KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1."

Transcriptie

1 KERSFEES SKRIFLESING: Matteus 2:1-12 TEKS: Matteus 2:11 TEMA: Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies Psalm 67 : 1, 2 1 Psalm 119 : 7 Psalm 66 : 2 Skrifberyming 45 (18-7) : 3, 10 Skrifberyming 78 (13-3) 1 Gebed om genade en koestering, en versugting dat die hele waarde die Here sal ken en sal loof.

2 2 Wie is Jesus van Nasaret? Dit bly die heel belangrikste vraag vir elke mens op hierdie aarde; want as die Christelike geloof reg is oor wie Hy is, dan kan jy Hom nie ignoreer of op n afstand hou sonder om jouself ewige skade aan te doen nie. Wie glo ons as Christene is Hy? Die antwoord wat ons as Christene op hierdie vraag gee, het ons nie self uitgedink nie. Dis vir ons gegee in die Bybel, onder ander in die beskrywing van Sy lewe en Sy woorde en Sy doen en late toe Hy hier op aarde was. En dit begin al met die beskrywings van die gebeure rondom Sy geboorte, waarmee baie duidelik vir ons gewys word wie Hy is. Soos hierdie besoek van die sterrekykers uit die Ooste aan die kindjie Jesus, wat duidelik wys dat Hy God en Koning oor álle volke is Maar kom ons vat dit treetjie vir treetjie. Ons kyk in die eerste plek, na wat hier gebeur het en dan na hoe dit vir ons wys wie Hy is. 1. WAT GEBEUR HET Ons hoor hier van n besoek van sterrekykers uit die ooste aan die kindjie Jesus terwyl Hy en Sy ouers 2 nog in Betlehem was. Die ander Afrikaanse vertaling 3 praat van die besoekers as wyse manne. Wat hulle inderdaad was, want soos iemand tereg gesê het: - al was hulle dalk voor hierdie gebeure nie sulke wyse manne nie, nóú het hulle wyse manne geword, want enige iemand wat die Here Jesus soek, is wys Maar die term wat hier in die oorspronklike taal vir hulle gebruik word, sê dat hulle magiërs was. Magiërs was oor die algemeen belangrike en gesiene mense in die heidenwêreld van destyds. 2 Vers 11 verwys net na Maria, maar dit wil nie noodwendig sê dat Josef op daardeie satdium nie by was nie. 3 AV 1933/53

3 3 Hulle was bekend vir hulle bestudering van die sterre en ander hemelliggame. In n sin kan jy sê dat hulle in vandag se terme astronome was mense wat die sterre wetenskaplik bestudeer het. Maar omdat hulle bygelowige heidene was, was hulle ook astroloë m.a.w. mense wat geglo het dat hulle uit die stand en bewegings van die sterre allerhande bonatuurlike aanduidings kan kry, byvoorbeeld oor wat in die toekoms gaan gebeur. Jy kry vandag in die Westerse wêreld weer al hoe meer van hierdie soort mense mense wat so n skeppie wetenskaplike kennis met n groot skep tipiese Oostersesoort-godsdiensdenke vermeng en dan so n New Age brousel voorsit. Hier word nie vir ons gesê van watter land af hierdie sterrekykers gekom het nie, net dat hulle uit die ooste gekom het, uit die rigting waar die Babiloniërs en die Perse en sommige van die Arabiere gebly het. Dat hulle uit die ooste was, sê wel dat hulle nie Israeliete was nie. Hulle was nie lede van die verbondsvolk nie. Hulle was uit die nasies wat die kerk van die daardie tyd die Judeërs, die Jode geken het as heiden-nasies. Ons weet ook nie hoeveel sterrekykers na die Here Jesus kom soek het nie. Die legende dat dit drie was, is waarskynlik n afleiding uit die feit dat daar drie soorte geskenke genoem word wat hulle vir hierdie Kindjie gebring het. Maar dis glad nie n noodwendige afleiding nie. Hulle kon net so wel net twee gewees het, of tien. Hulle t gekom omdat hulle n ster gesien het wat vir hulle gewys het dat die Koning waarvoor die Jode so lank gewag het, gebore is. Of hierdie ster, wat in vers 2 Sy ster (= Jesus se ster) genoem word, een of ander spesiale stand of verskyning van bekende hemelliggame was en of dit dalk n buitengewone of selfs bonatuurlike astronomiese verskynsel was, weet ons nie.

4 4 Waarskynlik was dit iets buitengewoons en bonatuurliks n wonderwerk van God; want die gewone sterrekundige verskynsels wat ons ken, sal mense moeilik tot by so n spesifieke plek soos n huis kan lei, soos wat hierdie ster gedoen het. Maar hoe ook al, deur een of ander sterreteken, met of sonder gebruikmaking van hulle wetenskaplike kennis en bygeloof, het die Here hierdie sterrekykers na Israel toe gelei in n soektog na die Koning van die Jode wat gebore is. Terloops, sien u hoe die Here met heidene werk, mense wat nie die Bybel het nie? - Hy praat met hulle deur Sy skeppingswerke, deur die natuur, deur dit wat in die teologie Sy algemene openbaring genoem word. Maar let ook op dat die natuur alleen nie genoeg is nie. - Sonder die Bybel, Miga 5:1, sou hulle nie ingelig kon word dat die Koning wat hulle soek, in Betlehem gebore sou word nie. - Die algemene openbaring moet deur die besondere openbaring aangevul word voordat mense die Here kan vind Dis wat hier gebeur het: - sterrekykers uit die heiden-nasies word na die kindjie Jesus in Betlehem toe gelei en hulle kom vereer Hom daar. 2. WAT DIT VIR ONS VAN JESUS WYS Dit wat hier gebeur het, het nie maar sommer net gebeur nie. God het dit alles spesifiek só laat gebeur om daarmee te wys wie hierdie Kindjie Jesus regtig is. En die Heilige Gees het gesorg dat dit in die Bybel opgeteken is, sodat ons ook uit hierdie gebeure van destyds kan leer verstaan wie Jesus is. Daar word in hierdie gebeure ten minste drie dinge van hierdie Kindjie vir ons gewys. In die eerste plek dat hierdie Kindjie self ook God is! Hierdie sterrekykers, wat duidelik in hulle koms en in hulle hele optrede deur God gelei is, het, toe hulle die Kindjie sien, gekniel en aan Hom hulde bewys. Letterlik: hulle het neergeval en Hom aanbid.

5 Die Griekse woord wat hier met hulde bewys vertaal is, is n woord wat op tientalle plekke in die Nuwe Testament gebruik word; en op twee uitsonderings na, wat baie duidelike uitsonderings is, verwys hierdie woord altyd na aanbidding - na religieuse verering; - na daardie soort verering waarop geen ding en geen mens en selfs geen engel reg het nie net God! Hierdie Kindjie word hier as Gód aanbid. Al was Sy Godheid op hierdie stadium nie duidelik sigbaar nie Hy t soos enige ander weerlose kindjie gelyk was die Goddelike natuur ook hier in Hom 4 en daarom word Hy aanbid. 5 Met dit wat God hier laat gebeur dat mense kom en voor hierdie Kindjie neerval en Hom aanbid wys God vir ons dat hierdie Kindjie nie maar net nog n mensie is nie, dat Hy nie maar net Maria se seuntjie is nie, maar dat Hy ook die Seun van God is God self wat mens ook geword het en in hierdie wêreld ingekom het om sondaars te red. In die tweede plek wys hierdie gebeure vir ons dat hierdie Kindjie n Koning is. Het dit u getref dat die geskenke wat hierdie sterrekykers bring, nie tipiese geskenke is vir n babatjie of vir n seuntjie nie, maar die soort geskenke wat destyds vir konings gegee is: goud, wierook, mirre? 5 Dis ook nie die soort geskenke wat jy vir n arm kindjie van arm ouers (soos wat Josef en Maria blykbaar was 6 ) sou gee nie; - dis nie noodsaaklike en handige gebruiksartikels nie; - die goud sou seker n bietjie kon help vir arm mense, maar die wierook en mirre, wat gom van spesiale plante is en wat veral gebruik is om te brand vir die heerlike geure wat dit afgee, was n stukkie weelde. Dis geskenke vir n koning! 7 4 NGB Kon 10:10; Ps 72:15; Jes 60:6 6 Luk 2:24; vgl Lev 12:8 7 Vir baie eeue leef al in Christelike kringe die gedagte dat die goud wys dat Jesus Koning is, want goud pas by konings; terwyl die wierook, wat ook as offer by die tempel gebring moes word (Exod 30:34), wys dat Hy God is; en die mirre, wat ook as balsem-salf by Sy begrafnis gebruik is (Joh 19:39), weer wys dat Hy ware mens ook is, wat vir ons sou ly en sterf en begrawe word.

6 6 Verstaan julle kindertjies dit? Hierdie sterrekykers het vir Jesus presente gegee. Maar dit was nie speelgoed of kleertjies of so iets wat mense gewoonlik vir klein kindertjies gee nie. Hulle t vir Hom presente gegee wat ryk mense in daardie tyd vir konings present gegee het; want hulle t geweet: hierdie kindjie Jesus is ons Koning! Deur die sterrekykers met sulke geskenke na Jesus toe te lei, wys God dat hierdie Kindjie nie maar net n gewone seuntjie van n gewone Joodse gesinnetjie van destyds was nie, maar dat Hy n koning is, dié Koning, wat Sy mense met Sy lyding en dood en opstanding vir hulle vir altyd van hulle gevaarlikste vyande sou verlos. In die derde plek word met dit wat hier gebeur het, ook vir ons gewys dat hierdie Kindjie, wat God en Koning is, dit is vir álle volke. Dis mense uit heidennasies wat Hom hier kom vereer, nie Israeliete nie; nie lede van die verbondsvolk nie. Hier begin dit waarvan die Israeliete in hulle Psalms al gesing het, gebeur, byvoorbeeld in Psalm 72, waar juis gesing word van die Messias-Koning wat sou kom: - Mag al die nasies hom dien. 8 - Mag die koning se naam altyd onthou word, mag sy roem duur solank as die son daar is, sodat al die nasies hulle in sy regering verlustig en hom prys! 9 Hier begin dit waarvan die profete al geprofeteer het, gebeur, byvoorbeeld wanneer Jesaja weergee hoe God vir Sy Dienaar wat as Verlosser sou kom, sê: - Ek maak jou n lig vir die nasies, sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik Ps 72:11b 9 Ps 72:17

7 7 Hier is solank al n voorsmakie van hoe die apostels na Jesus se opstanding uit die dood uit van al die nasies dissipels moes gaan maak het, 11 en van wat op Pinksterdag gebeur het, toe die Heilige Gees gelowiges in allerrhande tale van die wêreld oor die groot dade van God laat praat het, 12 en van die ewige heerlikheid waar die skare voor die troon van God uit alle stamme en tale en volke en nasies gaan kom! 13 Nie net getroue Israeliete, verbondsmense, soos Simeon en Anna, 14 nie, en nie net die armes en eenvoudiges, soos die herders, 15 nie, maar ook uit geleerdes uit heidennasies, soos hierdie sterrekykers, het in hierdie Kindjie hulle God en Koning gekry! Dis regtig sprekende gebeure wat ons vanoggend gelees het, gebeure wat vir ons wys dat hierdie Kindjie ook God en Koning is, vir alle volke TEN SLOTTE Daar is nie n belangriker vraag vir enige mens as hiérdie een nie: wie is Jesus van Nasaret? As jy hierdie vraag ignoreer, of as jou antwoord bly by iets soos: - hy was n groot man; - hy was n spesiale mens; - hy s een van die belangrike godsdiensleiers van die mensdom; - hy s n profeet; - hy s n wonderlike voorbeeld vir ons, dan s jy op pad na ewige afgronde toe. Dis eers as jy bely, met die geloof wat die Heilige Gees vir jou gegee het, bely dat jy van Hom glo wat met hierdie gebeure vir ons van Hom gewys word dat Hy die God en Koning van mense uit alle volke is, dat Hy ook jóú God en Koning is dis eers dán wat jy die pad na die lewe toe gevind het. 10 Jes 49:6 11 Mat 28:19 12 Hand 2:8 e.v. 13 Openb 5:9; vgl ook 21:24, Luk 2:25 e.v. 15 Luk 2:8 e.v.

8 Jy moet sién wat God met hierdie gebeure vir ons wys. En jy moet dit gló. En jy moet jou lewe daardeur laat beïnvloed: - as Jesus God is, dan moet Hy deur ons aanbid word; - en as Hy Koning is, dan moet Hy deur ons vereer word, onder andere deur ons hele lewe as n geskenk aan Hom te gee; - en as Hy dan álle volke se God en Koning is, dan moet ons help dat hierdie kennis by alle volke uitkom. Dis eers as jy sien wat hierdie gebeure wys, en dit glo, en daarvolgens lewe, wat Kersfees regtig vir jou iets begin beteken 8 AMEN

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Ek wil baie graag weet: was daar spesifiek met Jesus se geboorte 3 wysemanne en wat was hulle elkeen se naam?

Ek wil baie graag weet: was daar spesifiek met Jesus se geboorte 3 wysemanne en wat was hulle elkeen se naam? Drie Wyse Manne Drie Wyse Manne Jan van der Watt Una vra: Ek wil baie graag weet: was daar spesifiek met Jesus se geboorte 3 wysemanne en wat was hulle elkeen se naam? Antwoord: Prof Jan van der Watt antwoord:

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Net die ware God kan vooruit sê wat gaan gebeur

Net die ware God kan vooruit sê wat gaan gebeur SKRIFLESING: Jesaja 42:1-17 TEKS: Jesaja 42:9b TEMA: Net die ware God kan vooruit sê wat gaan gebeur Skrifberyming 34 (2-2) : 1, 2 Psalm 86 : 5, 6 Skrifberyming 4 (4-4) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding. KERSFEES SKRIFLESING: Lukas 2:8-20 TEKS: TEMA: OPSKRIF: Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding. NÄ Kersfees wat dan? Psalm 145 :

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. 1 Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. Vooraf sang Lied 241:1,2; Nuwe Sb: God spreek deur sy Seun vers 1,2 (Mel Lied 271) Intreelied: Lied 151:1,2 Votum Seëngroet Lofsang: Lied

Nadere informatie

1 Johannes 5: /03/2014

1 Johannes 5: /03/2014 1 Johannes 5:9-12 23/03/2014 Iets wat ek seker is julle al baie gehoor het, is, ken jou status. En dis presies waaroor ek ook vanoggend met julle wil praat oor - ken jou status Ek dink nie enige iemand

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan L 269:2 God bly met u, waar u ook mag gaan. Deur sy sterke hand behoed Hy, daagliks

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees 1 Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees Voordrag gehou by die konferensie oor Skrifgesag op 24 September 2014 by die Gereformeerde Kerk

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

JESAJA 1:14. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 43 : 3. Gebed

JESAJA 1:14. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 43 : 3. Gebed JESAJA 1:14 Votum en seën Psalm 66 : 1 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 43 : 3 Gebed Skriflesing: Jesaja 7:1-16 (AV 1933/53) Teks: Jesaja 7:14 (AV 1933/53) 1 Skrifberyming

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) 1 Preek Genesis 15:5 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) Voor die erediens Sing: Lied 464:1,2 Sing: Psalm 67-2:1,3 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed.

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed. JOHANNES 8:32 Votum en seën Psalm 92 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7 Gebed Psalm 91 : 8 Skriflesing: Johannes 8:31-47 (AV 1983/91) Teks: Johannes

Nadere informatie

Preek 1 Petrus 2:9-12

Preek 1 Petrus 2:9-12 1 Preek 1 Petrus 2:9-12 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 11 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Sing: Lied 308:1,2,3,5 Sing: Lied 309:1,2,3

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2. SKRIFLESING: Prediker 1:1-11 TEKS: Prediker 1:3 TEMA: Los van God bied die lewe niks Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2 Psalm 90 : 2, 3 Psalm 90 : 1, 9 Ook: Ps 39 : 3, 4 Ps 102 : 11, 12 Wanneer

Nadere informatie

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 TEMA: Jesus Christus is anders Koning. Psalm 2 : 4 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2 Psalm 72 : 6, 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 45 Ps 48

Nadere informatie

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. 1 BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. Openbaring 1:1-8: In die eerste verse vind ons die oorsprong van die boek Openbaring: God self! Hy het dit aan Jesus Christus gegee om dit verder deur te

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop Christo Nel het n brief geskryf aan alle predikante in Reformatoriese

Nadere informatie

Elisa, Man van Wonderwerke

Elisa, Man van Wonderwerke Bybel vir Kinders bied aan Elisa, Man van Wonderwerke Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 25 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5. SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2 2

Nadere informatie

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 11:36 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 150-1:1,2,3 Sing: Psalm 99-1:1,2,5 Sing: Psalm

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom SKRIFLESING: Matteus 25:14-30 TEKS: Matteus 25:19 TEMA: Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom Psalm 92 : 1, 2 Skrifberyming 31 (7-1) : 3 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6. HEMELVAART SKRIFLESING: Johannes 14:1-14 TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) TEMA: Jesus Christus is hemel toe vir ons Psalm 2 : 4, 6 Psalm 68 : 8 Psalm 84 : 1, 2 Ook: Psalm 24 : 4, 5 2 Jesus se hemelvaart

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die 2016-proefvertaling getoets(2) Dr AH Bogaards 1. Inleidend Op die tuisblad van die vertalingsprojek (http://www.nuwekerkbybel.co.za)

Nadere informatie

Hy is die Here - kom bring Hom lof en ere Dis Kersfees - dis Kersfees Loof Hom almal saam Kersfees - dis Kersfees Loof sy heilige naam

Hy is die Here - kom bring Hom lof en ere Dis Kersfees - dis Kersfees Loof Hom almal saam Kersfees - dis Kersfees Loof sy heilige naam Dis Kersfees Met middernag keer feestelik weer die stonde Toe God as mens neergedaal het na ons Om ons te bevry van die mag van sonde en ons te red van die dood en die hel 'n Nuwe hoop vervul die hele

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: E. Frischbutter Storie 24 van 60 www.m1914.org Bible for Children,

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

JESAJA 50:4a. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 2, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 45 : 9, 10.

JESAJA 50:4a. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 2, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 45 : 9, 10. JESAJA 50:4a Votum en seën Psalm 45 : 1, 2, 6 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 45 : 9, 10 Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: Jesaja 50:4-11 (AV 1933/53) Teks:

Nadere informatie

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 Votum en seën Psalm 2 : 6 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 86 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983) Belydenis: HK 30:81 Teks: Matteus

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

Hoop op God vat onrus in die hart weg

Hoop op God vat onrus in die hart weg SKRIFLESING: Psalm 42 en 43 TEKS: Psalm 42:12 TEMA: Hoop op God vat onrus in die hart weg Psalm 90 : 1, 2 Psalm 90 : 4 Psalm 73 : 1 Psalm 130 : 3, 4 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Pss 42 : 6, 7; 43 : 5;

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

In nood kan ons God as Vader aanroep.

In nood kan ons God as Vader aanroep. SKRIFLESING: Jesaja 63:7 64:12 TEKS: Jesaja 63:16 en 64:8 HK 9 TEMA: In nood kan ons God as Vader aanroep. Psalm 33 : 1 Skrifberyming 17 (17-1) : 5, 6 Psalm 103 : 7 Psalm 33 : 11 Ook: Ps 104 Sb 33 2 Na

Nadere informatie

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) MATTEUS 27:46 Votum en seën Skrifberyming 5-3 (8) : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) Psalm 22 : 1 Preek: Jesus is deur God verlaat, sodat dit nooit met

Nadere informatie

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene DIE JOODSE FEESTE Lev.23:1-3 Moet ons as Christene ook die Joodse feeste hou? Is hierdie Ou Testamentiese Feeste ook verpligtend onder die Nuwe Testament? Of kan ons kies of ons dit wil hou? Of moet ons

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. SKRIFLESING: Efesiërs 6:1-4 TEKS: Efesiërs 6:1-4 HK 39 TEMA: Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. Psalm 103 : 1 Psalm 25 : 3 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 7 Psalm 103 : 9 1 Ons wil

Nadere informatie

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop.

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. SKRIFLESING: Matteus 27:62 28:15 TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17 TEMA: Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. Psalm 118 : 12 Psalm 37 : 17, 18 Psalm 16 : 5 Psalm 71 : 1, 2 1 Daar word

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

LUKAS 2:11. Votum en seën. Psalm 150 : 1, 2, 3. Gebed. Skriflesing: Lukas 2:1-20 (AV 1983/91) Teks: Lukas 2:11 (AV 1983/91) Skrifberyming 51 (3-1) : 3

LUKAS 2:11. Votum en seën. Psalm 150 : 1, 2, 3. Gebed. Skriflesing: Lukas 2:1-20 (AV 1983/91) Teks: Lukas 2:11 (AV 1983/91) Skrifberyming 51 (3-1) : 3 LUKAS 2:11 Votum en seën Psalm 150 : 1, 2, 3 Gebed Skriflesing: Lukas 2:1-20 (AV 1983/91) Teks: Lukas 2:11 (AV 1983/91) Skrifberyming 51 (3-1) : 3 Preek: Jesus (Wie se geboorte ons vier) is Verlosser,

Nadere informatie

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar.

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. SKRIFLESING: Matteus 27 : 32-56 TEKS: Matteus 27 : 39-44 HK 15 TEMA: Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. Psalm 45 : 1, 5, 16 Psalm 130 : 1,2 Psalm 69 : 1, 4 Skrifberyming 16 (11-3) : 8, 9, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

JONA 2:2. Votum en seën. Psalm 148 : 1. Gebed. Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12

JONA 2:2. Votum en seën. Psalm 148 : 1. Gebed. Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12 JONA 2:2 Votum en seën Psalm 148 : 1 Gebed Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12 Preek: Al tug God Sy kind, hoor Hy nog as dié Hom roep Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie