ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING"

Transcriptie

1 ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL ASSESSERINGSTAAK JUNIE 2015 VRAESTEL 2 GRAAD 7 PUNTE: 60 TYDSDUUR: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

2 ALGEMENE INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Taal in konteks (30) INSTRUKSIES Beantwoord AL die vrae. Lees die instruksies by elke vraag noukeurig. Let op na die spelling. Skryf netjies en leesbaar. Bladsy 2 van 11

3 AFDELING A LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees die leesstuk deur en beantwoord die vrae. ʼn Suksesverhaal soos min 1. Willie Mtolo is vandag wêreldberoemd. Maar hierdie roem het hom glad nie verander nie sy eerste prioriteit bly sy doodgewone familie. Nadat Mtolo in 1993 die wêreld se grootste marathon, die New Yorkse Marathon gewen het, het hy gesê: Suid-Afrika is my tuiste en ek sal dit nooit verlaat om in Amerika of Europa te gaan woon nie. Van die beste atlete in die wêreld neem jaarliks aan hierdie marathon deel. 2. Mtolo se suksesverhaal klink soos ʼn sprokie en begin jare gelede op ʼn klein afgeleë dorpie hoog in die Drakensberge. Willie is die oudste seun van ʼn gesin wat te arm was om enige van die dinge te bekostig wat baie mense as vanselfsprekend beskou. Om 16 kilometer skool toe te ry op ʼn fiets, was hom nie beskore nie en hy het geen ander keuse gehad as om te hardloop of laat vir skool te wees nie. 3. Die plaasseuntjie het elke dag in die yskoue bergwinter en in die warm somer kaalvoet oor die klipperige bergpaadjie gehardloop 16 kilometer soontoe en 16 kilometer terug. En as hy klaar geleer het, was daar nie televisie om na te kyk of plekke waar hy sy maats kon ontmoet nie... net harde werk, want hulle was baie arm. 4. Die pad boontoe het vir hom begin dié dag in 1988 toe hy vir Ray de Vries, ʼn hotelbaas, ontmoet het. Ray het besef dat Willie groot talent het en het aangebied om hom te help. Willie het begin oefen en De Vries het alles omtrent marathon-hardloop en sportbestuur, waarvan hy niks geweet het nie, geleer. Vandag noem hulle mekaar, Bafu, die Zoeloewoord vir broer en hulle is werklik so naby aan mekaar soos broers. 5. Mtolo het een marathon na die ander begin wen en die geld het begin instroom. In Maart 1993 wen hy die Carousel Halfmarathon en word beloon met ʼn huis in Pretoria. Die twee top sport Victor-toekennings wat hy daardie selfde naweek ontvang, beteken ʼn verdere R in sy sak. 6. Hierdie sukses het ʼn groot verskil in die lewens van sy uitgebreide familie gemaak. Nou was daar geld vir sy broers en susters om verder te leer. En in die middel van ʼn groep tradisionele hutte in die Drakensberge, is ʼn klein drievertrek-huis van beton, wat hy nά een van sy vroeëre marathon-oorwinnings laat bou het. 7. Vandag werk hy vir ʼn groot Suid-Afrikaanse bankgroep, hy ry ʼn rooi bakkie en hy bly in ʼn voorstad van Pinetown. Oor sy toekomsplanne sê hy: Ek is nou besig om genoeg geld te verdien vir my toekoms en dié van my familie... maar uiteindelik sal ek na my mense terugkeer. (Verwerk uit: Huisgenoot April 1993) Bladsy 3 van 11

4 VRAE 1.1 Kies die korrekte antwoord: Mtolo is wêreldberoemd omdat... A sy suksesverhaal soos ʼn sprokie is. B hy die New York-marathon gewen het. C die geld begin instroom het. D hy nog altyd ʼn inspirasie vir ander was. (1) De Vries het besluit om Mtolo te help omdat... A B C sy eerste prioriteit sy familie was. hy die een marathon na die ander gewen het. hy sy talent raakgesien het. D hy jammer gevoel het vir hom. (1) Mtolo het groot geword in... A New York. B ʼn voorstad in Pinetown. C Pretoria. D ʼn dorpie in die Drakensberge. (1) Mtolo het baie... gekry toe hy nog ʼn plaasseuntjie was. A swaar B geld C toekennings D speelgoed (1) Bladsy 4 van 11

5 1.1.5 Wat wou Mtolo bitter graag hê toe hy jonk was? A ʼn Huis B ʼn Televisie C ʼn Fiets D ʼn Radio (1) 1.2 Haal ʼn frase (deel van ʼn sin) aan (par 4) wat bewys dat Mtolo en De Vries ʼn baie goeie verhouding gehad het. (2) 1.3 Watter antwoord is NIE KORREK NIE. Ons weet Mtolo was baie arm, want hy het... A nie skoene gehad het nie. B nie skool toe gegaan nie. C min klere gehad. D kaalvoet gehardloop. (1) 1.4 Sê in jou eie woorde wat beteken was hom nie beskore nie. (par. 2) (2) 1.5 Wat het Mtolo in die middag gedoen as hy klaar geleer het? (1) 1.6 Watter antwoord is NIE KORREK NIE? Vir sy prestasies as marathon-atleet het Mtolo... A ʼn huis gewen. B verskeie toekennings ontvang. C groot somme geld verdien. D ʼn hotelbaas geword. (1) Bladsy 5 van 11

6 1.7 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee telkens ʼn rede vir jou n antwoord Mtolo wil nie eendag in Amerika gaan bly nie. (1) Rykdom het Mtolo van sy familie laat vergeet. (1) Sy familie is vir hom die belangrikste. (1) 1.8 In die kolomme hieronder word Mtolo se jeugjare vergelyk met sy lewe vandag. Pas die woorde in Kolom B by die ANTONIEME in Kolom A. Skryf die korrekte letter langs die nommer neer. Kolom A Kolom B Mtolo se jeug Mtolo se lewe vandag arm A. bankwerker geen fiets B. huis hutjie C. ryk plaasseuntjie D. wêreldberoemd onbekend E. bakkie (5) 1.9 Wat beteken Verwerk uit Huisgenoot? (1) 1.10 Noem TWEE dinge wat Mtolo gedoen het met sy wengeld. (2) (23) Bladsy 6 van 11

7 VRAAG 2 Lees die strokiesprent en beantwoord die vrae wat volg. Meester Danie Cronje 2.1 Is dit die eerste keer dat die seun gaan druip? Haal EEN WOORD uit raampie 1 aan om dit te bewys. (1) 2.2 Kyk na die karakters se gesigsuitdrukkings en verduidelik dan hoe jy dink hulle voel Neelsie (2) Meneer (2) 2.3 My pa sê altyd ʼn mens is nooit te oud om te leer nie. (Raampie 3). Het Neelsie sy pa se woorde korrek aangehaal in sy gesprek met Meneer? Wat dink jy het sy pa regtig met dié woorde bedoel? (2) (7) TOTAAL AFDELING A: 30 Bladsy 7 van 11

8 AFDELING B TAALLEER Lees die vrae en volg die instruksies noukeurig. VRAAG 3 Lees die paragraaf in KOLOM A en voer dan die instruksies in KOLOM B uit. KOLOM A Die pad loop deur die 3.1 (plakkerskamp) tot by die 3.2 (mooi) sinkkaia. Hy het 3.3 (ʼn droom) gehad dat hy graag so ʼn 3.4 (huis) wil hê en het tot die 3.5 (einde) rondgesoek na afvalmateriaal. Dit is 3.6 (warm) en 3.7 (donker) in sy huis sonder elektrisiteit. Hy werk 3.8 (hard) as al sy vriende. Hy tik ʼn uitstekende 3.9 (70) woorde per minuut. Elvis is 3.10 (hy / sy / hom) held. KOLOM B 3.1 Gee die meervoud. 3.2 Gee die oortreffende trap. 3.3 Gee die meervoud. 3.4 Gee die verkleining. 3.5 Gee die antoniem. 3.6 Gee die intensiewe vorm. 3.7 Gee die intensiewe vorm. 3.8 Gee die vergrotende trap. 3.9 Skryf in woorde Kies die korrekte woord. (10) VRAAG Identifiseer die selfstandige naamwoord in die volgende sin: Hy ontwerp ook motors. (1) 4.2. Identifiseer die lidwoord in die volgende sin: Elvis is ʼn predikant in die Christian Church (1) 4.3. Identifiseer die bywoord van tyd in die volgende sin: En vandag is sy huis amper klaar. (1) 4.4. Identifiseer die hulpwerkwoord in die volgende sin: Hy het ʼn droom gehad dat hy graag so ʼn huis wil hê. (1) 4.5. Identifiseer die werkwoord in die volgende sin: Hy ontwerp ook motors. (1) Bladsy 8 van 11 (5)

9 VRAAG 5 Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae. 5.1 Skryf die sin oor in die teenwoordige tyd. (1) Ouma het tydens die vakansie saam met die familie gekuier. Begin só: Ouma Verbind die sinne met die woord tussen hakies. (1) Ouma sit in ʼn gemaklike stoel. Sy is oud. (omdat) 5.3 Vul die korrekte vraagwoord in sodat die onderstreepte deel van die sin die antwoord is. (1) Simon staan op die stoel sodat hy die lekkers in die hande kan kry.... staan op die stoel? 5.4 Skryf die sin oor in die indirekte rede. (1) Ouma sê: Ek is baie gelukkig. Begin só: Ouma sê dat... Bladsy 9 van 11

10 5.5 Kies die korrekte betekenis van die onderstreepte idioom. (1) Ouma is in die wolke oor haar geskenk. In die wolke beteken... A Ouma is baie bly. B die wolke pak saam. C daar is moeilikheid in die toekoms. D iemand word hemelhoog geprys. 5.6 Verbind die sinne met die woord tussen hakies. (1) Die familie eet lekker. Hulle gaan huis toe. (daarna) 5.7 Skryf die sin oor in die verlede tyd. (1) Die seun is ongehoorsaam en gedra hom sleg. Begin só: Die seun Skryf die sin oor in die ontkennende vorm. (1) Die familie baklei dikwels met mekaar. Begin só: Die familie Beantwoord die vraag in die ontkennende vorm. (1) Loer die seuntjie om die deur? Begin só: Nee, die seuntjie Skryf die sin oor in die toekomende tyd. (1) Die muis sit onder die tafel. Begin só: Die muis... (10) Bladsy 10 van 11

11 VRAAG 6 Jou vriend het ʼn artikel vir die plaaslike koerant geskryf. Hy het vir jou gevra om die artikel deur te lees en die foute reg te maak. Volg die instruksies onder die artikel. Tieners... Snaakse goed! 1. Hier is ʼn paar vreemde feit oor tieners wat jy dalk nie geweet het nie. 2. As jy tieners se selfone wegneem, raak hulle vaak! 3. As deel van navorsing is 80 tieners vir 45 minute in ʼn klaskamer toegesluit. 4. Die helfte van hulle het hul selfone gehad, die ander helfte nie. Die tieners wat 5. nie selfone gehad het nie, het geslaap gou % van tieners kan met toe oë sms! 7. hierdie tieners het nie superkragte nie. Hulle sms so baie dat hulle dit met toe 8. oë kan doen. Tieners het in ʼn navorsingstudie erken dat hul lewens baie sleg 9. sonner hul selfone sou wees. 10. Tieners groei so vinnig, hul breine kan nie byhou nie. 11. Het tieners al gewonder hoekom hulle heeltyd oor goed val? Dis regtig nie hulle 12. skuld nie. Tieners groei so vinnig dat hul brein nie kan byhou om hul balans te 13. handhaaf nie. 14. Neem tieners risiko s? Dis die brein se skuld! 15. Volgens ʼn studie is tieners se breine so geprogrammeer dat dit vir hulle moeilik 16. is om te besluit of ʼn situasie gevaarlik is of nie. 17. Tieners se slaappatrone kan deur ʼn blou gloeilamp verbeter word. 18. Sukkel jy om aan die slap te raak en dan weer in die oggend op te staan? 19. Dit kan help om ʼn blou gloeilamp in jou kamer te gebruik. Hierdie blou lig kan 20. help om jy interne horlosie reg te stel. 6.1 Gee die meervoud van die onderstreepte woord in reël 1. (1) 6.2 Skryf die onderstreepte gedeelte in reël 5 oor en verbeter die woordorde. (1) 6.3 Verbeter die spelling van die onderstreepte woord in reël 9. (1) 6.4 Skryf die woord in reël 7 neer wat met ʼn hoofletter moet begin. (1) 6.5 Vervang die woord jy in reël 20 met die korrekte woord. (1) (5) TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL 60 Bladsy 11 van 11

12 ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM JUNIE 2015 VRAESTEL 2 GRAAD 7 PUNTE: 60 Hierdie memorandum bestaan uit 3 bladsye.

13 GRAAD 7 HUISTAAL JUNIE 2015 AFDELING A LEESBEGRIP VRAAG B C D A C Hulle noem mekaar Bafu Zoeloewoord vir broer B Hy kon nie ʼn fiets hê / bekostig nie Hy het gaan werk D Waar Onwaar Waar C E B A D Dit is n artikel in Die Huisgenoot wat verkort en herskryf is Sy broers en susters laat leer. Hy het n huis met drie vertekke laat bou. 2 (23) VRAAG weer Seun: Hy aanvaar dit gelate / hy voel daar is nog n kans / glad nie moedeloos nie / gee nie om nie Onderwyser: moedeloos/ raadop/ kwaai / gefrustreerd Nee. Die pa is ook moedeloos omdat die kind nie deurkom nie./ Hy straf hom deur te sê hy sal op skool bly tot hy deurkom./ Die uitdrukking beteken dat alle mense van alle ouderdomme nog kan leer. 2 (7) TOTAAL AFDELING A 30 Bladsy 2 van 3

14 GRAAD 7 HUISTAAL JUNIE 2015 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG plakkerskampe 3.2 mooiste drome 3.4 huisie begin 3.6 vuurwarm stikdonker 3.8 harder sewentig 3.10 sy 2 10 VRAAG motors n / die vandag het / wil ontwerp 1 5 VRAAG Ouma kuier die vakansie saam met die familie Ouma sit in n gemaklike stoel omdat sy oud is Wie staan op die stoel? Ouma sê dat sy baie gelukkig is A Die familie eet lekker, daarna gaan hulle huis toe Die seun was ongehoorsaam en het hom sleg gedra Die familie baklei nie met mekaar nie. / Die familie baklei nooit met 1 mekaar nie. / Die familie baklei glad nie met mekaar nie. 5.9 Nee, die seuntjie loer nie om die deur nie Die muis sal onder die tafel sit VRAAG feite het gou geslaap sonder Hierdie jou 1 5 TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL 60 Bladsy 3 van 3

ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014

ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014 ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014 GRAAD 4 AANTAL BLADSYE:10 PUNTE: 60 TYD: 1 UUR NAAM: AFDELING A: Leesbegrip 20 Poësie 18 38 AFDELING B: Taal in konteks

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM PUNTE: 40 Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (NOVEMBER 2014) AFDELING A: LEESBEGRIP WENKE VIR NASIEN

Nadere informatie

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL* GRONDSLAGFASE GRAAD 3 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL PUNTE: 40 TYD: 1 uur *3AFHL* NAAM: VAN: Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 40 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 5 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018) AFDELING A: LEESBEGRIP Nasien

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit. PUNTE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL TOETS PUNTE: 20 TYD: 1 UUR PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL OBIS-NOMMER (9 syfers) KLAS (bv. 1A) VAN NAAM GESLAG ( ) SEUN DOGTER

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie fdeling : Leesbegrip Die emmer met die gaatjie 1. Eendag, lank, lank gelede was daar n nare monster wat in die bos gewoon het. n Dogtertjie met die naam Mamela het altyd in die bos gespeel. Elke dag, net

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2 UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2014 Me.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6 GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6 PUNTE : 60 TYDSDUUR: 60 MINUTE Bladsy 1 van 10 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye INSTRUKSIES: 1. Beantwoord al die vrae.

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 1 uur NAAM: *6AFHL2* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 40 TYD: 1 uur LEERDER: SKOOL: DISTRIK: AREA KANTOOR: Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Nadere informatie

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 GRAAD 11 JUNIE 2017 LEERUITKOMS 3: SKRYF Punte:80 EN AANBIED ALGEMEEN Tyd: 2 ure Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE PUNTE: 40 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 6 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017) AFDELING A: LEESBEGRIP Nasien

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 1½ uur *6AFAL2* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016)

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT Afdeling A: Leesbegrip EKURHULENI NORTH Lees die storie en beantwoord die vrae Samantha en Tinkerbel se nuwe maats 1 2 3 4 Eendag was daar n dogtertjie met die naam Samantha. Sy het saam met haar ma en

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES:Skryf jou naam en van op elke antwoordblad en jou nommer 1. Voltooi al die vrae. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord.

Nadere informatie

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM: SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 Eksamen TYD: 120 min TOTAAL: 100 NAAM: Instruksies 1. Vul eerstens jou naam en van op die antwoordblaaie neer. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord. 3. Alle

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2013 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 ASSESSERINGSTAAK 3 NOVEMBER 2014 GRAAD 8

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 ASSESSERINGSTAAK 3 NOVEMBER 2014 GRAAD 8 ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 ASSESSERINGSTAAK 3 NOVEMBER 2014 GRAAD 8 Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. PUNTE: 80 TYDSDUUR: 1½ uur AFRIKANS FAL GRADE

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS HUISTAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS HUISTAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS HUISTAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 1 uur NAAM: *6AFHL2* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 MODELVRAESTEL - 2006 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING 2 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. Hierdie

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 NASIENRIGLYN

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 NASIENRIGLYN INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V NASIENRIGLYN PUNTE: 40 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 8 bladsye. AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V (EC/NOVEMBER 017) AFDELING

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit / Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGSTAAK

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Totaal: 95 NAAM: VRAAG 1: Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae in vol sinne:

Totaal: 95 NAAM: VRAAG 1: Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae in vol sinne: SKOOL AFRIKAANS - GR 5 30 November 2010 Eksamen Tyd: 120 min Totaal: 95 NAAM: Instruksies 1. Vul eerstens jou naam en van op hierdie antwoordblad neer. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord. 3.

Nadere informatie

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS Eksaminator: M. Swanepoel 11 September 2015 Moderator: C. van Niekerk, B. Oliphant 40 punte 60 minute Naam: Memorandum Graad 8/ Instruksies:

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

TAALWERK Oefeninge. Tweede Termyn Tom Newby School. Grade 7 Afrikaans 2016 Term 2 Taalwerk oefeninge

TAALWERK Oefeninge. Tweede Termyn Tom Newby School. Grade 7 Afrikaans 2016 Term 2 Taalwerk oefeninge 1 TAALWERK Oefeninge Tweede Termyn 2016 2 Die jakkals en die waghond n Fabel van Esopus (Handboek: Shosholoza sewe bladsy 17 en 18) Lees die leesstuk Die jakkals en die waghond en beantwoord daarna die

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 INSTRUKSIES

Nadere informatie

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1 STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1 Fokus: Luister, vertel en illustreer. Nota: Versamel inligting en bou kennis op deur middel van kritiese luistervaardigheid. Leesvaardigheid dra by tot visualisering van

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Kies en beantwoord EEN vraag uit elke

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 KREATIEWE - EN TRANSAKSIONELE SKRYFWERK JUNIE 2015 GRAAD 6 Aantal bladsye: 6 TYDSDUUR: PUNTE: 60 1 UUR NAAM EN VAN: INSTRUKSIES:

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL NOVEMBER 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Letterlike en figuurlike taalgebruik

Letterlike en figuurlike taalgebruik Letterlike en figuurlike taalgebruik Naam: Letterlik: Woorde funksioneer presies soos dit beskryf word. Die motor is blou. Hy vang die sokkerbal. Figuurlik: Hier moet jy uitvind wat dit beteken. Dit is

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012 AFRHIG611 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012 Hierdie vraestel

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 2 uur NAAM EN VAN: *6AFAL2* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER

Nadere informatie

Nota vir die onderwyser/es:

Nota vir die onderwyser/es: 2010 JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGS GRAAD 2 GELETTERDHEID: AFRIKAANS VAN GESLAG (MERK!) SEUN DOGTER NAAM PROVINSIE GEBOORTEDATUM SKOOL SE NAAM EMIS NR. DISTRIK/STREEK Nota vir die onderwyser/es: Lees

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL NOVEMBER 2103 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Bladsy 1 van 6 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2017 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C AFRHIG311 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D10055667-7-C TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM:

Nadere informatie

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/ Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGS TAAK

Nadere informatie

QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL I GRAAD 10 1 ½ UUR NOVEMBER 2008 PUNTE : 35 EKSAMINATOR MNR. D.E.

QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL I GRAAD 10 1 ½ UUR NOVEMBER 2008 PUNTE : 35 EKSAMINATOR MNR. D.E. QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL I GRAAD 10 1 ½ UUR NOVEMBER 2008 PUNTE : 35 EKSAMINATOR MNR. D.E. LAST MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 04 Afrikaans EAT

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 04 Afrikaans EAT Afdeling A: Leesbegrip EKURHULENI NORTH Graad 04 Lees en Kyk: Lees die volgende koerantberig en beantwoord dan die vrae wat volg. Kleuter alleen in donker bos Met haai, Oom, kom hier eindig alles Van:

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2015 (R) PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 2016 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2016 INSTRUKSIES EN

Nadere informatie

1 Waar ek vandaan kom

1 Waar ek vandaan kom 1 Waar ek vandaan kom Groepaktiwiteit 1. Lees Psalm 139:13. Leer die Here jou eers ken nadat jy gebore is? Wanneer dan? 2. Waar of vals: Die doel van n baba se doop is om vir hom of haar n naam te gee.

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Bladsy 1 van 8 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES:

Nadere informatie

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE PUNTE: 100 TYD: 2 uur Naam van leerder: Naam van skool: *7WISK* Die vraestel bestaan uit 14 bladsye. 2 WISKUNDE (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES 1. Lees al die

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK EKSAMEN GRAAD 11 HUISTAAL JUNIE 2011 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 JUNIE 2012 MEMORANDUM PUNTE: 80 TYD: 2 UUR Moderators: Mev. A. Nell Mev. X. Desai Hierdie MEMORANDUM bestaan

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C AFRHIG611 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D10055661-7-C TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 5 JUNIE 2013

Nadere informatie

GAUTENG DEPARTEMENT VAN ONDERWYS: DISTRIK D6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 JUNIE EKSAMEN 2017 GRAAD 10 MEMORANDUM PUNTE: 80 TYD: 2 UUR

GAUTENG DEPARTEMENT VAN ONDERWYS: DISTRIK D6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 JUNIE EKSAMEN 2017 GRAAD 10 MEMORANDUM PUNTE: 80 TYD: 2 UUR GAUTENG DEPARTEMENT VAN ONDERWYS: DISTRIK D6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 JUNIE EKSAMEN 2017 GRAAD 10 MEMORANDUM PUNTE: 80 TYD: 2 UUR Hierdie MEMORANDUM bestaan uit 8 bladsye AFDELING A:

Nadere informatie

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK INSTRUKSIES EN INLIGTING OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 11 AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 1 Junie 2013 Memorandum PUNTE: 70 TYD: 2 UUR Hierdie MEMORANDUM bestaan uit 6 bladsye. AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Bote,

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ASSESSERINGSTAAK VRAESTEL 3 JUNIE 2015 GRAAD 9 Hierdie vraestel bestaan uit 3 bladsye. PUNTE: 60 TYDSDUUR: 2 UUR AFRIKAANS EAT GRAAD 9 JUNIE

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 1 DBE/November 2011 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80 HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80 TAAK 3: VRAESTEL 3 OPSTELLER: R. TOYER INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 2 uur NAAM: *6AFAL2* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (NOVEMBER

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2016 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 JUNIE 2011 MEMORANDUM PUNTE: 80 TYD: 2 UUR Hierdie MEMORANDUM bestaan uit 9 bladsye. Bladsy 1 van 9 Afdeling

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Junie 2011 PUNTE: 80 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 9 bladsye. Bladsy 1 van 9 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES:

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2010 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. MIDDAGSESSIE Afrikaans Eerste Addisionele

Nadere informatie

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 40 TYD : 1 uur LEERDER: SKOOL: AREAKANTOOR: DISTRIK: Die vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Huistaal

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL JUNIE 2012 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Bladsy 1 van 8 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES:

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind L e s 1 5 Verantwoordelikheid en hoe om Hulp te kry Gedurende hierdie les sal jy: Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind Erken wanneer die

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 1

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 1 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 1 Begrip, Opsomming en Taal November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK EKSAMEN GRAAD 0 AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL JUNIE 202 MEMORANDUM PUNTE: 70 TYD: 2 UUR Hierdie MEMORANDUM bestaan uit 7 bladsye. Bladsy van 5 Afdeling A Leesbegrip Assesseringsriglyne:

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL EKSEMPLAAR November 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE

Nadere informatie

2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS

2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS 2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS Jy gaan drie vraestelle skryf: Vraestel 1: Taal 80 punte tyd: 2 ure Vraestel 2: Letterkunde 70 punte tyd: 2ure Vraestel 3: Skryf 100 punte tyd: 2½ ure Vraestel

Nadere informatie

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf OpenStax-CNX module: m25766 1 Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

Nadere informatie

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie

Nadere informatie

AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I

AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I GRAAD 10 PROEFEKSAMEN 2006 AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I Tyd: 2 uur 80 punte INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ʼn addendum met tekste van (i v) bladsye. Maak asseblief

Nadere informatie

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat. Naam: 1 Die ou vrou en die voël wat kon praat. Woordlys Lees die woorde n paar keer hardop. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud 2 Stillees Oefening

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

INSTRUKSIES EN INLIGTING

INSTRUKSIES EN INLIGTING HOËRSKOOL PRETORIA-NOORD SKEPPENDE KUNS GRAAD 8 DATUM: 23 NOVEMBER 2016 TYD: 1 UUR TOTAAL: 100 EKSAMINATRISE: ME. M. DU PLESSIS MODERATOR: ME. Y. KRUGER INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou NAAM, VAN

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL EKSEMPLAAR November 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE

Nadere informatie