Dooppreek Psalm 139. Dr AH Bogaards. 16 Desember 2012

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Dooppreek Psalm 139. Dr AH Bogaards. 16 Desember 2012"

Transcriptie

1 1 Dooppreek Psalm 139 Dr AH Bogaards 16 Desember 2012 Lees: Psalm 139; Ef 4:8-10 Teks: Psalm 139:13-16; Ef 4:9b; Ps.22:10-11 Psalms: Ps 48:1,5; 98:1,2; 139:1,12; 146:8; 139:6,7,8; 22:4 1. Inleiding By die lees van ons Skrifgedeeltes verrys voor ons oë twee kunswerke twee kunswerke, wonderwerke uit die Vaderhande van God: Die een kunswerk van die hemelse Kunstenaar is Moné, die kind wat vandag gedoop is en elke verbondskind; Die ander Goddelike Kunswerk is ook n Kind: die Kind Jesus, die Seun van God. Twee hemelse kunswerke - en die twee het álles met mekaar te make. Daar is allernouste verband tussen die twee. Dit moet ons goed vashou. Ek wil die verband tussen die twee so omskryf: Deur die tweede kunswerk, deur die geboorte van die Seun van God, maak God se Vaderhande die eerste kunswerk, die gelowiges en hulle kinders, so hemels mooi, so heerlik volmaak. Maar die tweede kunswerk maak die eeerste nie net mooi nie. Die tweede kunswerk is ook die geheim waarom God sy eerste kunswerk oral en altyd liefdevol met sy Vaderhande sal omring en sal dra. Ja, die bloed van die Seun is die waarborg dat ons deur God se almagtige Vaderhand aan alle kante ingesluit sal word en gehou sal word op die ewige weg. Wat mensehande, ouerhande, domineeshande nie kan doen nie, dit doen God. Ek staan met u stil by drie gedagtes: 1. Die HERE se oralteenwoordige Vaderhand 2. Die HERE se oralteenwoordige Vaderhand en Christus

2 2 3. Die HERE se oralteenwoordige Vaderhande en ons gevoude hande 2. Inhoud 2.1 Die HERE se oralteenwoordige Vaderhand Psalm 139 eindig soos dit begin: Dit begin met Dawid se belydenis in vers 1: HERE, U deurgrond en ken my. En dit eindig in vers 23 met dieselfde woorde, maar dan in gebedsvorm: Deurgrond my, o God, en ken my hart. Die Psalm word dus ingesluit tussen hierdie twee verse. Dit word omraam deur hierdie woorde. So n omraming is n bekende digvorm in Hebreuus. Met hierdie omraming wil die digter presies vir ons sê waaroor dit in Psalm 139 gaan. Dit gaan om 2 dinge wat die HERE doen: 1. die HERE deurgrond my en 2. die HERE ken my. Hierdie gedagtes gaan die Psalmdigter verder uitwerk in die verse wat tussenin lê. Ek begin by die woord ken: HERE, U ken my. Dit is n baie bekende woord in die Psalms. Psalm 1:6 begin al daarmee: Die HERE ken die weg van die gelowiges. Die woord ken loop soos n goue draad deur die Psalms. Ons kan sê: Dit vorm die groot tema, die heerlike boodskap van die Psalms en die hele Bybel. Nou moet ons goed verstaan wat met hierdie ken bedoel word. Dat die HERE my ken, beteken nie maar net dat die HERE alles van my af weet nie. Dit natuurlik ook. Maar die woord ken het nog n ryker, n troosvoller betekenis: Dit gaan om n liefdevol ken; dit beteken dat die HERE liefderyk met my bemoeienis maak; Hy omring my met dade van Vaderliefde en sorg. Ek kan die liefdevol ken nie beter omskryf as met die woorde van vers 5 nie: HERE U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. God se liefdevol ken kan ons in een woord omskryf: Vaderhand. Die HERE se ken dit is sy Vaderhand wat Dawid en my aan alle kante insluit en beskerm en lei. En in vers 6 tot 12 vertel Dawid hoe daardie hand hom nie net heeltemal insluit nie, maar ook altyd omring.

3 3 Altyd en oral is en was die Vaderhande daar. Ja, altyd en oral en dan daal Dawid neer na die heel eerste begin van sy bestaan in vers 13 tot 16: Toe niemand nog van my bestaan bewus was nie, het God al van my geweet: My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie (v 15). Toe geen mense-oog of sonar my nog gesien het nie, het God my gesien: U oë het my ongevormde klomp gesien (v 16). Maar nie net sy oë was daar nie, maar ook sy Vaderhande. Ja, want juis daardie Vaderhande juis dit is die Kunstenaarshande wat my gemaak het. Ons hele ontstaan en vorming in die moederskoot word beskrywe as n kunswerk van God, n kunstige borduurwerk: Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef (v 13); my gebeente... is kunstig geweef in die dieptes van die aarde. (v 15) Dit is diep aangrypend as ons die Bybel se beskrywing van ons onstaan hoor: Vaderhande het ons gevorm, Vaderhande het ons as die mooiste kunswerk borduur, kennende Vaderhande, liefdevolle Vaderhande, Vaderhande wat my daar reeds ook bedek het. En toe, toe was die geboorte-oomblik daar en toe ja, toe was die Vaderhande steeds daar. Want in Psalm 22 vers 10 en 11 sê Dawid: Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors. Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God. Ouers, het julle al só daaraan gedink: Toe die kindjie deur doktershande uit die moederskoot gehaal is, was dit ten diepste God se Vaderhande wat haar uitgetrek het? Dit is n oorweldigende gedagte: Die Vader het haar aan julle oorgegee. Julle het haar uit die Vaderhande van God ontvang sy kunswerk waarvan julle ouers moet wees. Wat n verantwoordelikheid. Hierdie kosbare kunswerk van die Vader in ons klein mensehandjies. Maar daar is iets in Psalm 22 wat nog baie, baie meer oorweldigend is so troosryk as ons dink aan ons swak mensehande. Want die kind word deur die Vader nie net aan die ouers oorgegee nie, maar, sê Dawid: Aan U (HERE) is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God. Sy is nie net in ouerhande nie, maar die Vaderhande neem haar en gee haar oor in God se Vaderhande. Wat n rus vir ouers. Maar hierdie kunswerk en hierdie ken, hierdie liefde van die Vaderhande word nog mooier, as ons na die tweede Kunswerk kyk: die geboorte van die Seun van God.

4 4 2.2 Die HERE se oralteenwoordige Vaderhand en Christus Maar om iets te verstaan van die noodsaak en die wonder van hierdie tweede kunswerk, moet ek eers iets vertel van kunswerk nommer 1 - iets wat nie so mooi is nie. Hierdie mooi kunswerk van God is naamlik bederf deur ons sondeval in die paradys. Adam se sonde was ons sonde en deur sy sondeval is ons almal alreeds in die moederskoot met die sonde bevlek. Reeds van ons heel eerste begin af het ons sondeskuld en reeds voor ons geboorte het ons n sondige natuur. Dawid huil daaroor in Psalm 51:5: Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. En as dit van ons sou afhang, sou nie een van ons op die goeie weg van God gekom én gebly het nie. En nou kom ek by die tweede sleutelwoord van Psalm 139: HERE, U deurgrond my. Dit is n term uit die regswêreld. n Goeie regter deurgrond n misdadiger. Hy kyk dwarsdeur hom, sal ons sê. Met die hemelse Regter is dit in volkome sien waar. Hy ken die swart, verborge dieptes van ons hart. Maar nou die hemelse wonder: Die Vader laat dit nie daarby dat sy kunswerk bederf word nie, maar Hy kom met n tweede kunswerk. Hy stuur sy Seun. En daarin bereik sy ken, sy liefdevol ken, n ongekende hoogtepunt. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (Joh 3:16) En daarvan lees ons in Efesiërs 4 vers 9: Hy het neergedaal het in die onderste dele van die aarde. Die onderste dele van die aarde - dit is woorde wat uit Psalm 139:15 kom, want daar lees ons dat ons deur God kunstig geweef is in die dieptes van die aarde. Met die onderste dele van die aarde van Efesiërs 4 en met die dieptes van die aarde van Psalm 139 word dieselfde bedoel: die moederskoot. Die Seun van God het neergedaal in die moederskoot van Maria. Hy was n kunswerk van die Vader deur die Heilige Gees. Maar dit was n kunswerk met n verskil: Want waar ons as n kunswerk bevlek met die sonde gebore word - deur eie skuld -, daar is die Seun van God sonder sonde gebore. En nou die wonder, die verband tussen kunswerk nommer een en kunswerk nommer twee, die verband tussen ons geboorte en Christus se geboorte: Hy is gebore met onskuld en volkome heiligheid om my sonde, waarin ek ontvang en gebore is, voor die aangesig van God te bedek (HK 14:36).

5 5 En ouers, dit het julle ook bely met julle ja op die doopsvrae: Hoewel ons kinders in sondes ontvang en gebore en daarom aan allerhande ellende, ja, aan die verdoemenis self, onderworpe is, bely ons nogtans dat hulle in Christus geheilig is. Deur kunswerk nommer 2 word kunswerk nommer 1 weer volmaak mooi, heilig. Deur kunswerk nommer 2, deur die bloed van Christus, word sy gewas en moet sy gewas word. En dit is wat afgebeeld word met die water van die doop. Ook in die doop sien ons God se Vaderhand: God wat sy Vaderhand op haar lê en beloof: Ook hierdie kunswerk van Hom wil Hy skoonwas deur die bloed van sy Seun. Ons kom by die laaste punt: 2.3 Die HERE se oralteenwoordige Vaderhand en ons gevoude hande Psalm 139 is vol van God se Vaderhande. En in vers 23 en 24 kry ons nog hande: gevoude hande. Dawid vou sy hande en hy bid: Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! Daarmee gee Dawid sy hele lewe uit eie hande in God se almagtige Vaderhande. Dawid weet hoe swak hy self is en dat hy op sy eie nie op die ewige weg sal bly nie. Maar Dawid weet óók deur die geloof van God se hand en hoe n hand dit is. Ek kom weer terug op die hand van God. Aan die begin het hy gesê: Daardie hand is orals, daardie kennende, liefdevolle Vaderhand. In vers 8-10 bely hy: Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. Ek wil veral u aandag op die laaste woorde vestig: Oral sal u regterhand my vashou. Met hierdie regterhand word Christus bedoel. Hy is die regterhand van God wat op Golgota reddend na ons toe uitgesteek is en ons gered het van sonde, duiwel en dood. Daar is nie n sterker hand as dit nie. Want in Matteus 28 sê Jesus vir sy kerk: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. En nooit is God se kinders sonder daardie hand nie, want dan voeg Jesus daarby: En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Ons het ook netnou daarvan gesing, van hierdie heerlike regterhand:

6 6 Sing nuwe lof aan God die HERE, die God wat wonders het gedaan; sy regterhand, vol sterkte=en ere, sy heil'ge arm bring redding aan. (Ps 98:1 Totius) Psalm 139 eindig met die twee paaie van Psalm 1: Aan die eenkant is daar die weg van smart, die pad van almal wat nie by Christus bly nie; aan die anderkant is daar die ewige weg. Dit is Christus. Hy is immers die weg en die waarheid en die lewe. (Joh 14:6) Self bly ons nie op die goeie weg nie, maar deur God se regterhand word ons gelei op die ewige weg. Christus is nie net die weg nie, maar hy hou ons ook op die weg. Hy hou sy skape in sy hand en, sê Hy in Johannes 10:28-29, Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. 3. Slot Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! Ouers, dit is n gebed wat ons moet bid vir onsself, maar óók vir ons kinders. Dit is die belangrikste wat ons as ouers vir ons kinders kan doen: om hulle uit eie hande in die hande van God te gee. Ons en ons kinders is so swak; ons skrede (= ons treë) is so wankelrig. Bid daarom: AMEN Deurgrond, o HEER, en ken die swart, verborge dieptes van my hart; of diep in my, waar U kan lees, 'n skadelike weg mog wees. En lei voortaan my wank'le skrede tog op die weg van eewge vrede. (Psalm 139:12 Totius)

7 7

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: Psalm 51; Rom.5:12-21 Teks: Psalm 51:7 H.K.: Son.3:6-8, Son.14 Datum: 18 Desember 2005 (Rooiwal & Kandelaar)

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: Handelinge 3:1-4:12 Teks: Handelinge 4:9-12 H.K.: Sondag 11 Datum: 16 Oktober 2012 Ps's: Ps.118:1,2; 118:5,6;

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting) 1 Skriflesing: Psalm 16 Teks: Psalm 16:10-11a Sing- Ps. 68:15; Ps. 23:2; Ps. 2:4 Petrus preek op Pinkstersondag, Psalm 16 (vgl. Hand 2:25-31). Broeder en suster, watter aangrypende Psalm, waar Dawid as

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: Matteus 1 Teks: Matteus 1:20,21 H.K.: Sondag 14 Datum: 20 November 2012 Ps's: Ps 150:1,2,3; Geloofsbelydenis;

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 SKRIFLESING: Johannes 3:1-21 TEKS: Johannes 3:16 INHOUD: Die liefde van God Psalm 149 : 1, 2 Psalm 25 : 3 Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 2 As ons sou weet dat die wêreld hierdie week

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU Geen deel van hierdie publikasie mag reproduseer of vermenigvuldig word in enige vorm of deur enige medium elektronies, meganies, fotografies of enige ander vorm van

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Johannes 4:1-5:12 1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. 1 BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. Openbaring 1:1-8: In die eerste verse vind ons die oorsprong van die boek Openbaring: God self! Hy het dit aan Jesus Christus gegee om dit verder deur te

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding. KERSFEES SKRIFLESING: Lukas 2:8-20 TEKS: TEMA: OPSKRIF: Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding. NÄ Kersfees wat dan? Psalm 145 :

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal) 1 Skriflesing: Handelinge 2:12-36 Teks: Handelinge 2:25-31 Sing- Ps. 31:1,4; Ps. 32:4; Ps. 16: 1,5; Ps. 23:3; Ps. 116 Ps. 66:7 Broeder en suster- Watter voorreg ontvang ons vanoggend om in die tyd wat

Nadere informatie

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD JULLE MOET WEDERGEBORE WORD Deur Abba Vader 23Oktober 2007 om 09;18 Julle moet nie glo dat julle al wedergebore is nie. Die ware wedergeboorte is n langsame en delikate proses. Van julle het al die geestelike

Nadere informatie

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan L 269:2 God bly met u, waar u ook mag gaan. Deur sy sterke hand behoed Hy, daagliks

Nadere informatie

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) MATTEUS 27:46 Votum en seën Skrifberyming 5-3 (8) : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) Psalm 22 : 1 Preek: Jesus is deur God verlaat, sodat dit nooit met

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee.

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee. 1 God se goedheid en Abraham 2.10.16 Lees Efesiërs 3:16-21 INLEIDING Ons is besig met `n reeks preke wat handel oor wie God is. Hoe langer ek hiermee besig is, hoe meer kom ek agter dat dit nogal voorbarig

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: Psalm 130 Teks: Psalm 130 H.K.: Son.1:2 Psalms: 138:1,2; Sk.27; 130:1,2; 130:3,4; 38:1,17 1. Inleiding Dit

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega!

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega! Preek: Openbaring 1 Fokus: Openbaring 1:8,17 Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega! Inleiding Geliefde gemeente, ons het die boek Openbaring nodig net soos die eerste

Nadere informatie

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Rom 8:1 DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 1 Kor 1:2 aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Skriflesing: Johannes 14:1-6; Teks: Johannes 14:2,23 Sing- Ps. 146:4; (Ps. 119:34); Ps. 139:1,2; Ps. 68:15;

Skriflesing: Johannes 14:1-6; Teks: Johannes 14:2,23 Sing- Ps. 146:4; (Ps. 119:34); Ps. 139:1,2; Ps. 68:15; ! 1 Skriflesing: Johannes 14:1-6; 15-27 Teks: Johannes 14:2,23 Sing- Ps. 146:4; (Ps. 119:34); Ps. 139:1,2; Ps. 68:15; Johannes 14:1-6 Joh 14:1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die geboortegeskiedenis van Isak Reeks preke oor die openbaring van die HERE se verbond en uitverkiesing in die

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God. 1 Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God. Vooraf sang Lied 334: 1,2,3,4 Lied 530: 1,2,3. Ontmoetingsdiens Intreelied Sb 3 4: 1,5 Votum Seën Lofsang Ps. 18 1: 1,20 Woorddiens Gebed

Nadere informatie

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd.

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd. Les 2 vir 8 Oktober 2016 Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd. Die Stryd begin. Die Stryd op Aarde. Die

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5. SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2 2

Nadere informatie

In nood kan ons God as Vader aanroep.

In nood kan ons God as Vader aanroep. SKRIFLESING: Jesaja 63:7 64:12 TEKS: Jesaja 63:16 en 64:8 HK 9 TEMA: In nood kan ons God as Vader aanroep. Psalm 33 : 1 Skrifberyming 17 (17-1) : 5, 6 Psalm 103 : 7 Psalm 33 : 11 Ook: Ps 104 Sb 33 2 Na

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1.

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1. KERSFEES SKRIFLESING: Matteus 2:1-12 TEKS: Matteus 2:11 TEMA: Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies Psalm 67 : 1, 2 1 Psalm 119 : 7 Psalm 66 : 2 Skrifberyming 45 (18-7) : 3, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

ADVENT. November 2016

ADVENT. November 2016 1 ADVENT November 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Ons laaste Familienuus vir die jaar en op daardie noot groet ek as Kleingroepe-koördineerder elkeen van julle. Dit was n voorreg om deel van hierdie bediening

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES DIE HEILIGE GEES. Wie is die Heilige Gees? Wat is sy werk? Met hierdie twee vrae betree ons n terrein wat tot n sekere mate binne Gereformeerde kerkverband onder beklemtoon

Nadere informatie

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene DIE JOODSE FEESTE Lev.23:1-3 Moet ons as Christene ook die Joodse feeste hou? Is hierdie Ou Testamentiese Feeste ook verpligtend onder die Nuwe Testament? Of kan ons kies of ons dit wil hou? Of moet ons

Nadere informatie

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 1 paragraaf 17 Teks: Sing- Ps. 131:1,2,3; Ps. 25:6,7; Ps. 128:4

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 1 paragraaf 17 Teks: Sing- Ps. 131:1,2,3; Ps. 25:6,7; Ps. 128:4 1 Skriflesing: Genesis 17:1-8; Handelinge 2:37-40 Belydenis- Dordtse Leerreëls Hoofstuk 1 paragraaf 17 Teks: 1 Korinthiërs 7:14 Sing- Ps. 131:1,2,3; Ps. 25:6,7; Ps. 128:4 Broeder en suster, om n kind uit

Nadere informatie

Pretoria- 14 Augustus 2011

Pretoria- 14 Augustus 2011 1 Skriflesing: Prediker 3:1-15 Teks: Prediker 3:1-2a Sing- Ps.118:1,2; Ps.64:1,6,7; Ps. 104:1,12; Ps. 31:1,12 Broeder en suster- Ons lewe mag vir ons lyk soos n groot legkaart, waar ek baie keer voel dat

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL Instelling van 1 Kor 11: 23-26 Geliefdes in die Here Jesus Christus Die Here het self ingestel. Daarvan getuig Paulus: "Ek het van die Here ontvang wat ek ook

Nadere informatie

Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is

Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is Teks: Matt 6:5-14; Heidelbergse Kategismus, Sondag 46 Fokus: Matt 6:9, Heidelbergse Kategismus, Sondag 46 TEMA: Ons intieme, verhewe Vader. Liturgie

Nadere informatie

GESKENKE AAN N KONING N KERSLES

GESKENKE AAN N KONING N KERSLES GESKENKE AAN N KONING N KERSLES Doel: Om kinders te laat besef wat die ware betekenis van Kersfees is en om hulle te inspireer om geskenke aan die Koning te gee in die vorm van die vrug van die Gees. Skrifgedeeltes:

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Johannes 9:13-34; /03/2014

Johannes 9:13-34; /03/2014 Johannes 9:13-34; 39-41 16/03/2014 Die bekende skrywer, Max Lucado, vertel van n blinde man met die naam, Bob Edens wat 51 jaar lank blind was, voor n oogspesialis sy oë in n baie ingewikkelde operasie,

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1)

Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1) Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1) Preek: Openbaring 1 Fokus: Openbaring 1:8,17 Liturgie Votum Seën Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) OPENBARING 21:9-10 Votum en seën Psalm 122 : 1 Gebed Psalm 46 : 1, 2 Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) Teks: Openbaring 21:9-10 (AV 1983/91) Preek: Die Here se toekoms vir ons Gebed Kollekte

Nadere informatie

Les 11 vir 10 Desember 2016

Les 11 vir 10 Desember 2016 Les 11 vir 10 Desember 2016 Gord dan soos n man jou heupe dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. (Job 38:3) God het in 'n onverwagse en skouspelagtige wyse opgedaag na Elíhu se toespraak. God het

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

Reëls vir God se familie

Reëls vir God se familie Ontmoeting 19 Israel ontvang die die Wet op die berg Sinai Reëls vir God se familie Aan die einde van die ontmoeting moet die kinders besef dat God nie vir ons reëls gegee het om ons te straf nie, maar

Nadere informatie

Pretoria- 10 Junie 2012

Pretoria- 10 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 30:1-16 Teks: Spreuke 30:15-16 Sing- Ps. 18:6,7; Ps. 10:1,7; Ps. 19:2; Ps. 48:3 Gee, gee broeder en suster, ons leef in n tyd wat hierdie twéé woorde sterk staan. Almal wil net nog

Nadere informatie

WAARDES VIR DIE WEDSTRYD REEKS (SONDAG 10 MEI - SATERDAG 13 JUNIE 2015)

WAARDES VIR DIE WEDSTRYD REEKS (SONDAG 10 MEI - SATERDAG 13 JUNIE 2015) WAARDES VIR DIE WEDSTRYD REEKS (SONDAG 10 MEI - SATERDAG 13 JUNIE 2015) INHOUDSOPGAWE VOORWOORD 1 HOE OM DEEL TE NEEM AAN DIE REEKS 2 KERKSONDERMURE SE CREDO 3 OORSIG VAN DIE HELE REEKS *Elke week se inhoud

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die God van heerlikheid en die geboorte en lewe van die kerk Reeks preke oor die openbaring van die God van heerlikheid,

Nadere informatie

PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn

PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn Ontnugtering! Jeremia 15:10, 15-18; 20:7-13 (Die Boodskap-vertaling word gebruik, tensy anders aangedui) 1. Die krisis wat profeet-wees bring As

Nadere informatie

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe

Nadere informatie

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Sakkie Parsons E-Pos Bediening E-pos: sparsons@absamail.co.za Webtuiste: www.sakkieparsons.co.za Sel: 082-568 2704/Tel: 012 543 3669 Tekens Is Vir Die Gelowige en Nie Vir Die Ongelowige Nie Ek wil graag

Nadere informatie

Die HERE openbaar sy genade aan n Fariseër

Die HERE openbaar sy genade aan n Fariseër 1 Die HERE openbaar sy genade aan n Fariseër Die kerk in die spieël van Jona Dr AH Bogaards 2017 Preek 5 Lees: Jona 1:17-2:10 Teks: Jona 2:9 (Reeks Jona nr. 5) Datum: 11 Junie 2017 Psalms: 42:1,2,3; 130:1,2;

Nadere informatie

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop.

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. SKRIFLESING: Matteus 27:62 28:15 TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17 TEMA: Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. Psalm 118 : 12 Psalm 37 : 17, 18 Psalm 16 : 5 Psalm 71 : 1, 2 1 Daar word

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind L e s 1 5 Verantwoordelikheid en hoe om Hulp te kry Gedurende hierdie les sal jy: Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind Erken wanneer die

Nadere informatie

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar.

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. SKRIFLESING: Matteus 27 : 32-56 TEKS: Matteus 27 : 39-44 HK 15 TEMA: Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. Psalm 45 : 1, 5, 16 Psalm 130 : 1,2 Psalm 69 : 1, 4 Skrifberyming 16 (11-3) : 8, 9, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 Votum en seën Psalm 2 : 6 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 86 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983) Belydenis: HK 30:81 Teks: Matteus

Nadere informatie

Die Woord van God, die onderrig van Jesus - dit is die kosbaarste wat die kerk het. Weet ons dit nog?

Die Woord van God, die onderrig van Jesus - dit is die kosbaarste wat die kerk het. Weet ons dit nog? 1 Lees: Luk.10:38-42; Joh.12:1-11 Teks: Luk.10:41-42; Joh.12:2,3 Datum: 2 Februarie 2016 Psalms: Ps.150:1,2,3; 138:1,2; 65:2; 66:1,7; 119:7,19 1. Inleiding: Die Woord van God, die onderrig van Jesus -

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Is jy gelukkig?

Gereformeerde Kerk Bloempark Is jy gelukkig? Teks: Psalm 1 Gereformeerde Kerk Bloempark Is jy gelukkig? Inleiding Is jy regtig gelukkig? Party van ons sal sê, wel ek was al! Daar by die see, toe was ek gelukkig. Maar dit was lank terug dit vat net

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

Hoe werklik is God vir jou? Ons alomteenwoordige God is oral en altyd by jou teenwoordig!

Hoe werklik is God vir jou? Ons alomteenwoordige God is oral en altyd by jou teenwoordig! Sing vooraf staande: Skrifberyming 12-3:1, 2 (nuut) 1 Enigste Here, enkele Wese, / ons glo in U met ons hele hart. Heerlik bely ons, vry-uit getuig ons: / U is vir ewig God en Heer. 2 U, onbegryplik, U

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3 1 KORINTIËRS 10:31 Votum en seën Psalm 92 : 1, 2 [Tweede melodie P van den Burg] Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 15-1 (75) : 2, 4 Gebed Psalm 90 : 1, 9

Nadere informatie