Module 3 (Term 1): Voortplanting in Angiosperme Die volgende vraestel se tema handel oor die geslagtelike voortplanting in angiosperme.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Module 3 (Term 1): Voortplanting in Angiosperme Die volgende vraestel se tema handel oor die geslagtelike voortplanting in angiosperme."

Transcriptie

1 Natuurwetenskappe Vraestel 3 Graad 7 Tyd: 1 Uur Totaal: 60 Module 3 (Term 1): Voortplanting in Angiosperme Die volgende vraestel se tema handel oor die geslagtelike voortplanting in angiosperme. Vraag 1: Terminologie Pas die terme in Kolom A by hul korrekte definisies in Kolom B Embrio 1.2. Endosperm Kolom A Antwoord Kolom B 1.3. Kruisbestuiwing 1.4. Meeldraad 1.5. Ontkiem 1.6. Stamper A. Die manlike deel van die voortplantingstelsel van n blom. B. Die vroulike deel van die voortplantingstelsel van n blom. C. Die styselagtige voedsel wat die ontwikkelende saad voed. D. Om uit n saad te ontwikkel en n plant te word. E. Die begin van die plant binne-in die saad. F. Wanneer die stuifmeelkorrels van een blom na die blom van n ander plant oorgedra word. (6) 1

2 Vraag 2: Sade en Blomme Beantwoord die volgende vrae so volledig as moontlik Ongeveer hoeveel persent van die wêreld se blomdraende plantspesies word in Suid-Afrika gevind? (1) 2.2. Suid-Afrika se unieke planteryk staan bekend as die. (2) 2.3. Hoeveel spesies is daar in hierdie ryk? (1) 2.4. Watter twee prosesse moet gebeur voordat n saad kan vorm? (1) 2.5. Verskaf byskrifte vir die angiospermblom en gee die skets ook n toepaslike opskrif Beskryf die struktuur en funksie van die twee komponente van die manlike deel van die blom. (5) 2.7. Beskryf die struktuur en die funksie van die kroonblare en kelkblare van die blom. (4) (8) (22) Vraag 3: Bestuiwing Beantwoord die volgende vrae oor bestuiwing so volledig as moontlik Onderskei tussen bestuiwing en bevrugting in angiosperme. (3) 3.2. Noem 3 maniere waarop bestuiwing kan plaasvind. (3) 3.3. Noem 3 voorbeelde van bestuiwers. (3) 3.4. Verduidelik hoe n by blomme bestuif. (3) 2

3 3.5. Identifiseer die bestuiwingsmetode vir die volgende blomme en gee n rede vir jou keuse: a) Blomme met meeldrade wat ver weg van die blom af uitstaan. (2) b) Blomme met n stamper wat langer is as die meeldrade. (2) 3.6. Lys drie aanpassings van windbestuifde plante om bestuiwing te bevorder. (3) 3.7. Verduidelik waarom insekbestuifde blomme taai stuifmeel het. (1) 3.8. Verduidelik waarom bestuiwing belangrik is vir voedselproduksie. (2) (22) Vraag 4: Bevrugting en Verspreiding van Vrugte en Sade Beantwoord die volgende vrae so volledig as moontlik Verduidelik hoe die stuifmeelbuis gevorm word en verduidelik die funksie daarvan. (2) 4.2. Herskryf die paragraaf hieronder en vul die ontbrekende woorde in om die proses van bevrugting in n angiospermblom te beskryf: Twee manlike geslagselle word in die a) vrygestel. Een manlike geslagsel bevrug die eier, wat in die b) van n plant se saad ontwikkel. Die tweede manlike geslagsel verbind met twee c) in die kiemsak wat die ontwikkeling van die d), die styselagtige voedsel wat die ontwikkelende e) voed, tot gevolg het. (6) 4.3. Wat is die funksie van die vrug van die plant? (2) (10) Totaal: 60 3

4 Memorandum Natuurwetenskappe Vraestel 3 Graad 7 Vraag 1: Terminologie 1.1. E 1.2. C 1.3. F 1.4. A 1.5. D 1.6. B Vraag 2: Sade en Blomme 2.1. Ongeveer 10% 2.2. Kaapse Blommeryk spesies 2.4. Bestuiwing en bevrugting 2.5. A. Helmknop B. Helmdraad C. Meeldraad (manlik) D. Stempel E. Styl F. Vrugbeginsel G. Stamper (vroulik) Skets van die Angiospermblom 4

5 2.6. Die manlike deel van n blom bestaan uit die helmknop en helmdraad. Die helmknop bestaan uit stuifmeelsakkies. Dit produseer stuifmeel wat die manlike geslagselle van die plant bevat. Die helmdraad is n lang steel wat die helmdraad bo die blom uitlig om die stuifmeel in die lug en op ander blomme vry te stel Die kroonblare is gewoonlik groot en helderkleurig om bestuiwers te lok. Die kelkblare is die groen struktuur wat die basis van die blom vorm. Hulle funksie is om die blomknop te beskerm. Vraag 3: Bestuiwing 3.1. Bestuiwing is die oordrag van stuifmeel tussen plante van dieselfde spesie met die doel om te bevrug. Bevrugting is die versmelting van die manlike en vroulike selle om sade te produseer. Bevrugting kan net na suksesvolle bestuiwing plaasvind Drie maniere waarop bestuiwing kan plaasvind: * Windbestuiwing * Waterbestuiwing * Bestuiwing deur bestuiwers 3.3. Die leerders se antwoorde sal verskil, dus kan enige toepaslike antwoorde hier verskaf word. Voorbeeld antwoord: * Insekte * Voëls * Soogdiere 3.4. n By versamel stuifmeel van blomme en neem dit terug na die korf waar dit gebruik word om heuning te maak. Bye bêre die stuifmeel in spesiale stuifmeelmandjies aan sy agterpote. Terwyl die by stuifmeel versamel, kleef van die stuifmeel aan die hare op die by se liggaam. Wanneer die by n ander blom besoek, skuur van die stuifmeel af op die stempel van daardie blom en bestuif so die blom a) Bestuif deur wind omdat die stuifmeel maklik van die meeldraad afgewaai moet word en nie op die blom self moet beland nie. b) Bestuif deur insekte (of voëls). Die insek (of voël) sal stuifmeel van die meeldrade van een blom optel en hierdie stuifmeel dan op sy pad na binne op die stamper van n ander blom plaas Aanpassings is: * Hulle produseer n groot hoeveelheid stuifmeel omdat baie van die stuifmeel verlore sal gaan. * Die stuifmeel op die helmknoppe is nie taai nie en kan maklik afgewaai word. * Die stempels is gewoonlik groot en veeragtig en sit buite die blomme sodat hulle maklik die stuifmeel kan opvang wanneer dit verbywaai Hulle stuifmeel is taai sodat dit nie deur die wind weggewaai word nie, maar eerder aan die insek kleef wanneer dit op die blom is. 5

6 3.8. Indien gesaaides soos mielies nie bestuif word nie, sal hulle nie voedsel vorm wat mense kan eet nie en sal hulle nie kan voortplant nie. Vraag 4: Bevrugting en Verspreiding van Vrugte en Sade 4.1. Die stuifmeelbuis word gevorm wanneer n stuifmeelkorrel op die stempel van n blom vaskleef. Die buis-sel vorm n lang stuifmeelbuis in die styl af. Die funksie van die stuifmeelbuis is om n pad vir die twee manlike geslagselle te maak om in die ovulum af te beweeg Twee manlike geslagselle word in die a) kiemsak vrygestel. Een manlike geslagsel bevrug die eier, wat in die b) embrio van n plant se saad ontwikkel. Die tweede manlike geslagsel verbind met twee c) vroulike geslagselle in die kiemsak wat die ontwikkeling van die d) endosperm, die styselagtige voedsel wat die ontwikkelende e) saad voed, tot gevolg het Die funksie van die vrug is om die sade so ver as moontlik van die ouerplant weg te neem sodat die nuwe plant plek het om te groei en nie vir hulpbronne soos lig, water en voedingstowwe in die grond hoef mee te ding nie. 6

OpenStax-CNX module: m Die plant: blomme. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Die plant: blomme. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m20946 1 Die plant: blomme Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9 3

Nadere informatie

Vraag 1: Naaldbome (Coniferae) Lees die volgende leesstuk oor die Naaldbome (Coniferae) en beantwoord dan die vrae wat volg.

Vraag 1: Naaldbome (Coniferae) Lees die volgende leesstuk oor die Naaldbome (Coniferae) en beantwoord dan die vrae wat volg. Natuurwetenskappe Vraestel 58 Graad 7 Totaal: 100 Vraag 1: Naaldbome (Coniferae) Lees die volgende leesstuk oor die Naaldbome (Coniferae) en beantwoord dan die vrae wat volg. Die naaldbome omvat die seders,

Nadere informatie

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Plantstruktuur en Plant Voedsel Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van

Nadere informatie

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel. Natuurwetenskappe Vraestel 15 Graad 7 Tyd: 1 Uur Totaal: 55 Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

Nadere informatie

Woordelys KWARTAAL 1: LEEF EN LEEFWYSE

Woordelys KWARTAAL 1: LEEF EN LEEFWYSE Abiotiese komponent Amnion Angiosperme Arachnida Artropoda Atmosfeer Bestuiwing Bevrugting (mens/dier) Bevrugting Biodiversiteit Biosfeer Biotiese komponent Bywortels Crustaceae Eensaadlobbig Eiersel Die

Nadere informatie

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 8 EN 9 Toets 4: Plantdiversiteit in Suid-Afrika

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 8 EN 9 Toets 4: Plantdiversiteit in Suid-Afrika KLASTOETS GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 8 EN 9 Toets 4: Plantdiversiteit in PUNTE: 45 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel

Nadere informatie

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Inleiding Tot Die Jagluiperd Les Plan Een Inleiding Tot Die Jagluiperd KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: KU #2: KU #3: Identifiseer en los probleme op en maak besluite deur van kritieke en vindingryke denke gebruik te maak. Werk effektief

Nadere informatie

Kyk nou hoeveel jy van Kwartaal 3 kan onthou. Jy mag nie in jou handboek kyk nie. 1. n Seekoei eet ongeveer kg gras per dag. (1)

Kyk nou hoeveel jy van Kwartaal 3 kan onthou. Jy mag nie in jou handboek kyk nie. 1. n Seekoei eet ongeveer kg gras per dag. (1) Hersiening Week 30 Kyk nou hoeveel jy van Kwartaal 3 kan onthou. Jy mag nie in jou handboek kyk nie. TOTAAL 30 1. n Seekoei eet ongeveer kg gras per dag. (1) 2. n Seekoei kan tot ton weeg. (1) 3. Is seekoeie

Nadere informatie

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto s. Watter van hierdie organismes speel na jou oordeel die belangrikste rol in die voedselketting.

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Diere is aangepas. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Diere is aangepas. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m20865 1 Diere is aangepas Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 8 3

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

HOËRSKOOL ALBERTON NATUURWETENSKAP GRAAD 9 9 SETPEMBER 2015 MODERATOR: ME L COSTON PUNTE: 80 AFDELING A

HOËRSKOOL ALBERTON NATUURWETENSKAP GRAAD 9 9 SETPEMBER 2015 MODERATOR: ME L COSTON PUNTE: 80 AFDELING A HOËRSKOOL ALBERTON NATUURWETENSKAP GRAAD 9 9 SETPEMBER 2015 EKSAMINATOR: L VENTER TYD: 1 UUR MODERATOR: ME L COSTON PUNTE: 80 INSTRUKSIES 1. Beantwoord ALLE VRAE op FOLIOPAPIER 2. Nommer jou vrae korrek

Nadere informatie

Vraestel 8 (Term 4): Kleredrag in Noodsituasies

Vraestel 8 (Term 4): Kleredrag in Noodsituasies Tegnologie Vraestel 8 Graad 7 Tyd: 1 uur Totaal: 40 Vraestel 8 (Term 4): Kleredrag in Noodsituasies Vraag 1: Terme Pas die term in kolom A by die korrekte beskrywing in kolom B: Kolom A Kolom B 1.1 Tekstiel

Nadere informatie

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) Vraestel 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) 3.Hoekom kan elemente nie op ʼn chemiese materie afgebreek word nie? (4) 4.Vul die

Nadere informatie

4. Natuurerfenis. Plante. Génesis 1: 11 en 12. Wat jy alreeds weet van plante

4. Natuurerfenis. Plante. Génesis 1: 11 en 12. Wat jy alreeds weet van plante 4. Natuurerfenis Plante Génesis 1: 11 en 12 En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde.

Nadere informatie

Natuurwetenskap Vraestel 1 Graad 7 Junie 2013 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 100 Eksaminator: S Roos Moderator: JG Roos

Natuurwetenskap Vraestel 1 Graad 7 Junie 2013 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 100 Eksaminator: S Roos Moderator: JG Roos Natuurwetenskap Vraestel 1 Graad 7 Junie 2013 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 100 Eksaminator: S Roos Moderator: JG Roos Instruksies: 1. Hierdie vraestel bestaan uit twee afdelings en 10 bladsye: 1.1 Afdeling A: Kortvrae

Nadere informatie

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie KLASTOETS GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie PUNTE: 40 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer

Nadere informatie

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 2 Junie 2015 Graad 11 Junie Eksamen Tyd: 2 uur Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 2 Junie 2015 Graad 11 Junie Eksamen Tyd: 2 uur Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 2 Junie 2015 Graad 11 Junie Eksamen Tyd: 2 uur Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse Naam: Graad: Afdeling A Afdeling B Afdeling C Totaal

Nadere informatie

Sentraalbeplande stelsel

Sentraalbeplande stelsel Hoofstuk 1: Ekonomiese stelsels 1 Definisie van die konsep Ekonomiese stelsel: n Ekonomiese stelsel kan beskryf word as die manier waarop besluite geneem word oor: Hoe produksiefaktore / hulpbronne (kapitaal,

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

Les Plan Twee. Habitats

Les Plan Twee. Habitats Les Plan Twee Habitats KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #7:

Nadere informatie

Vraag 1: Oordraagbare Siektes Pas kolom A by kolom B.

Vraag 1: Oordraagbare Siektes Pas kolom A by kolom B. CAPS Persoonlike- en Sosiale Welstand Vraestel 7 Graad 6 Tyd: 1 Uur Totaal: 55 Vraag 1: Oordraagbare Siektes Pas kolom A by kolom B. Kolom A 1.1 Oordraagbare siektes A 1.2 Voorkoming B Kolom B Stowwe wat

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

Vraag 1: Danse in Verskillende Kulture Beantwoord die vrae gebaseer op die foto's langs die vrae.

Vraag 1: Danse in Verskillende Kulture Beantwoord die vrae gebaseer op die foto's langs die vrae. CAPS Skeppende Kunste Vraestel 3 Graad 6 Tyd: 1 Uur Totaal: 55 Vraag 1: Danse in Verskillende Kulture Beantwoord die vrae gebaseer op die foto's langs die vrae. 1.1 a) Watter kultuur se tradisionele dans

Nadere informatie

10 Die bou van n plant

10 Die bou van n plant 10 Die bou van n plant Groepaktiwiteit: blaarvorms Bring blare skool toe. Groepeer die blare volgens die blaarvorms waarvan ons geleer het, en pars dit. n Mens kan dit ook tussen twee lae koerantpapier

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Afdeling A: Ekonomiese stelsels Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe Vraestel 13 Graad 8 Totaal: 65 Ekonomiese stelsels Ekonomiese probleme Invoere/Uitvoere Afdeling A: Ekonomiese stelsels 1. Wat is 'n ekonomiese stelsel? (4) 2. Verduidelik

Nadere informatie

Vraag 1: Musiek en Musiek Instrumente Beantwoord die volgende vrae: 1.1. Wat is die verskil tussen: a) Harmonie (1) b) Twee-deel harmonie (1)

Vraag 1: Musiek en Musiek Instrumente Beantwoord die volgende vrae: 1.1. Wat is die verskil tussen: a) Harmonie (1) b) Twee-deel harmonie (1) CAPS Skeppende Kunste Vraestel 2 Graad 6 Tyd: 1 Uur Totaal: 45 Vraag 1: Musiek en Musiek Instrumente Beantwoord die volgende vrae: 1.1. Wat is die verskil tussen: a) Harmonie (1) b) Twee-deel harmonie

Nadere informatie

Die klimaat van SA: Temperatuur

Die klimaat van SA: Temperatuur OpenStax-CNX module: m25584 1 Die klimaat van SA: Temperatuur Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AARDRYKSKUNDE 2

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NSIONLE SENIOR SERTIFIKT GR 12 LEWENSWETENSKPPE V2 WEERGWE 1 (NUWE INHOU) VIR VOLTYSE KNITE FERURIE/MRT 2012 PUNTE: 150 TY: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe

Nadere informatie

Vog in die Atmosfeer en Neerslae

Vog in die Atmosfeer en Neerslae Geografie Vraestel 10 Graad 10 Tyd: 2 Ure Totaal: 125 Vog in die Atmosfeer en Neerslae Vraag 1: Terme Voltooi die volgende blokkiesraaisel deur die terme in die korrekte spasies in te vul: 1 Dwars: 1 Die

Nadere informatie

Hoërskool Montana SW Graad 8 Eindeksamen: 22 November 2011 LU1 AS2a; LU2 AS1, 2; LU3 AS2. Naam & Van:

Hoërskool Montana SW Graad 8 Eindeksamen: 22 November 2011 LU1 AS2a; LU2 AS1, 2; LU3 AS2. Naam & Van: Hoërskool Montana SW Graad 8 Eindeksamen: 22 November 2011 LU1 AS2a; LU2 AS1, 2; LU3 AS2 Naam & Van: Gr.8 Eksaminator: Mnr H Smit Totaal: 100 Moderator: Mnr L Taute Tyd: 90 min Instruksies en Informasie:

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 MUSIEK V2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 MUSIEK V2 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 MUSIEK V2 NAAM: PUNTE: 33 TYD: 1½ uur *MUSDM2* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. 2 MUSIEK V2 (SEPTEMBER

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING NATUURWETENSKAPPE GRAAD 8 JUNIE EKSAMEN 2015 PUNTE : 70 TYDSDUUR: 2 UUR INSTRUKSIES 1. Die vraestel beslaan 11 bladsye insluitend die voorblad. 2. Beantwoord AL die vrae.

Nadere informatie

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses 1 Afdeling A: Lees die vrae hieronder en omkring die regte opsie(s): 1. Watter van die volgende stellings is nie waar nie? (1) a) n Voordeel van tegnologie is dat diens gewoonlik verbeter word. b) n Voorbeeld

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE V1 NOVEMBER 01 PUNTE: 150 TYD: uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Wiskunde/V1 DBE/November 01 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies

Nadere informatie

Migrasie: voëls wat trek

Migrasie: voëls wat trek Migrasie: voëls wat trek Voëls wat op dieselfde plek bly, soos die mossie, word standvoëls genoem. Daar is ook voëls soos die swaeltjie wat elke jaar na warmer lande trek en hulle word trekvoëls genoem.

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 2 uur NAAM: *6AFAL2* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (NOVEMBER

Nadere informatie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 WISKUNDE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees sorgvuldig deur

Nadere informatie

vraestel bestaan uit 7 bladsye

vraestel bestaan uit 7 bladsye Toets Hoërskool Montana SS/SW Graad 8 Vervoer en Franse Revolusie 15 September 2011 LU1 AS2a; LU2 AS1, 2; LU3 AS2 Naam en van: Gr.8 Eksaminator: Mnr L Taute Moderator: Mnr H Smit Mnr E Kleynhans Groot

Nadere informatie

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde?

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde? 14 Energie Wat weet ek van energie 1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde? 3. Gebruik die soorte energie in die blokkie en vul die regte

Nadere informatie

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS 2011 GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS INSTRUKSIES AAN ONDERWYSERS 1. Daar is makliker en moeiliker items. 2. Die voorbeelditems is so saamgestel dat leerders hulself kan

Nadere informatie

Genesis 1: 11 en 12. en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde.

Genesis 1: 11 en 12. en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. Plante Week 31-33 Genesis 1: 11 en 12 en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle

Nadere informatie

Foto-redigering vir sun.ac.za

Foto-redigering vir sun.ac.za Foto-redigering vir sun.ac.za Foto s is ʼn baie kragtige bemarkingsinstrument. Ons het oor die afgelope paar jaar nuusberigfoto s op ʼn sekere manier hanteer, maar dit is tyd vir vernuwing om die webwerf

Nadere informatie

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Vrae. Afdeling A. Vraag 1

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Vrae. Afdeling A. Vraag 1 Lewenswetenskappe Vraestel 1 Vrae 1 Lewenswetenskappe Vraestel 1 Vrae Afdeling A Vraag 1 1.1 Verskeie keuses word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf

Nadere informatie

Natuurwetenskap Vraestel 49 Graad 7 Totaal: 45

Natuurwetenskap Vraestel 49 Graad 7 Totaal: 45 Natuurwetenskap Vraestel 49 Graad 7 Die maan * Addisionele vrae is bygevoeg om algemene kennis uit te brei. 1. Hoe vêr is die maan vanaf die aarde? (1) 2. Wat is die grootste? Die aarde of die maan? (1)

Nadere informatie

Humiditeit en relatiewe humiditeit

Humiditeit en relatiewe humiditeit HUMIDITEIT Taak 8. Humiditeit en relatiewe humiditeit Humiditeit beteken eenvoudig dat die lug waterdamp bevat. Die term wat die meeste gebruik word, is 'relatiewe humiditeit'. Relatiewe humiditeit is

Nadere informatie

Vlotheid en intonasie

Vlotheid en intonasie Vlotheid en intonasie Marlene van der Berg 5/20/2012 2 Vlotheid Die gebrek aan vaardigheid in swak lesers is bewys deur hul stadige, hakkelrige en inkonsekwente tempo, swak frasering; en onvoldoende intonasie

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

skarnierskilpad verkleurmannetjie koggelmanders

skarnierskilpad verkleurmannetjie koggelmanders Reptiele Opdrag 1 Week 24-25 Kopkrapper Soek die verskillende reptiele in die blok. Die woorde kan van links na regs, van bo na onder of skuins loop. Kleur die woorde met verskillende kleure in. b r s

Nadere informatie

GRAAD 9 JUNIE 2010 TEGNOLOGIE

GRAAD 9 JUNIE 2010 TEGNOLOGIE Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 JUNIE 2010 TEGNOLOGIE PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. (JUNIE 2010) TEGNOLOGIE 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord

Nadere informatie

Bring jou inligting en prente klas toe, want soos gewoonlik werk ons in die klas.

Bring jou inligting en prente klas toe, want soos gewoonlik werk ons in die klas. 16 Vervoer Vervoertaak Kies enige vervoermiddel, en maak n taak van ongeveer twee bladsye daaroor. Jy moet die volgende hoofpunte hê: Inleiding. Geskiedenis van die vervoermiddel. Hoe die vervoermiddel

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 1

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 1 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 1 Begrip, Opsomming en Taal November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10

Nadere informatie

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011 Preek, Ds Freddie Schoeman Sondag 27 Februarie 2011 [Skyfie 1] Op ons almanak staan daar dat ons vandag spesiaal aandag gee aan n organisasie met die naam Bibles for Believers wat Bybels gratis vesprei

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NSIONLE SENIOR SERTIFIKT GR 12 LEWENSWETENSKPPE V1 ISIONELE MOEL 2008 PUNTE: 150 TY: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Lewenswetenskappe/V1 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V1

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V1 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *MATHA1* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye, 3 diagramvelle en ʼn inligtingsblad.

Nadere informatie

diere (Gen. 1: 26). Dit beteken ook dat ons hulle sal bewonder en bewaar.

diere (Gen. 1: 26). Dit beteken ook dat ons hulle sal bewonder en bewaar. Voëls Week 28 29 diere (Gen. 1: 26). Dit beteken ook dat ons hulle sal bewonder en bewaar. Voëls in die Bybel Ons lees dikwels van voëls in die Bybel, byvoorbeeld in Genesis 8: 7 en 8, waar ver genoeg

Nadere informatie

Tema 8: Mense wat ons help

Tema 8: Mense wat ons help Tema 8: Mense wat ons help Dag 1 Week 4 8 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart aa (Apparaat) Dubbelklankstorie: aa (bl. 7) Assosiasieprent 1: aa vir aap (bl. 69) Assosiasieprent 2: aa vir haan

Nadere informatie

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal Dag 1 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart: oo (Apparaat) Dubbelklankstorie: oo (bl. 7) Assosiasieprent 1: oo vir oog (bl. 91) Assosiasieprent 2: oo vir boom (bl. 92) Letterkaarte Natrekvel oo

Nadere informatie

MEMORANDUM KWARTAAL 1

MEMORANDUM KWARTAAL 1 MEMORANDUM KWARTAAL 1 WISKUNDIGE GELETTERDHEID Graad 12 KWARTAAL 1 TAAK 1: OPDRAG KOSTEBERAMING EN REISPLAN 40 Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk 3 Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk 4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM PUNTE: 40 Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (NOVEMBER 2014) AFDELING A: LEESBEGRIP WENKE VIR NASIEN

Nadere informatie

LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I ANTWOORDBOEKIE

LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I ANTWOORDBOEKIE NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2016 LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I EKSAMENNOMMER ANTWOORDBOEKIE Daar is elf (xi) bladsye in hierdie Antwoordboekie. Skryf asseblief jou eksamennommer in die

Nadere informatie

Lewenswetenskappe Vraestel 2 Vrae 2012

Lewenswetenskappe Vraestel 2 Vrae 2012 Lewenswetenskappe Vraestel Vrae 0 Lewenswetenskappe Vraestel Vrae fdeling Vraag. Verskeie keuses word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter

Nadere informatie

SPEKTRALE WEERKAATSING VAN PLANTEGROEI, GROND EN WATER LWR314

SPEKTRALE WEERKAATSING VAN PLANTEGROEI, GROND EN WATER LWR314 SPEKTRALE WEERKAATSING VAN PLANTEGROEI, GROND EN WATER LWR314 Elektromagnetiese Spektrum Energie oordrag van een liggaam na n ander in die vorm van elektromagnetiese golwe n Fundamentele eienskap van straling

Nadere informatie

Antieke Egipte en die Nylrivier

Antieke Egipte en die Nylrivier Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die Nylrivier Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was. Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het. Leer van tyd, kronologie en tydlyne. A. Basiese

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/ Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGS TAAK

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINASOCIAL SCIENCES

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINASOCIAL SCIENCES ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINASOCIAL SCIENCES GESKIEDENIS VRAESTEL 2 FINALE EKSAMEN NOVEMBER 2014 GRAAD 6 PUNTE: 40 TYDSDUUR: 1 UUR NAAM EN VAN: NAAM VAN SKOOL: INSTRUKSIES Beantwoord

Nadere informatie

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou Wiskunde Vraestel 1: Vrae 1 Vraag 1 1.1 Los die volgende op vir x, korrek tot twee desimale plekke waar nodig. 1.1.1 x ( x + 5) = 1.1. 1.1. x < 0 x + 1. 1..1 Los gelyktydig op vir x en y as x y = 1 en

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE V1 NOVEMBER 016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Wiskunde/V1 DBE/November 016 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies

Nadere informatie

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 6

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 6 Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 6 Leer en ontdekking geskied ten midde van die nat weer!ons is verheug oor ons suksesvolle Entrepreneursverkope en wil graag ons Klasverteenwoordigers, Geneviev Marx

Nadere informatie

Aanpassings. Les Plan Een HOE OM DIE LES AAN TE BIED

Aanpassings. Les Plan Een HOE OM DIE LES AAN TE BIED Les Plan Een Aanpassings KRITIEKE UITKOMSTE KU # 2: Werk effektief saam met ander as lede van 'n span, groep, organisasie of gemeenskap. KU # 3: Organiseer en bestuur jouself en jou aktiwiteite op 'n verantwoordelike

Nadere informatie

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb Leesbegrip nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer Dieretuine/Hannes en die koek/zak bak koekies tyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopas

Nadere informatie

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. 2 ONTWERP EERSTE

Nadere informatie

Lewe en lewende dinge

Lewe en lewende dinge Hoofstuk 1 Lewe en lewende dinge Aktiwiteit 1 Groepwerk: plante en diere 1. Bestudeer die volgende prente van plante en diere en beantwoord dan die vrae. 1.1 Watter diere leef op land? 1.2 Watter diere

Nadere informatie

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in. Klikker ( Clicker ) Klikker-aktiwiteite is nuttig vir assessering in die klaskamer. Dosente gebruik hierdie assesseringsmetode om studente se verstaansvlak van n besondere begrip te meet terwyl die lesing

Nadere informatie

Les Plan Vier. Voeding

Les Plan Vier. Voeding Les Plan Vier Voeding KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #3:

Nadere informatie

HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11

HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11 HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11 EKSAMINATRISE: MODERATRISE : DATUM : TYD : TOTAAL: ME CJ VAN STADEN ME B JONES SIEKTETOETS SEPT 50 MINUTE 60 PUNTE LEERUITKOMSTE GEDEK: INSTRUKSIES LU 1 AS 2, 3, 4,

Nadere informatie

MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD Lewenswetenskappe - V 2

MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD Lewenswetenskappe - V 2 MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD 2006 Lewenswetenskappe - V 2 2 AFDELING A 1.1 1.1.1 A 1.1.2 B 1.1.3 D 1.1.4 C 1.1.5 B 1.1.6 D 1.2 1.2.1 Kompetitsie 1.2.2 Habitat 1.2.3 Fungi/bakterieë 1.2.4 Indringer/Eksoties

Nadere informatie

Memorandum: Voorbeeld van n toets

Memorandum: Voorbeeld van n toets Memorandum: Voorbeeld van n toets Afdeling A: Leesbegrip Vraag 1: Advertensie 1. Dui die verband tussen die titel en die inhoud van die advertensie aan. (2) Die inhoud verduidelik hoe Aerolite n gesin

Nadere informatie

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 3 Junie Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse. Naam: Graad:

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 3 Junie Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse. Naam: Graad: Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 3 Junie 2015 Junie Eksamen Tyd: 2 uur Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse Naam: Graad: Afdeling A Afdeling B Afdeling C Totaal instruksies:

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

AFDELING A: Vraag 1: Verskillende antwoorde word vir die volgende vrae voorgehou. Kies die mees korrekte antwoord vir die vraag en skryf op jou folio.

AFDELING A: Vraag 1: Verskillende antwoorde word vir die volgende vrae voorgehou. Kies die mees korrekte antwoord vir die vraag en skryf op jou folio. Lewenswetenskappe Junie 2009 Graad 11 Tyd: 2 ½ uur Totaal: 150 AFDELING A: Vraag 1: Verskillende antwoorde word vir die volgende vrae voorgehou. Kies die mees korrekte antwoord vir die vraag en skryf op

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete - 8 - Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete L.1 INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. Notebalk... 8 2. Toonhoogte... 9 3. Sleuteltekens... 10 4. Lettername van lyne en spasies in die diskantsleutel...

Nadere informatie

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE WISKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS i WISKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS 1 INHOUD Inleiding...3 1. Werkstuk...4 Rye en reekse

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 2015 GRAAD 8

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 2015 GRAAD 8 ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 01 GRAAD 8 TOTAAL : 100 TYD : UUR Totale bladsye insluitende voorblad : 7 Wiskunde Graad 8 Junie 01 INSTRUKSIES EN INFORMASIE 1. Die vraestel bestaan

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 1½ uur *6AFAL2* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016)

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

NKANGALA DISTRIK HALF JAARLIKSE ASSESSERING 2012 TEGNOLOGIE GRAAD 7 PUNTE : 100 TYD : 2UUR BLADSYE : 8

NKANGALA DISTRIK HALF JAARLIKSE ASSESSERING 2012 TEGNOLOGIE GRAAD 7 PUNTE : 100 TYD : 2UUR BLADSYE : 8 NKANGALA DISTRIK HALF JAARLIKSE ASSESSERING 2012 TEGNOLOGIE GRAAD 7 PUNTE : 100 TYD : 2UUR BLADSYE : 8 1 Instruksies aan kandidate Lees die volgende voordat jy die vrae beantword. 1. Beantwoord alle vrae

Nadere informatie

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7 Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7 Om leeruitdagings ten volle aan te durf en die vooruitsigte van teater bederf is die week se vooruitsigte! NUWE KONSEPTE Tema: Groente Ons bespreek die volgende

Nadere informatie

Lewenswetenskappe Maart 2010 Graad 11 Tyd: 1½uur Totaal: 100

Lewenswetenskappe Maart 2010 Graad 11 Tyd: 1½uur Totaal: 100 Lewenswetenskappe Maart 2010 Graad 11 Tyd: 1½uur Totaal: 100 AFDELING A: Vraag 1: Verskeie moontlike antwoorde word vir elke vraag verskaf. Toon die korrekte antwoord aan deur die letter van jou keuse

Nadere informatie