Inleiding: 1. Ons vier Nagmaal in opdrag van die Here.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Inleiding: 1. Ons vier Nagmaal in opdrag van die Here."

Transcriptie

1 1 1 Korintiërs 11:17-34; Teks: K 1/2/2015 Sing: Ps. 45:1,4,5,16; Ps. 75:5,6; Ps. 118:3,4,5; Ps. 86:2,3; Ps. 46:1,3,6. (Nagmaal Ps. 23:3; Ps. 63:1-6.) Inleiding: Geliefde broeders en susters kerk van ons Here Jesus Christus Waarom gebruik ons Nagmaal? Kom ons kom 'n bietjie nader aan eie lyf: Waarom gebruik ék Nagmaal? Los nou maar al die korrekte antwoorde wat elkeen van ons kan gee. Waarom dit eintlik gaan, is: Wat beteken dit werklik vir my wanneer ek vanmôre kom aansit aan die tafel van die Here? Is ek maar hier omdat dit van my verwag word? Is ek hier omdat dit maar 'n kerklike tradisie is? Of is ek werklik hier omdat ek weet... Tema: Die Here Jesus het die Nagmaal ingestel tot sy gedagtenis. En daarom 1. Ons vier Nagmaal in opdrag van die Here. En Ons vier Nagmaal met 'n spesifieke doel. 1. Ons vier Nagmaal in opdrag van die Here. In die kerk in Korinthe het daar destyds 'n klomp verkeerde dinge gebeur. Die lidmate het verkeerd opgetree tydens die liefdesmaaltye en só die Nagmaal verontheilig. Hiervan lees ons in vs Hierdie liefdesmaaltye was destyds in daardie jong gemeente 'n daaglikse instelling. Elkeen het die kos wat hy of sy gehad het saamgebring sodat dit gedeel kon word. Die wat min gehad het, het die min wat hulle gehad het, gebring en die wat oorvloed gehad het, het uit die oorvloed wat hulle gehad het, meer gebring. Op daardie manier het hulle ook vir die armes in die gemeente gesorg. Aan die einde van hierdie maaltye het hulle dan ook gewoonlik saam Nagmaal gebruik. Maar... dinge het mettertyd verander: Die rykes het begin om vooraf eers genoeg te eet voordat hulle byeen gekom het en het gevolglik nie meer genoeg kos saamgebring nie. En só het die armes nie genoeg kos gekry nie. Die rykes se gesindheid was nie meer reg nie en die armes het dit agter gekom. Dit het tot krapperigheid en skeuring aanleiding gegee en die 1

2 2 armes vlg. vs. 22 beskaamd gemaak. Die gevolg was dat die Nagmaal nie meer tot opbou van hulle geloof en tot eer van die Here gevier is nie! Daarom roep Paulus o.l.v. die Gees die kerk in Korinthe tot orde: Julle moet onthou waar die Nagmaal vandaan kom! Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het (vs. 23). Duidelik is die Nagmaal nie maar 'n menslike instelling wat julle kan inkleur en waarmee julle kan maak soos julle goed dink nie! Julle moet onthou dat die Here Jesus Self die Nagmaal ingestel het. Ons vier Nagmaal in opdrag van die Here! Daarom moet julle dit onderhou op die manier waarop Hy dit ingestel het. Julle moet dit ook onderhou vir die doel waarvoor Hy dit ingestel het. Ja... Jesus Christus is die Koning van sy kerk. Aan sy bevele alleen moet ons gehoorsaam wees. Hy wil hê dat ons Nagmaal gebruik. En ons moet die Nagmaal vier soos Hy sy apostels geleer het en in die Woord vir ons laat opteken het. Dit is sy instelling vir sy kerk. En nou moet daardie selfde Godgegewe sakrament voortgesit word op elke plek waar sy kerk op aarde byeen kom. Nou weet ons: Paulus was nie eers self teenwoordig by die instelling van die Nagmaal nie. Maar hy het waarskynlik by die ander apostels gehoor en geleer hoe die Nagmaal gebruik moes word. En hulle mog nie afwyk van die Nagmaalsviering soos hulle dit van die begin af by Jesus Self geleer het nie. Anders sou hulle die Nagmaal verontheilig. Ook die gesindheid waarmee hulle vooraf deelgeneem het aan die liefdesmaaltye wat oorgevloei het in die Nagmaal, was uiters belangrik. Hoe kon hulle tog op n liefdelose wyse deelneem aan n liefdesmaaltyd en net daarná met die regte gesindheid die Nagmaal vier!? Daarom moes die kerk in Korinthe weer die instellingswoorde van die Nagmaal hoor. Hulle moes besef waarmee hulle besig was. Hulle optrede voor en tydens die Nagmaalsviering het duidelik getoon dat hulle juis nie meer onder die diepe besef gestaan het van dit waarmee hulle besig was nie. Dit was nodig dat hulle hul t.o.v. hierdie saak moes bekeer! Die Korintiërs moes terugdink aan daardie nag waarop die Here verraai is (vs. 23) toe Hy die Nagmaal ingestel het. Hulle moes terugdink aan daardie besondere tydstip waarop die Here Jesus die Nagmaal ingestel het. Dit was op 'n kritiese tydstip in die kerk en in die 2

3 3 wêreld se geskiedenis. Net voor die kruisiging. Net voor Jesus Christus sy lewe vir sondaarmense sou aflê. Net voor die mees bepalende tydstip vir alle mense se ewige toekoms. Maar enkele ure voor sy kruisdood het Hy hulle vooraf deur die Nagmaal in die geloof versterk en aan hulle die versekering gegee dat Hy nie verniet aan n kruishout sou sterf nie. Hy sou immers vir die sondes van sy kinders betaal. Hy sou hulle met sy liggaam en bloed vry koop van die mag van die satan en van die ewige verderf. Broeder en suster wanneer die ouderlinge met huisbesoek aan ons sou vra of ons met vrymoedigheid aan die Nagmaalstafel kan kom aansit, moet ons dit reg verstaan. Vrymoedigheid beteken geensins eiewilligheid nie. Ek móét kom aansit. Dit is 'n opdrag van die Here. As ek nie gereeld Nagmaal gebruik nie, minag ek immers n opdrag van die Here Self. Daarom mag ek nie oor geringe en minder belangrike sake nie Nagmaal gebruik nie. Om met vrymoedigheid te kan aansit, is dit ook belangrik dat ek myself diepgrondig moes ondersoek en vooraf die dinge wat kon maak dat ek die Nagmaal sou kon verontheilig, moes aflê. Ek moet opreg kan getuig dat daar nie skandelike sondes in my lewe is wat ek sonder berou en bekering probeer wegsteek nie. Ek moet opreg en eerlik kan getuig dat ek met 'n rein gewete voor die Here kan kom aansit sonder om 'n oordeel oor myself te eet of te drink. Ek moet, in die woorde van vs. 27, nie op n onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink en so skuldig wees aan die liggaam en die bloed van die Here nie. Verder Vier ons die Nagmaal met 'n spesifieke doel. In die gemeente van Korinthe het dit gelyk asof hulle nie meer onthou het waarom hulle Nagmaal gebruik nie. Dit het gelyk asof hulle nie meer die Here en sy verlossingswerk onthou het nie. En tog het die Here Jesus vlg. vs. 24 gesê: "Doen dit tot my gedagtenis." Ja... Jesus gebruik die Nagmaal om sy kinders te herinner aan dit wat Hy aan die kruis vir hulle gedoen het: Wanneer julle die tekens van brood en wyn eet en drink: Onthou! Ek het met My bloed vir julle betaal. Ja... onthou dat Hy as Middelaar vir ons kom intree het. Dit beteken: Hy het tussen God en ons kom staan. Gevolglik sien God nie meer ons 3

4 4 sondes raak nie, maar Hy sien alleen maar die soenverdienste van ons Middelaar, Jesus Christus, raak. En Hy het die volle lydingsbeker gedrink. Hy het aan die kruis vir ons sondes gesterf. En nou moet ons, wanneer ons Nagmaal gebruik, nie alleen maar net aan die verlede dink nie. Ons móét wel ook weer opnuut na die kruisdood van Jesus Christus gaan kyk, maar ons mag nie vassteek by die historiese gebeure rondom die kruis nie. Dit wat Jesus Christus gedoen het, het ook betekenis vir vandag. Dit het ook betekenis vir die hier en die nou. Want... Nagmaalgebruik verseker ons opnuut daarvan dat ons in die lewe van elke dag vrede in die gemoed kan hê. Dat ons rustig kan volhard in die roeping wat die Here aan ons gee en op die plek waar die Here ons geplaas het. Daarom kom ons ons verantwoordelikhede na die beste van ons vermoëns na met die gawes en die geleenthede wat die Here aan ons gegee het. Ja om te mag vasgryp aan die betekenis van Jesus Christus se kruisdood vir ons, beteken geensins dat ons passief mag agteroorsit en wag op die wederkoms nie. Daarteen waarsku die Here ons ook deur die apostel Paulus in die briewe aan die Thessalonisense. Daar was gelowiges in Thessalonika wat met soveel verwagting uitgesien het na die wederkoms van Jesus Christus, dat hulle vergeet het dat hulle steeds n roeping het om uit te leef... en dit... tot op die dag dat die Here Jesus weer kom. Van hulle het ophou werk en net gewag op die wederkoms. So het hulle n las geplaas op die ander gelowiges wat hulle moes help versorg. Daarom moes Paulus hulle onder leiding van die Heilige Gees vermaan: Wie nie werk nie, moet ook nie eet nie... julle moet werk en julle eie brood eet (2 Thess. 3:10, 12). Ja... ons het elkeen die plig om ons gawes ten beste te gebruik op elke terrein waar die Here ons gebruik. Op die dag wanneer die Here kom, moet Hy ons besig en getrou vind daar waar ons diensbaar is in sy Koninkryk. Soos daardie dienskneg wat sy heer aangestel het om die ander diensknegte te versorg terwyl hy weg was. Ons lees daarvan in Matteus 24:45. Mag Hy ons dan op die dag van die wederkoms of op die dag wanneer Hy ons op aarde kom haal, steeds getrou besig vind. Besig om te doen dit waarvoor Hy ons geroep het. Dan tree ons op volgens die eis van die Woord. Die Hervormer, Maarten Luther, het 4

5 5 dit as volg verwoord: As ek weet die wederkoms van ons Here Jesus is môre, plant ek vandag nog n boom. Ja... Nagmaalgebruik bevestig opnuut aan ons dat ons nie vreesbevange en moedeloos in ons harte en gemoedere hoef te wees nie. Al is daar ook baie dinge waaroor ons onseker is. Al weet ons nie wat die toekoms inhou nie. Maar... as ons ons verantwoordelikhede na die beste van ons vermoëns nagekom het as ons in afhanklikheid van die Here, met die insigte tot ons beskikking, probeer patroon en rigting gee aan ons lewens en aan die toekoms kan ons vrede, rustigheid en kalmte in ons harte hê. En hoekom dan... hoe is dit dan moontlik? Omdat Christus gekom het. Omdat Hy kom sin gee het in 'n wêreld wat nie altyd vir ons menslike verstaan en oordeel sin maak nie. Die wêreld verstaan immers geensins die sin daarvan dat Jesus aan 'n kruishout moes kom sterf nie. Daarteenoor weet gelowiges egter: In sy grote liefde vir sondaarmense het Hy juis kom sin gee aan die lewe wat sonder Hom geheel en al sinloos is. Sy gebreekte liggaam en sy bloed wat gevloei het dít gee sin aan hierdie lewe! Daaraan moet ons dink! Dááraan kan elke gelowige wat vandag Nagmaal gebruik, vashou. Maar... die Nagmaal het ook betekenis vir ons toekoms. Die tekens van brood en wyn wys na die liggaam en die bloed van Christus en verseker ons dat al hierdie dinge wat op aarde gebeur, nie maar tevergeefs is nie. Nie tevergeefs hou ons aan die Here Jesus en aan sy soenverdienste vas nie. Dit is nie tevergeefs dat ek onregverdig by die werk behandel word, omdat ek nie bereid is om my beginsels prys te gee nie. Nie tevergeefs dat ek steeds liefde bly bewys in 'n wêreld wat vasgevang is in haat en nyd en geweld nie. Nie tevergeefs dat ek onbeskaamd ánders as die wêreld optree nie. Wie meen dat die lewe en alles daarmee saam, tevergeefs is, verstaan mos nie wat die Nagmaal vir ons leer nie. Die Here Jesus leer ons: "Doen dit tot my gedagtenis." Dink terug aan wat Hy gedoen het. Maar... dink daarmee saam ook aan dit wat Sy kruisdood vir jou toekoms inhou! Die ewigheid wag op jou! Jy sal vir ewig deel hê aan die Here Jesus Christus. Hy het met sy liggaam, wat aan die kruis vasgespyker is, opgestaan uit die dood. Sodoende het Hy die dood oorwin. En God se kinders sal deel hê aan daardie 5

6 6 oorwinning. Ja... ons is in die woorde van Rom. 8:37 meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Die Nagmaal is vlg. vs. 24 en 25 gedagtenismaaltyd. Maar... uit vs. 26 sien ons dat die Nagmaal ook n belydenismaaltyd is. Elke keer wanneer ons saam Nagmaal gebruik, verkondig ons ons getuig van die dood van die Here totdat Hy kom. So word en is die Nagmaal sigbare prediking. Ons sien met ons oë die tekens van brood en wyn. En deur die tekens sien en leer ons wat die Woord ons oor die Nagmaal leer. Ja wanneer ons Nagmaal gebruik... bely, getuig, verkondig ons: Jesus Christus het gesterf maar Hy het ook uit die dood opgestaan. Hy sit aan die regterhand van God vanwaar Hy as Koning oor alle dinge ook oor ons lewens regeer. Slot: Geliefde broeders en susters Nagmaal is 'n maaltyd alleen vir gelowiges. En Sondag 30 van die HK beskryf daardie mense se optrede en gesindheid: Dit is hulle wat n afkeer aan hulleself het vanweë hulle sondes, maar tog vertrou dat hulle om Christus wil vergewe is en die innige begeerte het om hulle geloof te versterk en hulle lewens te verbeter. Baie duidelik: As ek nie in die geloof kom aansit nie, mag ek nie Nagmaal gebruik nie. Alleen deur die geloof wat die Heilige Gees in 'n mensehart werk, het ek waarlik deel aan die liggaam en aan die bloed van die Here Jesus Christus. Ons kom daarom as geloofsgenote aansit aan die tafel van die Here. Ons verkondig die dood van die Here Jesus tot en met sy wederkoms. Sáám bely ons dat sy kruisdood die enigste grond vir ons saligheid is. Ons kom daarom aansit terwyl ons gedagtes vol is van die betekenis van dit wat Jesus Christus vir ons gedoen het. Sy dood het betekenis vir my lewe van vandag. Maar Sy dood het ook betekenis vir my lewe tot in alle ewigheid vir my ewige lewe. Ja... Sy kruisdood gee sin en betekenis aan hierdie aardse lewe maar... dit bepaal en gee ook sin aan my ewige lewe. Dít kan ons ook weer vanoggend hier van harte bely. AMEN. 6

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Les 2 vir 13 Oktober 2018 Les 2 vir 13 Oktober 2018 God wil hê dat sy mense verenig moet wees. Om God se wil te gehoorsaam, is noodsaaklik om eenheid te bereik. Wanneer ons verenig is, vul dit die Kerk met vreugde en voorspoed

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Hoe kan ek my kruis opneem 1. Deur te doen wat die Woord my beveel, deur myself te verloen. # Verloen Tot n oortuiging

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God 1 Skriflesing: Johannes 6:37-40; 10:11, 26-29; Romeine 8:29-30 Belydenis- Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 In die vorige paragrawe van die Dordtse Leerreëls het

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 Die heidene het die evangelie aanvaar, en dit was vir sommige Jode 'n probleem. Moet die heidene nie onder dieselfde reëls leef nie? Waarom het die Jode besny,

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Tema: God eis my vir Hom op.

Tema: God eis my vir Hom op. 1 Filippense 1:27-2:11; T:27 K 11/8/2013 Sing: Ps. 111:1,2; Ps. 119:4,5; Ps. 66:6,7; Ps. 24:1,2,3,4,5; Ps. 111:4,5. Inleiding: Geliefde broeders en susters ons wat behoort aan die kerk van ons Here Jesus

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Johannes 4:1-5:12 1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op

Nadere informatie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Les 1 vir 7 Oktober 2017 Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

sodat jy n gestuurde van die Here kan

sodat jy n gestuurde van die Here kan Welkom in die veilige ruimte van die Rooikerk waar jy omgee kan ervaar sodat jy n gestuurde van die Here kan gaan wees!!! Om te behoort!! 1 Korintiërs 12:12-27 Tema vir 2016: 9 Kernwaardes van n lewenskragtige

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

DIE BRIEF AAN FILEMON

DIE BRIEF AAN FILEMON DIE BRIEF AAN FILEMON Inleiding Hierdie brief maak saam met die briewe aan die Efesiërs, Filippense en Kolossense die viertal geskrifte uit wat bekend staan as Paulus se gevangenskapsbriewe. By twee geleenthede

Nadere informatie

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) 1 Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 6 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting) 1 Skriflesing: Psalm 16 Teks: Psalm 16:10-11a Sing- Ps. 68:15; Ps. 23:2; Ps. 2:4 Petrus preek op Pinkstersondag, Psalm 16 (vgl. Hand 2:25-31). Broeder en suster, watter aangrypende Psalm, waar Dawid as

Nadere informatie

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk.

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk. 1 Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk. Vooraf sang Lied 478:1, 2 Ontmoetingsdiens Intreelied

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL Instelling van 1 Kor 11: 23-26 Geliefdes in die Here Jesus Christus Die Here het self ingestel. Daarvan getuig Paulus: "Ek het van die Here ontvang wat ek ook

Nadere informatie

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 8 TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95 TEMA: God alleen moet gedien word Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 9 : 8, 12 (vers 8 by 6e gebod) Psalm 135 : 9, 10 Psalm 31 : 4, 19 Ook:

Nadere informatie

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né. 1 Matteus 11 d2 Wh 16 Lees Matteus 11:25-29 Is jy slim of eenvoudig? Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Ek onthou hoe ek baie keer met `n eenvoudige rapport by die huis gekom het, en alles

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal) 1 Skriflesing: Handelinge 2:12-36 Teks: Handelinge 2:25-31 Sing- Ps. 31:1,4; Ps. 32:4; Ps. 16: 1,5; Ps. 23:3; Ps. 116 Ps. 66:7 Broeder en suster- Watter voorreg ontvang ons vanoggend om in die tyd wat

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2)

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2) SKRIFLESING: Lukas 8:22-39 TEKS: Lukas 8:25a TEMA: Geloof moet werk. Psalm 48 : 4 Psalm 119 : 36 Psalm 31 : 1, 2 Skrifberyming 74 (14-2) Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dis maklik, as ons veilig en rustig hier

Nadere informatie

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood. 1 Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood. Vooraf losprysing Sb 12-6: 1, 2, 3, 4 en 5 Lied 525: 1, 2 Ontmoetingsdiens Intreelied: Lied 163: 1 Votum Seën;

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk 1 Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk VERWELKOMING Ons land is op baie maniere stukkend. Op maniere wat ons almal seermaak. Daarom wil ons graag vanjaar periodiek so saamkom

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom SKRIFLESING: Matteus 25:14-30 TEKS: Matteus 25:19 TEMA: Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom Psalm 92 : 1, 2 Skrifberyming 31 (7-1) : 3 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo! 1 Ons is baie bly en dankbaar saam met Myrna van Eyssen en Ruan Kotze wat vandag geleentheid kry om hulle geloof te bely en Ruan wat ook die doop as teken van God se verbond met hom ontvang. Tema: God

Nadere informatie

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy? 1 Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy? Lees Jakobus 3:13 14:10 Wat het jy? Het jy die regte bloed, velkleur, selfoon, motor, huis, werk, kerk, geloof, dade. Het jy iets wat

Nadere informatie

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3) SKRIFLESING: Titus 1 TEKS: Titus 1:15 TEMA: Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2 Psalm 119 : 4 Psalm 18 : 12 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 141 : 3, 4 Sb 14 : 1, 2 Dis nie altyd so maklik

Nadere informatie

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 11:36 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 150-1:1,2,3 Sing: Psalm 99-1:1,2,5 Sing: Psalm

Nadere informatie

FAMILIENUUS. Here, laat my lewe deur die Gees. MEI Want elkeen hoort in n geestelike gesin

FAMILIENUUS. Here, laat my lewe deur die Gees. MEI Want elkeen hoort in n geestelike gesin 1 FAMILIENUUS Want elkeen hoort in n geestelike gesin MEI 2015 Here, laat my lewe deur die Gees. NUUSBLAD van die Kleingroepe: NG Gemeente Magalieskruin 2 KLEINGROEPE: NUUS Hoop elkeen het n geseënde Paastyd

Nadere informatie

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4 1 Die doop word vanoggend bedien aan Ilani Grobler, baba van Dawie en Marike Grobler. Ons heet graag al hulle familie en vriende welkom. Baie geluk ook aan die oupas en oumas en ook die grootoupa s en

Nadere informatie