tydens die wedstryde tussen die Seattle Seahawks en die New England Patriots. Die handelsmerk Heinz, wat veral vir sy tamatiesous bekend is, stel sy reeks souse met worshonde bekend in een van die advertensies. In dié advertensie is n klomp worshonde soos warmbrakke aangetrek en hardloop hulle na die Heinz-souse. Brin Kushner, regisseur en uitvoerende vervaardiger van AFS-produksies, het gister aan Die Burger gesê die advertensie is op die plaas Bontevlei by Stellenbosch verfilm. Die Suid-Afrikaanse akteur Waldemar Schultz is ook in die advertensie te sien. Die plaaslike dierehanteerders Animal Tails het gehelp om oudisies vir die fiksste worshonde te hou. Die dag waarop ons verfilm het, was daar talle dierehanteerders, eienaars, veeartse en organisasies teen geweld teen diere betrokke om te verseker dat die honde die verfilming geniet, het Kushner gesê. Hy het gesê daar is streng kriteria vir die gebruik van diere. Hulle moes seker maak die honde is fiks en gemaklik in die warmbrakkostuums. Volgens Kushner was dit n belewenis om al die worshonde tydens die verfilming in hul lugverkoelde tente te sien ontspan. Die kostuums vir die worshonde is plaaslik gemaak en ontwerp en getoets om te verseker die honde kan gemaklik daarin hardloop. Die Kaapse maatskappy Captain Costume het die honde en die sousbottels se kostuums gemaak. Benewens dié advertensie, het AFS-produksies ook twee ander vir die Super Bowl vervaardig. Aangepas uit Volg hierdie skakel om die advertensie te kyk:

2 Afrikaans 1st Add Lang!2 Grade 7 Woordeskat/Vocabulary baljaar - play handelsmerk - brand warmbrakke - hot dogs pronk - show off fiksste - fittest veeartse - veterinarian belewenis - experience benewens - apart from voetbalwedstryd - American football game tamatiesous - ketchup oudisies - auditions dierehanteerders - animal handlers worshonde - dachshund gemaklik - comfortable lugverkoelde - air conditioned Vraag 1: Omkring die regte antwoord: (4) 1. Die handelsmerk Heinz maak; a) net tamatiesous. b) warmbrakke en tamatiesous. c) n verskeindenheid van souse. d) tamatiesous en mosterdsous. 2. Oudisies is gehou om seker te maak dat; a) die honde fiks genoeg is om aan die advertensie deel te neem. b) die mooiste honde gekies word vir die advertensie. c) die honde wat die beste luister gekies word vir die advertensie. d) die honde wat in die kostuums pas gekies word vir die advertensie. 3. Die kostuums vir die honde is ontwerp om seker te maak dat; a) die honde soos regte warmbrakke lyk. b) die honde nie te warm kry nie. c) die honde gemaklik is in die kostuums. d) die honde vinnig kan hardloop in die kostuums. 4. As jy na die advertensie kyk, dink jy die honde is; a) moeg gehardloop? b) energiek en opgewonde? c) warm en ongemaklik? d) honger en dors?

3 Afrikaans 1st Add Lang!3 Grade 7 Vraag 2: Beantwoord die volgende vrae in vol sinne. 1. Waar is die advertensie verfilm? (2) 2. Wie was die regisseur en vervaardiger van die advertensie? (1) 3. Wie het almal seker gemaak dat die honde die verfilming van die advertensie geniet het? (4) 4. Waarom is dit belangrik dat al hierdie mense betrokke was by die verfilming van die advertensie? (2) 5. Beskryf (Describe) die kostuums van die mense en die diere. (3) 6. Watter bekende akteur verskyn in die advertensie? (1) 7. Waarom is die woord warmbrakke in aanhalingstekens (quotation marks) in die titel van die artikel? (1) 8. Verduidelik (explain) in jou eie woorde hoekom die gebruik van die worshonde in die advertensie so effektief is. (2)

4 Afrikaans 1st Add Lang!4 Grade 7 Vraag 3: Taal en Begrip 1. Voltooi die tabel deur die korrekte meervoud en verkleining in te vul: (5) Woord Meervoud Verkleining warmbrakke worshond tente handelsmerkie plaas 2. Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm: (3) a) Die honde hardloop gemaklik in die kostuums. b) Die advertensie is by die Super Bowl gewys. c) Die akteurs was bang vir die honde. 3. Vind sinonieme (synonyms) in die artikel vir die volgende woorde: (2) a) speel - b) riglyne - 4. Gee n antoniem (antonyms) vir die volgende woorde uit die artikel: (2) a) fiks - b) bekend - Vraag 4: Lees die vinnige feite oor tamaties en beantwoord dan die vrae wat volg: Die tamatie het die wêreld se gewildste vrug geword. Byna 100 miljoen ton word jaarliks geoes, wat aansienlik meer is as die ander groot vrugteoeste van die wêreld (appels, piesangs, druiwe en lemoene). Hoewel die tamatie soms n groente genoem word, is dit plantkundig n vrug, want die tamatie is die eetbare deel van die plant wat die sade bevat. Volgens The Guinness Book of Records het die grootste tamatie 3,5 kilogram geweeg en is dit in Oklahoma, VSA, gekweek.

5 Afrikaans 1st Add Lang!5 Grade 7 Tamaties bevat nie net vitamiene A en C nie, maar is ook ryk aan likopeen, n anti-oksidant. Volgens sommige navorsingstudies kan n tamatieryke dieet die risiko van kanker help verminder. 1. Pas Kolom A by Kolom B: Kolom A Antwoord Kolom B 1. Grootste tamatie A. Deel van die plant wat die sade bevat. 2. Vrug B. likopeen 3. The Guinness Book of Records C. jaarlikse tamatie-oes 4. Anti-oksidant D. drie en n half kilogram miljoen ton E. boek met rekords 2. Waarom is tamaties goed vir n mens? (2) 3. Meer tamaties as ander vrugte soos piesangs en druiwe word jaarliks geoes. WAAR of VALS? (1) 4. Hoekom kan n dieet ryk aan tamaties moontlik kanker help verminder? (2) 5. Waar is die grootste tamatie in die wêreld gekweek? (1) 6. Waarom dink jy word die tamatie eerder deur mense as n groente as n vrug gesien? (2)

6 Afrikaans 1st Add Lang!6 Grade 7 Vraag 3: Visuele begrip Eat Smart Geen bygevoegde MSG nie. 1. Watter geur van Cup a Soup word hier geadverteer? (1) 2. Noem vier groentes wat bygevoeg is by hierdie sop. (4) 3. Waarom mag hierdie sop die Eat Smart etiket op hulle advertensie gebruik? (2) 4. Waarom word daar klem gele op die feit dat die produk egte bestanddele bevat? (2) 5. Vervang die sin Geniet die Smaak van Regte Sop! met n sin van jou eie. Onthou dit moet die aandag trek na die advertensie. (2) 6. Dink jy die kleure en beelde (images) wat gebruik word in die advertensie is treffend? Gee n rede vir jou antwoord. (2)

7 Afrikaans 1st Add Lang!7 Grade 7 - MEMO: Vraag 1: Omkring die regte antwoord: (4) 1. Die handelsmerk Heinz maak; a) net tamatiesous. b) warmbrakke en tamatiesous. c) n verskeindenheid van souse. d) tamatiesous en mosterdsous. 2. Oudisies is gehou om seker te maak dat; a) die honde fiks genoeg is om aan die advertensie deel te neem. b) die mooiste honde gekies word vir die advertensie. c) die honde wat die beste luister gekies word vir die advertensie. d) die honde wat in die kostuums pas gekies word vir die advertensie. 3. Die kostuums vir die honde is ontwerp om seker te maak dat; a) die honde soos regte warmbrakke lyk. b) die honde nie te warm kry nie. c) die honde gemaklik is in die kostuums. d) die honde vinnig kan hardloop in die kostuums. 4. As jy na die advertensie kyk, dink jy die honde is; a) moeg gehardloop? b) energiek en opgewonde? c) warm en ongemaklik? d) honger en dors? Vraag 2: Beantwoord die volgende vrae in vol sinne. 1. Waar is die advertensie verfilm? (2) Die advertensie is verfilm op die plaas Bontevlei by Stellenbosch. 2. Wie was die regisseur en vervaardiger van die advertensie? (1) Brin Kushner was die regisseur en vervaardiger van die advertensie. 3. Wie het almal seker gemaak dat die honde die verfilming van die advertensie geniet het? (4) Die hondehanteerders, veeartse, honde eienaars en organisasies teen die geweld teen diere was betrokke by die verfilming om seker te maak dat die honde dit geniet. 4. Waarom is dit belangrik dat al hierdie mense betrokke was by die verfilming van die advertensie? (2) Met enige produksie waar diere betrokke is, is dit belangrik dat seker gemaak word die diere word nie mishandel nie, kry genoeg water en word nie gedwing om enige iets te doen wat die diere enige skade sal aandoen nie.

8 Afrikaans 1st Add Lang!8 Grade 7 5. Beskryf (Describe) die kostuums van die mense en die diere. (3) Die mense het kostuums aangehad wat soos Heinz tamatie bottels lyk. Die honde het kostuums aangehad wat soos n worsbroodjie lyk en dit was spesiaal ontwerp om gemaklik en koel te wees vir die hondjies. 6. Watter bekende akteur verskyn in die advertensie? (1) Die akteur Waldemar Schultz verskyn in die advertensie. 7. Waarom is die woord warmbrakke in aanhalingstekens (quotation marks) in die titel van die artikel? (1) n Warmbrak verwys eintlik direk na die Engelse hot dog. Brak is n woord wat gebruik word om na n hond te verwys. Dit is groeptaal (slang) wat in Afrikaans gebruik word en daarom is dit in aanhalingstekens. (Advanced question) 8. Verduidelik (explain) in jou eie woorde hoekom die gebruik van die worshonde in die advertensie so effektief is. (2) Tamatiesous word gewoonlik op worsbroodjies (hot dogs) gegooi. Die feite dat worshonde gebruik is, is baie effektief omdat die eintlik lyk asof die hondjies die worsie binne die broodjie is. n Ander woord vir n hond in Afrikaans is n brak. (Advanced question) Vraag 3: Taal en Begrip 1. Voltooi die tabel deur die korrekte meervoud en verkleining in te vul: (5) Woord Meervoud Verkleining warmbrak warmbrakke warmbrakkies worshond worshonde worshondjie tent tente tentjie handelsmerk handelsmerke handelsmerkie plaas plase plasie 2. Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm: (3) a) Die honde hardloop gemaklik in die kostuums. Die honde hardloop nie gemaklik in die kostuums nie. b) Die advertensie is by die Super Bowl gewys. Die advertensie is nie by die Super Bowl gewys nie. c) Die akteurs was bang vir die honde. Die akteurs was nie bang vir die honde nie. 3. Vind sinonieme (synonyms) in die artikel vir die volgende woorde: (2) a) speel - baljaar b) riglyne - kriteria 4. Gee n antoniem (antonyms) vir die volgende woorde uit die artikel: (2) a) fiks - onfiks b) bekend - onbekend

9 Afrikaans 1st Add Lang!9 Grade 7 Vraag 4: Lees die vinnige feite oor tamaties en beantwoord dan die vrae wat volg: 1. Pas Kolom A by Kolom B: 2. Waarom is tamaties goed vir n mens? (2) Tamaties is vol Vitamiene A en C en ook die anti-oksidant likopeen. Daar word geglo dat tamaties kan help om die risiko van kanker te verminder. 3. Meer tamaties as ander vrugte soos piesangs en druiwe word jaarliks geoes. WAAR of VALS? WAAR (1) 4. Hoekom kan n dieet ryk aan tamaties moontlik die risiko van kanker help verminder? (2) Tamaties bevat die anti-oksidant likopeen wat moontlik kan help om die risiko van kanker te verminder. Kolom A Antwoord Kolom B 1. Grootste tamatie D A. Deel van die plant wat die sade bevat. 2. Vrug A B. likopeen 3. The Guinness Book of Records E C. jaarlikse tamatie-oes 4. Anti-oksidant B D. drie en n half kilogram miljoen ton C E. boek met rekords 5. Waar is die grootste tamatie in die wêreld gekweek? (1) Die grootste tamatie ter wêreld is in Oklahoma, VSA gekweek. 6. Waarom dink jy word die tamatie eerder deur mense as n groente as n vrug gesien? (2) Tamaties is nie soet soos vrugte gewoonlik is nie. Tamaties word ook baie keer gaar gemaak soos groente of word gebruik in n sous wat n souterige, suur smaak het. Vrugte word meestal vars geniet en is meestal soet en sappig.

10 Afrikaans 1st Add Lang!10 Grade 7 Vraag 3: Visuele begrip 1. Watter geur van Cup a Soup word hier geadverteer? (1) Die geur van die Cup a Soup is bief en groente. 2. Noem vier groentes wat bygevoeg is by hierdie sop. (4) Wortels, tamaties, uie en boontjies is bygevoeg by hierdie sop. 3. Waarom mag hierdie sop die Eat Smart etiket op hulle advertensie gebruik? Hierdie sop mag die Eat Smart etiket op hulle advertensie gebruik omdat hulle geen MSG (kunsmatige geurmiddels) in hulle produkte gebruik nie. (2) 4. Waarom word daar klem gele op die feit dat die produk egte bestanddele bevat? (2) Dit is vir die vervaardiger van die produk baie belangrik dat die kopers moet weet dat al is dit n kitssop, is daar nogsteeds net egte produkte in die sop en geen kunsmatige geurmiddels of produkte nie. 5. Vervang die sin Geniet die Smaak van Regte Sop! met n sin van jou eie. Onthou dit moet die aandag trek na die advertensie. (2) Eie antwoord. Voorbeeld: Voedsame sop vir koue aande in die winter! 6. Dink jy die kleure en beelde (images) wat gebruik word in die advertensie is treffend? Gee n rede vir jou antwoord. (2) Eie antwoord. Voorbeeld: Ja, die groen wat gebruik word laat mens dink aan groei en gesondheid. Die groen laat n mens ook dink aan groente. Die prentjies van die groente is prettig en trek aandag na die advertensie.

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Plantstruktuur en Plant Voedsel Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van

Nadere informatie

Hoe kies n mens n troeteldier?

Hoe kies n mens n troeteldier? Naam: Lees die onderstaande leesstuk aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Hoe kies n mens n troeteldier? Honde en katte Knaagdiere n Hond kan jou beste vriend wees, maar onthou dat honde

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT Afdeling A: Leesbegrip EKURHULENI NORTH Lees die storie en beantwoord die vrae Samantha en Tinkerbel se nuwe maats 1 2 3 4 Eendag was daar n dogtertjie met die naam Samantha. Sy het saam met haar ma en

Nadere informatie

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit / Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGSTAAK

Nadere informatie

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6 GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6 PUNTE : 60 TYDSDUUR: 60 MINUTE Bladsy 1 van 10 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye INSTRUKSIES: 1. Beantwoord al die vrae.

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit. PUNTE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL TOETS PUNTE: 20 TYD: 1 UUR PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL OBIS-NOMMER (9 syfers) KLAS (bv. 1A) VAN NAAM GESLAG ( ) SEUN DOGTER

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/ Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGS TAAK

Nadere informatie

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM: SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 Eksamen TYD: 120 min TOTAAL: 100 NAAM: Instruksies 1. Vul eerstens jou naam en van op die antwoordblaaie neer. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord. 3. Alle

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 2 uur NAAM: *6AFAL2* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (NOVEMBER

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb Leesbegrip nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer Dieretuine/Hannes en die koek/zak bak koekies tyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopas

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Afdeling A: Begripstoets

Afdeling A: Begripstoets Afrikaans 1st Add Language: Test 1 Grade 5 Afdeling A: Begripstoets Lees aandagtig deur die volgende advertensie en beantwoord dan die vrae wat volg: Vraag 1: Begripsoefeninge 1. Onderstreep die korrekte

Nadere informatie

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Omgekeerde bewerkings Getalsinne Omgekeerde bewerkings As jy twee getalle bymekaar tel, soos sê nou maar 12 en 13, dan gaan jy mos n antwoord kry van 25? Ons sê dan dat die som van 12 en 13 vyf-en-twintig is. Maar jy behoort nou te verstaan,

Nadere informatie

Rook maak dood! (Graad 4-6) Omgewingskwessies & Menseregte. In hierdie hoofstuk gaan jy: Lees en kyk: Begrip Lees en kyk: Letterkunde

Rook maak dood! (Graad 4-6) Omgewingskwessies & Menseregte. In hierdie hoofstuk gaan jy: Lees en kyk: Begrip Lees en kyk: Letterkunde Rook maak dood! In hierdie hoofstuk gaan jy: Lees en kyk: Begrip Lees en kyk: Letterkunde Luister en praat Skryf en aanbied n berig lees oor die gevare van rook n gedeelte van n gedig lees en ontleed n

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie fdeling : Leesbegrip Die emmer met die gaatjie 1. Eendag, lank, lank gelede was daar n nare monster wat in die bos gewoon het. n Dogtertjie met die naam Mamela het altyd in die bos gespeel. Elke dag, net

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 04 Afrikaans EAT

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 04 Afrikaans EAT Afdeling A: Leesbegrip EKURHULENI NORTH Graad 04 Lees en Kyk: Lees die volgende koerantberig en beantwoord dan die vrae wat volg. Kleuter alleen in donker bos Met haai, Oom, kom hier eindig alles Van:

Nadere informatie

GRAAD 6 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 50 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1

GRAAD 6 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 50 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1 GRAAD 6 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1 Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 50 punte Naam en Van Datum INSTRUKSIES 1. Lees alle vrae deeglik deur voordat jy dit beantwood. 2. Alle vrae moet in n netjiese

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

Hierdie memorandum bestaan uit 5 bladsye.

Hierdie memorandum bestaan uit 5 bladsye. JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 03 GRAAD 4 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM EKSEMPLAAR Hierdie memorandum bestaan uit 5 bladsye. AFDELING A VRAAG ANTWOORD PUNTE. D- spelerig en lui. D- spelerig en lui.3 D-

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Kies en beantwoord EEN vraag uit elke

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2016 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister. Week 8 Dag 1 Leermateriaal: Klaskoerant Letterkaart en prent v vir vis Klankstorie: v (bl. 13) Leesstuk: Ben en Vis (bl. 284) Leesboek 2 bl. 28 en 29 Werkboek 2 bl. 112 Witborde en witbordmerkers Aktiwiteit

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

Abu Ali tel sy donkies

Abu Ali tel sy donkies 8 Abu Ali tel sy donkies Luistertyd: n Storie uit die Midde-Ooste Luister eers na die woorde en herhaal hulle. een twee drie vier vyf ses sewe agt nege Luister daarna na die kort storie. Abu Ali koop nege

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 2 uur NAAM EN VAN: *6AFAL2* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 1½ uur *6AFAL2* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016)

Nadere informatie

ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014

ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014 ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014 GRAAD 4 AANTAL BLADSYE:10 PUNTE: 60 TYD: 1 UUR NAAM: AFDELING A: Leesbegrip 20 Poësie 18 38 AFDELING B: Taal in konteks

Nadere informatie

LIMPOPODEPARTEMENT VANONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

LIMPOPODEPARTEMENT VANONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES: LIMPOPODEPARTEMENT VANONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD 1. Voltooi al die afdelings. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord. 3. Jy kry 5 minute om die vraestel deur te lees. Moenie

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1 STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1 Fokus: Luister, vertel en illustreer. Nota: Versamel inligting en bou kennis op deur middel van kritiese luistervaardigheid. Leesvaardigheid dra by tot visualisering van

Nadere informatie

Rolprente uit twee verskillende genres *

Rolprente uit twee verskillende genres * OpenStax-CNX module: m25314 1 Rolprente uit twee verskillende genres * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

NAAM: GRAAD: LAERSKOOL DALVIEW. AFDELING A [30] 3.2 n Sterk / Swak punt verwys na iets waarmee jy goed is. GRAAD 4 NOVEMBER 2016

NAAM: GRAAD: LAERSKOOL DALVIEW. AFDELING A [30] 3.2 n Sterk / Swak punt verwys na iets waarmee jy goed is. GRAAD 4 NOVEMBER 2016 2.4 Zoeloe 2.5 Xhosa s 2.6 Basotho s LAERSKOOL DALVIEW GRAAD 4 NOVEMBER 2016 2.1 LEWENSVAARDIGHEDE FORMELE ASSESSERINGS TOETS EKSAMINATOR: Mnr. M. Malot 2.2 Instruksies: Hierdie vraestel bestaan uit 4

Nadere informatie

A Hoe Ram en sy vrou vir Luiperd en Jakkals uitoorlê het A Die luiperd, die ram en die jakkals

A Hoe Ram en sy vrou vir Luiperd en Jakkals uitoorlê het A Die luiperd, die ram en die jakkals JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 204 GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM TOTAAL: 70 HIERDIE MEMORANDUM BESTAAN UIT 5 BLADSYE Geen halwe punte word toegeken By veelvoudigekeuse-vrae word punte toegeken

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2 UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2014 Me.

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) GRAAD 11 PROEFVRAESTEL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) Tyd: 2½ uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel

Nadere informatie

Tema 2: Water. Week Luister en praat. 2. Lees en klanke. Werkboek 1: bl Spellingboek: bl Skrifboek: bl

Tema 2: Water. Week Luister en praat. 2. Lees en klanke. Werkboek 1: bl Spellingboek: bl Skrifboek: bl Tema 2: Water Week 4 Werkboek 1: bl. 31-38 Spellingboek: bl. 15-16 Skrifboek: bl. 13-15 1. Luister en praat Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens

Nadere informatie

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL* GRONDSLAGFASE GRAAD 3 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL PUNTE: 40 TYD: 1 uur *3AFHL* NAAM: VAN: Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I

AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I GRAAD 10 PROEFEKSAMEN 2006 AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I Tyd: 2 uur 80 punte INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ʼn addendum met tekste van (i v) bladsye. Maak asseblief

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind L e s 1 5 Verantwoordelikheid en hoe om Hulp te kry Gedurende hierdie les sal jy: Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind Erken wanneer die

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Nadere informatie

2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS

2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS 2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS Jy gaan drie vraestelle skryf: Vraestel 1: Taal 80 punte tyd: 2 ure Vraestel 2: Letterkunde 70 punte tyd: 2ure Vraestel 3: Skryf 100 punte tyd: 2½ ure Vraestel

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE Hierdie boekie bestaan uit 19 bladsye, die voorblad uitgesluit. RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE

Nadere informatie

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie? Jy moet verstaan dat daar, net soos in Afrikaans of Engels of Spaans, ook n nut is vir n Wiskunde Taal om mee te kan gesels wanneer ons wiskunde doen. Ons gaan nou nog meer daarna kyk, en die reëls vir

Nadere informatie

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS Eksaminator: M. Swanepoel 11 September 2015 Moderator: C. van Niekerk, B. Oliphant 40 punte 60 minute Naam: Memorandum Graad 8/ Instruksies:

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee Kinderwerf.co.za leesprodukte (2014) Evalueringsvorm Meer inligting Gratis diftongkaart Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Beantwoord die volgende vrae om te kyk of die leesmateriaal op julle van

Nadere informatie

Totaal: 95 NAAM: VRAAG 1: Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae in vol sinne:

Totaal: 95 NAAM: VRAAG 1: Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae in vol sinne: SKOOL AFRIKAANS - GR 5 30 November 2010 Eksamen Tyd: 120 min Totaal: 95 NAAM: Instruksies 1. Vul eerstens jou naam en van op hierdie antwoordblad neer. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord. 3.

Nadere informatie

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week Weeklikse lesbeplanning Eerste kwartaal 1. My skool Week 1 (Week 1 4 handel hoofsaaklik oor aftrek) Voorbeeld: 12 + 9 Werkkaart 1 19 getalkaarte gebruik vir hersiening. getalle te skryf, sodat u kan sien

Nadere informatie

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal Dag 1 8 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart: ee Dubbelklankstorie: ee (bl. 7) Assosiasieprent 1: ee vir een (bl. 108) Assosiasieprent 2: ee vir beer (bl. 109) Rympie: Die beer (bl. 110) Natrekvel

Nadere informatie

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Week 3 Werkboek 1: bl. 19-30 Spellingboek: bl. 13-16 Skrifboek: bl. 10-12 1. Luister en praat Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is. Hoe om breuke met mekaar te vergelyk Jou ma het sjokoladekoeke gebak. Sy het een in gelyke dele verdeel en die ander in gelyke dele. Jy wil graag die grootste stuk koek hê, maar weet nou nie van watter

Nadere informatie

GRAAD 4 SEPTEMBER VRAESTEL VRAAG 1 (1) (1) (1) (1) (1) VRAAG 2. Pas die letter van die prente hieronder by die korrekte beskrywing.

GRAAD 4 SEPTEMBER VRAESTEL VRAAG 1 (1) (1) (1) (1) (1) VRAAG 2. Pas die letter van die prente hieronder by die korrekte beskrywing. GRAAD 4 SEPTEMBER VRAESTEL VRAAG 1 1. 1 Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. a) Ons hoofbron van energie is plante. b) Daar bestaan net een soort energie. c) Energie word in plante gestoor.

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM STEL 1: 2012 VOORBEELD

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM STEL 1: 2012 VOORBEELD JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM STEL : 202 VOORBEELD JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL STEL VOORBEELD MEMORANDUM VRAAG MOONTLIKE ANTWOORDE

Nadere informatie

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi!

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi! Naam: Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi! 1 As jy die prentjie sien is daar iets wat jy moet doen. So lees die opdrag mooi. Skryf al die

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2½ UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller Mei 2015 Me.

Nadere informatie

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde?

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde? 14 Energie Wat weet ek van energie 1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde? 3. Gebruik die soorte energie in die blokkie en vul die regte

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 40 TYD: 1 uur LEERDER: SKOOL: DISTRIK: AREA KANTOOR: Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Nadere informatie

Hersiening. Die aksentteken op die letter a wys dat ʼn mens die letter ʼn bietjie harder uitspreek

Hersiening. Die aksentteken op die letter a wys dat ʼn mens die letter ʼn bietjie harder uitspreek Hersiening Naam: A. Skryftekens: die kappie (bv. ê) die deelteken (bv. ë) die aksentteken (bv. é, á, ó) die afkappingsteken (bv. s) die koppelteken (bv. twee-uur) a) Die vrou het iets gesê toe sy na die

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 1

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 1 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 1 Begrip, Opsomming en Taal November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C AFRHIG311 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D10055667-7-C TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM:

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL NOVEMBER 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Sentraalbeplande stelsel

Sentraalbeplande stelsel Hoofstuk 1: Ekonomiese stelsels 1 Definisie van die konsep Ekonomiese stelsel: n Ekonomiese stelsel kan beskryf word as die manier waarop besluite geneem word oor: Hoe produksiefaktore / hulpbronne (kapitaal,

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing Doel van les: Ons leer vanaand verder oor die Vrug van die Gees en ons gaan gesels oor Geduld en Self Beheersing - wat dit is en hoe om dit toe

Nadere informatie

vraestel bestaan uit 7 bladsye

vraestel bestaan uit 7 bladsye Toets Hoërskool Montana SS/SW Graad 8 Vervoer en Franse Revolusie 15 September 2011 LU1 AS2a; LU2 AS1, 2; LU3 AS2 Naam en van: Gr.8 Eksaminator: Mnr L Taute Moderator: Mnr H Smit Mnr E Kleynhans Groot

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 Les 12, 13, 14 & 16 Tyd: 120 min Totaal: 100 NAAM: Instruksies: 1. Vul eerstens jou naam en van op die vraestel in. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord.

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal Dag 1 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart: oo (Apparaat) Dubbelklankstorie: oo (bl. 7) Assosiasieprent 1: oo vir oog (bl. 91) Assosiasieprent 2: oo vir boom (bl. 92) Letterkaarte Natrekvel oo

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 EHLANZENI STREEK JUNIE 2014 GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 PUNTE : 100 TYD : 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 10 TOTAAL: 100 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

Wiskunde Graad 4. November 2016

Wiskunde Graad 4. November 2016 1 Wiskunde Graad 4 November 2016 Vraag 1 Voltooi die volgende hoofreken vrae: 1.1 5746 200 = 5546 1.2 5 9 = 45 1.3 + = 1.4 250 + 350 = 600 1.5 546 0 = 546 1.6 700 10 = 70 1.7 1 = 1.8 30 7 = 210 1.9 14

Nadere informatie

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer.

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer. Naam: 1 Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer. Waar jy die sterretjie sien is daar n opdrag. Kyk mooi!! Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan

Nadere informatie