Ontmoeting 13. Wyding. Woord. Welkom

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Ontmoeting 13. Wyding. Woord. Welkom"

Transcriptie

1 Ontmoeting 13 Saulus word deur God se lig aangeraak en sy lewe word verander. Na sy ontmoeting met God het hy sy lewe aan God gewy. Waar hy eers mense wat in God geglo het, vervolg het, sit hy nou aan die anderkant en is hy die een wat vervolg word. Hierdie semester gaan ons op reis saam met Paulus. Ons stap saam met hom in God se lig. Hulpmiddels: Verskillende soorte klere en bykomstighede soos n serp, hoed en bril Sjokolade Mes en vurk Bordjie om sjokolade op te sit Dobbelsteen Tafel Fotoraam (groot genoeg vir figure om in te pas) Wit doek Duimdrukkers Lessenaar lampie Stutte om raam regop te hou Figure gekopieer op karton Draad om aan figure vas te maak Ekstra silhoeët figure vir die kinders Karton vir boeie Krammasjien Verbind-die-kolletjies -aktiwiteitsblad Welkom Laat die kinders in n groot sirkel sit. Plaas n hoop klere en n sjokolade met n mes en vurk daarby op n bordjie. Gee vir n kind n dobbelsteen om te gooi. Die eerste kind wat n 6 gooi, kan die sirkel binnehardloop, al die klere aantrek en die sjokolade met die mes en vurk begin eet. Sodra die volgende kind n 6 gooi, moet die een wat alreeds binne die sirkel is, die klere dadelik uittrek en vir die volgende kind kans gee om aan te trek en van die sjokolade te eet. Speel vir ongeveer 5 tot 10 minute, of totdat almal n beurt gehad het. Vra na afloop van die speletjie die volgende vraag aan die kinders: As jy een ding aan jouself kon verander, wat sou dit wees? Ons kan nie verander hoe ons lyk nie, maar ons kan verander hoe ons dink en optree. Ons storie vandag gaan oor n man wat verander het. Hy het nie meer gedink en opgetree soos vroeër nie. Wyding Temalied: Ek wandel in die Lig van God I have decided to follow Jesus Stilword-ritueel: Laat die kinders hul oë toemaak. Laat hulle kyk na die donker en lig patrone binne die ooglede. Sê na 20 tellings in n rustige stem (terwyl hul oë toebly): God se lig skyn altyd voor ons, of dit donker of lig in ons lewe is. Vra God om die donker dinge in jou lewe vir jou te wys en jou te help om dit weg te neem. Kom ons volg Paulus op sy pad. Woord Maak vooraf die hulpmiddels sodat jy die skadusilhoeëtte kan uitbeeld tydens die vertel van die storie. Die instruksies en die skadubeelde is aan die einde van die ontmoeting. Verhaal: (Wys figuur 1 agter die skerm.) n Vriendelike, stewige mannetjie met n bleskop, krom bene en aanmekaarlopende wenkbroue met n effens geboë neus... dis hoe mense Saulus beskryf het. Hy beskryf homself egter soos volg: Ek is n Jood, gebore in Tarsus, in die Romeinse provinsie Silisië en ek is n burger van n baie belangrike stad. My opvoeding was in alle opsigte Joods. Ek is ook uit n familie aan wie Romeinse burgerskap verleen is en ek

2 is besonder trots op hierdie voorreg. My naam is Saulus in Hebreeus, maar Paulus in Grieks. Julle moenie deurmekaar raak nie; of mense my nou Saulus of Paulus noem, dis nog altyd net ek. Ek het skoolgegaan in Jerusalem waar ek die strengste wette van die Jode geleer het. Ek was so entoesiasties oor die tradisies van my volk dat jy kon sê ek het eerste gestaan in my klas. Omdat die Christene wegbeweeg het van die wettiese godsdiens van die Jode (die Jode het baie streng reëls gehad oor byvoorbeeld wat hulle kon eet en hoe hulle moet optree) het Saulus en sy mede- Farisieërs besluit dat hulle moet optree teen hierdie mense. Daarom het Saulus begin om die Christene te vervolg. (Wys figuur 2 saam met figuur 1 agter die skerm.) Saulus wou die volgelinge van Jesus doodmaak en het daarom na die hoëpriesters toe gegaan. Hy het briewe aan die sinagoges in Damaskus gevra waarin hulle versoek word om hom te help om Christene op te spoor en hulle geboei na Jerusalem toe te bring. Hulle het vir hom die briewe gegee en hy het Damaskus toe vertrek. Toe hy naby Damaskus kom, het daar skielik n lig uit die hemel op hom geskyn. (Skyn n flitslig direk teen die lap). Hy het op die grond neergeval en n stem vir hom hoor sê (wys figuur 3): Saul, Saul, waarom vervolg jy my? Wie is U, Here? het hy toe gevra. Ek is Jesus, antwoord Hy. Dis vir Mý wat jy vervolg! Staan nou op en gaan die stad in. Dáár sal vir jou gesê word wat jou te doen staan. Die mans saam met hom was sprakeloos van verbasing, want hulle het iemand se stem gehoor, maar niemand gesien nie. Saulus het van die grond af opgestaan en alhoewel sy oë oop was, kon hy niks sien nie. Sy reisgenote is Damaskus in terwyl hulle hom aan die hand lei. (Wys figuur 4.) Hy was drie dae lank daar sonder om te sien, en hy het ook niks geëet of gedrink nie. Daar was n gelowige in Damaskus met die naam Ananias. Die Here het hom in n gesig geroep: Ananias! Ja, Here! het hy geantwoord. Daarop sê die Here vir hom: Gaan nóú Reguitstraat toe, na Judas se huis. Vra daar na Saulus van Tarsus. Hy is besig om tot My te bid (wys figuur 5). Ek het hom in n gesig laat sien dat n man met die naam Ananias inkom en sy hande op hom sit sodat hy weer kan sien. Maar Ananias het geantwoord: Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor watter kwaad hy die gelowiges in Jerusalem aangedoen het! En ons hoor hy het n mandaat van die leierpriesters om al die gelowiges hier in Damaskus te arresteer. Die Here het egter vir hom gesê: Gaan doen wat Ek sê, want Ek het Saulus as my instrument uitgesoek om my boodskap uit te dra na volke en konings, en ook aan die volk Israel. Ek sal inderdaad self vir hom wys hoeveel hy vir My moet ly. Ananias het toe vertrek en in daardie huis ingegaan. Hy het sy hande op Saulus gesit en gesê (wys figuur 6): Broer Saul, die Here het my gestuur, Jesus wat aan jou verskyn het op pad hierheen. Hy het my gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word. Onmiddellik het iets soos skille van Saulus se oë afgeval en hy kon weer sien. Hy het opgestaan en is gedoop. Hy het toe kos geëet en sy kragte begin herwin. Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink: 1. Ek wonder wat vir jou mooi was van die verhaal. 2. Ek wonder waar jy jouself in hierdie storie sou sien. 3. Ek wonder wat sou jy gedoen het as God so aan jou verskyn het. 4. Ek wonder hoe jou lewe anders gaan wees na die storie. Werskaf Kinders teken hulle eie silhoeët figure of kopieer die figure wat tydens die storie gebruik is. Maak die boeie om te wys dat die Christene gevang is. (Volg die instruksies aan die einde van hierdie ontmoeting.) Verbind-die-nommers -prentjie van Saulus op pad na Damaskus. Sluit af met die seënbede: Die Here sal Sy lig elke dag op jou laat skyn sodat jy kan weet wat reg en wat verkeerd is. Amen.

3 Instruksies vir die skadubeelde: Kopieer en plak die figure op karton. Plak n stuk draad aan elke figuur sodat jy die figure agter die skerm kan laat beweeg. Neem n fotoraam waarvan die glas verwyder is en waarbinne die figure gemaklik sal pas. Kap n dun wit lap met duimspykers teen die raam vas. Plaas 2 stutte aan die kant van die raam wat dit regop sal hou, sodat dit op sy eie kan staan. Neem n lessenaarlampie en skyn dit aan die agterkant van die raam. Staan agter die tafel waarop die skerm is en beweeg die figure so naby as moontlik aan die lap volgens die verloop van die storie. Probeer om die kamer of vertrek so donker as moontlik te maak sodat die lampie die silhoeëtte sterk sal afwys. (Gebruik die skets hieronder as riglyn.) figuur 1 figuur 2 figuur 3

4 figuur 4 figuur 5 figuur 6

5

6 Instruksies om boeie te maak: Benodigdhede: 2 stroke karton van ± 25 cm X 5 cm ± 11 of 12 stroke karton van ± 3 X 19 cm (Ek het sommer die agterkante van leë eksamenblokke hersirkuleer vir hierdie stroke karton.) Kramdrukker Vou die groot stroke karton oormekaar en kram vas. Neem 1 kleiner strook en kram dit aan een van die grotes vas. Gaan voort om nuwe stroke aan die voriges vas te kram om n ketting te vorm. By die laaste skakel moet n mens versigtig die voorlaaste EN die ander los groot sirkel (van die begin) saam deur die strook karton sit voordat n mens dit vaskram. n Voorbeeld op die internet wat as inspirasie gedien het..

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.)

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.) Ontmoeting 16 Saulus word deur God se lig aangeraak en sy lewe word verander. Na sy ontmoeting met God het hy sy lewe aan God gewy. Waar hy eers mense wat in Jesus geglo het, vervolg het, sit hy nou aan

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop. Les 5 vir 4 Augustus 2018 Na die steniging van Stefanus het die Sanhedrin Saulus van Tarsus (Paulus) toegelaat om die volgelinge van Jesus van Nasaret te vervolg. Saulus het die "apostel" van die Sanhedrin

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

reageer.) Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink:

reageer.) Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink: Teks: Matteus 17: 24-27 Hulpmiddels: Vissies uit karton geknip, elkeen met n skuifspeld in die mond Skuifspelde n Stok wat as visstok gebruik kan word met n tou en magneet wat dien as visvanghoek aan die

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1. Debora Vertrou op God in alle omstandighede. Teks: Rigters 4:1-24. Hulpmiddels: n Houertjie vir elke kind wat deelneem aan die tweede speletjie by Welkom Appels en 1 patat Blinddoeke en items om n hindernisbaan

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe Teks: Mat 21:1-11 Hulpmiddels: Prente: Afdrukke van intog in Jerusalem Wondergom of wasgoedlyn met wasgoedpennetjies om die prente aan op te hang

Nadere informatie

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou. Les 7 vir 18 Augustus 2018 4. Ikónium. Handelinge 14:1-7 Werk vir Israel 5. Listre en Derbe. Handelinge 14:8-20 Werk onder die heidene 1. Antiochië. Handelinge 13:1-3 Voorbereiding vir die reis 3. Antiochië

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand 1. Praise and Worship 2. Instruksies vir die aand: - Hierdie is n gebedsaand rondom die verskillende vrugte van die Gees. - Elke groepleier kry al hulle benodighede

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Hoe kan ek my kruis opneem 1. Deur te doen wat die Woord my beveel, deur myself te verloen. # Verloen Tot n oortuiging

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe

Nadere informatie

GEARRESTEER IN JERUSALEM. Les 11 vir 15 September 2018

GEARRESTEER IN JERUSALEM. Les 11 vir 15 September 2018 GEARRESTEER IN JERUSALEM Les 11 vir 15 September 2018 Paulus verlang na 'n verenigde kerk (Galasiërs 3:28). Hy het die heidense kerke aangemoedig om hulle Joodse broers in Jerusalem te help deur offergawes

Nadere informatie

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Jesus het aan Petrus gesê: en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk, net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel Les 6 vir 11 Augustus 2018 Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel deur na verskillende plekke

Nadere informatie

toe hy gesê het: Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.

toe hy gesê het: Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit. Johannes die Doper Teks: Lukas 1:16-17 / Matteus 3:1,3-6 / Lukas 3:19-20 Hulpmiddels: Spaghetti Jellielekkers wat in water gestaan het Heuning/stroop Poeierkoffie Bakkies om die kos in te sit n Plastieksprinkaan

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe

Nadere informatie

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk. Hulpmiddels: Vir die speletjie: 8 koeverte en die Sjona-alfabet-flitskaarte wat saam met die projek inligting gestuur is. Kopieer die volgende flitskaarte 2 keer: B (Bhaibheri), C (china), D (dongi), G

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing Doel van les: Ons leer vanaand verder oor die Vrug van die Gees en ons gaan gesels oor Geduld en Self Beheersing - wat dit is en hoe om dit toe

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22 Ontmoeting 22 Briewe van Johannes Hierdie ontmoeting word in die vorm van n gebedsreis gehou. Die Welkom, Wyding, Woord en Werskaf word geïntegreer. Teks: 1 Johannes, 2 Johannes en 3 Johannes Notas oor

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens

Baie welkom by vanoggend se erediens Baie welkom by vanoggend se erediens Kerklike jaar: Lydenstyd Hoekom moes Jesus so ly? Jes 53 Jesaja - drie in een I - Jes 1-39 Verval voor ballingskap Jesaja II - Jes 40-55 Ballingskap in Babilonië III

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan... INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 7 1. Doen God al die skuifwerk hier op aarde?... 9 2. God se genade bepaal sy planne... 12 3. God se meesterplan... 15 4. Die Bybel: God se kompas... 18 5. Doen God se wil...

Nadere informatie

As God jou wêreld skud. Handelinge 9:1-19. Soms gebeur onverwagte dinge in ons lewens. o Dinge wat ons wêreld skud.

As God jou wêreld skud. Handelinge 9:1-19. Soms gebeur onverwagte dinge in ons lewens. o Dinge wat ons wêreld skud. As God jou wêreld skud. Handelinge 9:1-19 Inleiding Soms gebeur onverwagte dinge in ons lewens. o Dinge wat ons wêreld skud. Jy of iemand naby jou word dalk ernstig siek. o Of jy stamp jou kar. o Of jy

Nadere informatie

IETS UIT NIKS: GOD HET ALLES GEMAAK

IETS UIT NIKS: GOD HET ALLES GEMAAK Ontmoeting 1 In hierdie ontmoeting wil ons die kinders die geleentheid gee om te besef hoe ongelooflik God alles gemaak het. Ons vat hulle dag vir dag deur die skeppingsverhaal en stop net voor die skepping

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

1 Johannes 5: /03/2014

1 Johannes 5: /03/2014 1 Johannes 5:9-12 23/03/2014 Iets wat ek seker is julle al baie gehoor het, is, ken jou status. En dis presies waaroor ek ook vanoggend met julle wil praat oor - ken jou status Ek dink nie enige iemand

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: E. Frischbutter Storie 24 van 60 www.m1914.org Bible for Children,

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

PAULUS: APOSTEL VIR DIE HEIDENE. Les 1 vir 1 Julie 2017

PAULUS: APOSTEL VIR DIE HEIDENE. Les 1 vir 1 Julie 2017 PAULUS: APOSTEL VIR DIE HEIDENE Les 1 vir 1 Julie 2017 Paulus is die skrywer van die brief aan die Galasiërs. Hy het homself so voorgestel: "My lewe dan van my jeug af, wat van die begin af deurgebring

Nadere informatie

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

3-6 MAANDE BABAPROGRAM 3-6 MAANDE BABAPROGRAM Kopiereg Baby & Tots Guide 2017 Kommunikasie vaardighede ten minste twee verskillende klanke maak bv. ah, uh, eh, oh... Ek begin om klanke agter in my keel te maak bv. h, k, g...

Nadere informatie

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Briewe, posseëls en elektroniese pos moet oor die skepping heers en dit onderwerp (Gen. 1: 28). Die mens ontvang van God die opdrag om die moontlikhede van die skepping te ontgin. Daarom moet ons die skepping probeer verstaan en dit bestuur.

Nadere informatie

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie. D O O P Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie. 1 PETRUS 3:21 Waarvan die die, ons nou ook, nie as n aflegging van die vuilheid

Nadere informatie

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 1 3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 Tema Jesus wys dat God se Woord soos n wapen is waarmee ons die duiwel en sy versoekings kan oorwin. Agtergrond Die verhaal van die Israeliete wat uit Egipte

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie