Ons fokus vandag op die tydperk tussen Jesus se opstanding en Sy hemelvaart, en die invloed wat dit op mense gehad het.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Ons fokus vandag op die tydperk tussen Jesus se opstanding en Sy hemelvaart, en die invloed wat dit op mense gehad het."

Transcriptie

1 Jacobus 3:13-18 Ds Willem Kotze Eers agtergrond inligting: Ons fokus vandag op die tydperk tussen Jesus se opstanding en Sy hemelvaart, en die invloed wat dit op mense gehad het. n Tydperk van 40 dae, nadat Jesus uit die dood uit opgestaan het, tot by Sy hemelvaart. n Maand en n half wat gladnie in detail in die Bybel vir ons beskryf word nie. Waar was Hy hierdie hele tyd? Ons weet nie. Enkele grepe uit hierdie tyd word deur die Bybel aan ons geopenbaar soos die verskillende mense aan wie Jesus in hierdie tyd verskyn het. Aan Maria Magdalena daar by die graf, daardie Sondag van Sy opstanding. Die aand aan die dissipels sonder Thomas. n Week daarna weer aan die dissipels, en ook aan Thomas in besonder. Daar was ook ander aan wie Jesus verskyn het, soos o.a. aan Jakobus. Nêrens in die evangelies word hierdie verskyning aan Jakobus vermeld nie, en ons sou nie daarvan geweet het nie, as Paulus dit nie in 1 Kor 15 aan ons meegedeel het nie. In sy skrywe aan die Korinthiers verdedig Paulus Jesus se opstandinbg uit die dood. Hy skryf : Jesus is begrawe en op die 3e dag opgewek. Hy het aan Petrus verskyn, daarna aan die dissipels, daarna aan 500 broers tegelyk en daarna aan Jakobus. Dit is hierdie Jakobus wie se brief ons vanoggend lees... Jakobus 3:13-18 Die onderwerp waaroor Jakobus skryf is n vergelyking tussen aardse wysheid en hemelse wysheid. Die aardse mens teenoor die hemelse mens. Die kenmerke van die aardse mens, vasgevang in aardse wyshied, is selfsugtig, na-ywerig, sinlik, demonies Die kenmerke van die hemelse mens, wat leef met hemelse wysheid is vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye, onpartydig, opreg. Wat n ommekeer in iemand se lewe? Vir Jakobus. In wie hy was teenoor dit wat hy hier skryf, moes daar n totale hartsverandering plaasgevind het. Inskiklik, vredeliewend, onpartydig dit was gladnie Jakobus nie Iets moes in sy lewe gebeur het dat daar so n geweldige verandering plaasgevind het. 1

2 Daardie iets was Jesus se verskyning aan hom nadat Hy uit die dood opgestaan het. Ons weet nie waar en wanneer nie maar in hierdie gesprek moes alles gebeur het. Hierdie Jakobus was Jesus se broer, saam met Josef, Simon en Judas, seuns van Josef en Maria. Dit was die mense se grootste verbasing toe Jesus begin wonders doen het, talle mense genees het toe hulle gevra het : Maar waar kry Hy hierdie vermoë om sulke kragtige dade te doen. Is Hy dan nie die timmerman se seun nie? Is Sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie? En Sy susters, is hulle nie almal hier by ons nie? Jakobus, Jesus se eie broer wat met Jesus niks te doen wou hê nie. Op verskeie plekke in die evangelies lees ons : Selfs Jesus se eie broers het nie in Hom geglo nie. Sekerlik nie vreemd as jou broer wat vir 30 jaar saam met jou grootgeword het, nou skielik begin vertel dat Hy die Messias is nie. Of hulle Sy wondermag bloot as vreemde verskynsel beskryf het, of hulle hom bloot geignoreer het, weet ons nie, Punt is : hulle het nie in Hom geglo nie, vir die een oomblik gedink Hy is die Messias, Seun van God nie. En kan jy jou nou indink, broer en suster, die spanning tussen Maria en haar ander kinders, wat Jesus afgelag het. Maria, wat van die engel wat aan haar as jong dogter verskyn het, hierdie nuus oor wie Jesus was, in haar hart bewaar het. En hoedat sy haar seuns en dogters, nadat Jesus Homself as Messias begin verklaar het, moes probeer oortuig dat Hy nie nonsens praat nie, dat Hy nie die een of ander afwyking het nie, maar waarlik is wie Hy sê Hy is. En hulle het haar nie geglo nie nie in Jesus geglo nie. Niks wat Hy gesê of gedoen het, het hulle van Sy egtheid oortuig nie. Dit wat Jakobus self hier lys : vredeliewend, inskiklik, onpartydig nee niks van dit het in hom geleef nie. Daar sou n hartverandering in hom moes plaasvind. En die Bybel vertel ons dat hierdie verandering gekom het na Jesus se opstanding. In hierdie 40 dae moes Hy êrens saam met Jakobus gesit het, hom presies vertel het van waar alles begin het. Sou Jakobus trane in sy oë gekry het oor hy dit alles summier net afgelag het? Maar hier kom die groot verandering by Jakobus, n ware bekering van aardse mens na hemelse mens. n Verandering uit die aardse wysheid en n leef vanuit die hemelse wysheid. Jakobus het presies geweet waarvan hy praat die aardse mens leef in selfsug, bittere naywer of afguns, sy lewe getuig van wanorde, selfs allerhande gemene dade. Teenoor die mense wat die hemelse wysheid van Bo ontvang het, wat gevul is met God se Gees, wie se lewe streef na die voorbeeld van Christus : vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye, onpartydig, opreg. 2

3 Die beeld wat Jakobus skets is presies die prentjie wat die uitbeelding van die breë weg en die smal weg aan ons voorhou. Die breë weg loop verby alles wat die wêreldse genot en plesier verteenwoordig, die kroeg, die casino, die gesellinklub. Daar is ook n donkie wat mishandel word, n man wat besteel word, iemand wat koelbloedig doodgeskiet word, uitbeelding van geweld, korrupsie, n wêreld van selfsug en liefdeloosheid. Jakobus noem dit aardse wysheid, dit het geen diepte nie, dit verkondig : laat ons eet en drink, die lewe van vandag geniet, want more is ons dood en dan is alles verby. Die soort denke, skryf Jakobus, kom nie van God nie, dis aards, sinlik, selfs demonies. Dit lei tot wanorde en allerhande gemene dade. Op die smal weg tref jou onmiddelik die omgee en die liefde vir ander mense gedryf vanuit die kruis van Christus, gerig op die einddoel van n nuwe lewe. Die wysheid van Bo is sonder bybedoelings, skryf Jakobus, dit is opreg, ingegee in die mens se hart deur die Gees van God dit kom nie uit jouself nie. Dit is die hartsverandering wat Jakobus self moes ondergaan wat self so wêrelds was, eiewillig, selfgerig, om Jesus nie te wou erken as gestuurde van God nie. Maar as die Gees jou oë open, die wysheid van God, dan erken jy Jesus Christus, die opgestane Verlosser, my Here en my God. Dan erken jy Jesus Christus as koning van jou lewe, in wie se voetspore jy wil volg, wie se beeld jy wil vertoon in alles wat jy doen,. Dan leef jy vredeliewend, iemand wat vrede soek, en vrede nastreef, n liefde vir vrede. En vrede, weet ons, begin eers as jy in die regte verhouding met God lewe, want vrede is om in harmonie met God te wees, orde tussen jou en God. En as daardie harmonie oorspeel in jou verhouding met jou medemens. Waarskynlik het Jakobus hier teruggedink aan hoeveel kere hulle as broers en susters verskriklik verkleinerend was teenoor broer Jesus. In Johannes 7 lees ons van n insident, dat toe hulle as gesin hoor dat Jesus nie na die huttefees toe gaan nie, hulle vir Hom gesê het : Hoe so dis eintlik waar jy moet optree, by die huttefees. Daar is al die mense bymekaar, daar het jy ten minste n ordentlike gehoor, voor wie jy al jou toertjies en truuks kan doen. Maar dis aardse wysheid, selfsugtig, afgunstig. Nee, leef vredeliewend. Gun en gee aan n ander wat hom toekom. Die wysheid van Bo is ook inskiklik of vriendelik. En daarmee saam : bedagsaam. Om vanuit die Gees van Christus te leef, weet jy dat n sagte antwoord dikwels baie meer doen as om koud en klinies die letter van die wet toe te pas. 3

4 As n vrou wat in owerspel betrap is na Jesus toe gebring word, dan weet Hy die wet sê dat sy gestenig moet word maar Hy weet ook dat Hy baie meer mense gaan raak met n sagte antwoord : Laat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip op haar gooi. Jesus maak dus nie die wet die maatstaf nie, maar genade en vergifnis. Inskiklik, om bedagsaam te wees. Aan die vrou sê Hy : Ek veroordeel jou ook nie, gaan maar, en moet van nou af nie meer sondig nie. Die wysheid van Bo, n lewe gerig deur God se Gees, vra dat jy sal let op jou woorde na ander mense toe. Jy mag dalk voel jy het nou die reg om uitmekaar te skeur, die Gees roep jou op tot bedagsaamheid. Bedagsaam hoe jy jou mening formuleer, bedagsaam in jou optrede teenoor ander. Die wysheid van Bo is ook vol medelye, skryf Jakobus. Hoe anders dat dit hom nie sou opval in sy nuwe kyk na Jesus nie? En hy die Ou testamentiese profesieë oor die Messias nou eers waarlik begryp het. Dat die Seun van God waarlik mens word om so ten volle medelye te kan hê met ons swakhede en ons gebreke. Jesus se medelye was elke dag sigbaar in alles wat Hy gedoen het ook dit moet jou lewe elke dag kenmerk. In ware selfondersoek moes Jakobus ook skryf : Die wysheid van Bo is onpartydig. Dit skryf nie net af nie, dit vra na die waarheid. Dit veroordeel nie net voor die voet nie, dit luister eers, dit gee ruimte, dit hoor in liefde. Om onpartydig te wees, beteken om eers leeg te word van jouself, om te besef die vergifnis wat ek ontvang het, is net so geldig vir n ander. Om te onthou : Laat die een wat sonder sonde is maar die eerste klip gooi. Jakobus sluit sy lysie van hemelse wysheid af : Dit is ook opreg. Elkeen wat hom deur die Gees laat lei buig in gehoorsaamheid voor die Here. Nie ek op die voorgrond nie, nie my wil nie, maar opreg onder leiding van God se Gees. Jakobus self het n gesindheidsverandering nodig gehad om dit te leer as hy hierdie brief skryf kon hy so maklik begin het : Van Jakobus, die broer van die baie bekende Jesus van Nasaret, en weereens die lig op homself laat val het. Nee hy begin sy brief : Van Jakobus, n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Hemelse wysheid is om nie maar aards te dink nie, nie die mens in die middelpunt nie, maar hemels, Christus gefokus. Ek weerkaats die lig van God se Gees deur my na hulle rondom my. 4

5 Dit vra n gesindheidsverandering. Nie meer : Ek wil n huweliksmaat hê wat my gelukkig maak nie, maar in watter mate deel jy geluk uit. Nie meer : Al die motors moet padgee as ek verby kom nie, maar in watter mate kan jy opsy staan? Nie meer : Ek dink ek is geregtig dat almal my standpunt moet hoor nie, maar in watter mate kan jy toegee t.w.v. vrede. Hemelse wysheid is om na die beeld van Christus te leef. Sy opstanding uit die dood oorwin die aardse lewe en dood, in Hom leef ons, as hemelse mense, burgers van God se koninkryk. Laat jou lewe daarvan getuig. Leef dan as Geesvervulde mens! Amen! 5

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né. 1 Matteus 11 d2 Wh 16 Lees Matteus 11:25-29 Is jy slim of eenvoudig? Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Ek onthou hoe ek baie keer met `n eenvoudige rapport by die huis gekom het, en alles

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Vanaand gaan dit oor kosteberekening. Wat gaan dit kos? Wanneer n mens trou met die liefde van

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie. D O O P Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie. 1 PETRUS 3:21 Waarvan die die, ons nou ook, nie as n aflegging van die vuilheid

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Hoe kan ek my kruis opneem 1. Deur te doen wat die Woord my beveel, deur myself te verloen. # Verloen Tot n oortuiging

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET! DIT STAAN NIE IN DIE BYBEL DAT KINDERS GEDOOP MOET WORD NIE. Dit is waar, daar staan nie êrens dat klein babatjies van gelowige ouers gedoop moet word nie.

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

JAKOBUS 3:15a, 17a. Votum en seën. Psalm 105 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 105 : 23, 24

JAKOBUS 3:15a, 17a. Votum en seën. Psalm 105 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 105 : 23, 24 JAKOBUS 3:15a, 17a Votum en seën Psalm 105 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 105 : 23, 24 Skriflesing: Jakobus 3:13-18 (AV 1933/53) Teks: Jakobus 3:15a, 17a (AV 1933/53)

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Sondag, 20 April 2014 Skriflesing: Matteus 28:1-10 Tema: Opstanding Francois Lampreht

Sondag, 20 April 2014 Skriflesing: Matteus 28:1-10 Tema: Opstanding Francois Lampreht Sondag, 20 April 2014 Skriflesing: Matteus 28:1-10 Tema: Opstanding Francois Lampreht Dit was opstandings Sondag! Ons vier wat veronderstel is om die hoogtepunt te wees van ons Christenskap. Dat Jesus

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Paulus kritiseer sy tyd se manier . Datum: 25 Mei 2011 Oorspronklike artikel in Beeld. Kyk ook: - Vrouens en Hoede ********** Paulus kritiseer sy tyd se manier Paulus beveel nie die vroue om aan hul mans onderdanig te wees nie, hy kritiseer

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan? Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan? Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan? Kobus Kok Yvonne vra: Ek wil net weet of dit moonlik is om te verduidelik hoe die Drie eenheid van God verstaan moet word of

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Deur Christus alleen Reeks preke oor Galasiërs Nr 6 Dr AH Bogaards Lees: Gal.2:17-21; Hand.9:1-22 Teks: Gal.2:17-21

Nadere informatie

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy? 1 Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy? Lees Jakobus 3:13 14:10 Wat het jy? Het jy die regte bloed, velkleur, selfoon, motor, huis, werk, kerk, geloof, dade. Het jy iets wat

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte. 1 Gen. 37a Josef a Die vere maak nie die voël nie Liewe kinders, en broers en susters. Vandag begin ons met `n splinternuwe reeks oor die lewe van Josef. Ek wil veral hê dat die kinders mooi moet luister,

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens

Baie welkom by vanoggend se erediens Baie welkom by vanoggend se erediens Kerklike jaar: Lydenstyd Hoekom moes Jesus so ly? Jes 53 Jesaja - drie in een I - Jes 1-39 Verval voor ballingskap Jesaja II - Jes 40-55 Ballingskap in Babilonië III

Nadere informatie

Vries al hulle bates, betaal geld terug met rente, hy word `n handearbeider vir die wat hy/sy besteel het.

Vries al hulle bates, betaal geld terug met rente, hy word `n handearbeider vir die wat hy/sy besteel het. 1 Daniël 6 Wh 25.9.16 Ek dink jy sal met my saam stem, dat daar strenger strawwe vir politici moet wees wat nie by die wette hou nie. Wat sou jy voorstel? Vries al hulle bates, betaal geld terug met rente,

Nadere informatie

1 Johannes 5: /03/2014

1 Johannes 5: /03/2014 1 Johannes 5:9-12 23/03/2014 Iets wat ek seker is julle al baie gehoor het, is, ken jou status. En dis presies waaroor ek ook vanoggend met julle wil praat oor - ken jou status Ek dink nie enige iemand

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8 Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8 Inleiding Dink net jy kon jou lewe oorbegin met als wat jy nou weet. o Die meeste van ons het al een of ander tyd gewens jy kon oorbegin. Jy sal dan nie dieselfde foute

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Les 1 vir 7 Oktober 2017 Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd

Nadere informatie

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Les 2 vir 13 Oktober 2018 Les 2 vir 13 Oktober 2018 God wil hê dat sy mense verenig moet wees. Om God se wil te gehoorsaam, is noodsaaklik om eenheid te bereik. Wanneer ons verenig is, vul dit die Kerk met vreugde en voorspoed

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie