HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3"

Transcriptie

1 HOSEA 6:1-3 Votum en seën Psalm 48 : 1 Gebed Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3 Preek: Wie na die Here terugkom, kry n genadige God Gebed Kollekte Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 6, 7 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 2 Dis iets wat jy oor en oor by die profete hoor: 1 - bekeer julle; - draai om van die verkeerde pad; - keer terug na die Here toe! Maar is dit nodig dat óns dit hoor? Die meeste van u wat vanaand hier is, is die getroues dis mos die ánder wat hierdie oproep behoort te hoor! En tog is dit juis opregte kinders van die Here wie se ore hierdie oproep eerste opvang. Dis húlle wat besef dat hierdie oproep wel vir hulle ook bedoel is, dat daar nog soveel in húlle lewens is wat reggemaak behoort te word: - sondes wat ons nog nooit kon afksud nie; - denkpatrone wat by ons moet verander; - nuwe gesindhede wat by ons gekweek moet word en behoort te groei Kom ons luister vanaand na hierdie deel van die Woord, n gedeelte waar die Heilige Gees ons laat hoor hoe die getroues ander oproep om saam met hulle terug te keer na die Here toe, by Wie hulle seker is dat hulle met liefde ontvang en behandel sal word. Dis waaroor hierdie preek gaan: terug na die Here toe! Kom ons kyk na 1. die oproep wat hier gemaak word; 2. die sekerheid waarin dit gedoen word; 3. waarop dit uitloop. 1. DIE OPROEP Hierdie oproep in verse 1-3 val nie uit die lug uit nie. In die vorige hoofstuk is berig hoe die die Here Sy volk wat sonder berou en sonder bekering net aangaan met hulle sondes, gaan straf. Hy t onder andere vir Sy volk laat weet dat Hy hulle soos n leeu gaan verskeur, 2 en dat Hy hom van hulle gaan terugtrek, totdat hulle hulle skuld erken en Hom weer opsoek. 3 1 Jer 3:12, 14, 22; 4:1; 31:18; Eseg 14:6; 18:30; Hosea 12:7; 14:2-3; Joël 2:12; Sag 1:4; Mal 3:7 2 Hosea 5:14

3 3 Die verskriklike so vertel die res van Israel, die Tien Stammeryk, se geskiedenis ons is dat die meerderheid van hulle hulle glad nie aan die Here se waarskuwings gesteur het nie, en aangehou het met hulle sonde en daarom uiteindelik deur die vernietigende straf van ballingskap getref is. Maar n deel van die volk (Paulus sou hulle n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade noem 4 ) het wel gehoor en ag gegee op wat hulle gehoor het. Hulle harte is deur Heilige Gees ontvanklik gemaak vir Woord. En dis hierdie gelowige oorblyfseltjie wat hier in verse 1-3 aan die woord kom. Dis húlle wat hulle mede-volksgenote hier oproep: Kom en laat ons terugkeer tot die HERE En laat ons dit najaag om die HERE te ken Let op die ons. Hulle maak nie asof húlle nie hoef terug te keer en dit net die ánder is wat dit nodig het nie. Nee, hulle besef hulle eie skuld en sondes en hulle weet dat hulle self ook in so baie moet terugkeer na die Here toe, en dáárom: Kom en laat ons terugkeer Terugkeer is dit wat ons gewoonlik sommer bekeer noem. Terugkeer is iets wat mense wat deur hulle sondes weggegaan het van God af, moet doen. Terugkeer is dit wat nodig is wanneer God se oordele oor jou sondes jou op n afstand van Hom af hou. Let ook op dat hierdie oproep mense na die Hére toe terugroep. Ware bekering is altyd in die eerste plek n terugkeer na die HERE toe, nie na die voordele toe van n lewe saam met Hom nie! En dan is ware terugkeer ook so sien as ons die profete van bekering praat nie net die uitspreek van mooi woorde en voornemens nie, maar om met n opregte hart in die 3 Hosea 5:15 4 Vgl Rom 11:5

4 4 praktyk van die alledaagse lewe die verkeerde dinge op te hou doen en die regte dinge in die plek daarvan te doen. 5 Kom en laat ons terugkeer tot die HERE En laat ons ken laat ons dit najaag om die HERE te ken Suiwer en deeglike kennis is n onontbeerlike deel van ware godsdiens. Dis n onding dat daar so baie mense in ons tyd is wat hulleself Christene noem, maar dan tevrede is met net so n basiese, elementêre kennis van die godsdiens net genoeg sodat hulle darem die minimum weet en die minimum sal kan doen van wat nodig is om bekend te staan as n Christen. n Gebrek aan suiwer en diepgaande kennis was juis een van die oorsake van die geestelike verval in die Israel van Hosea se tyd: o In hoofstuk 4:6 lees ons dat die Here gesê het: My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis o En in hoofstuk 5:4 lees ons dat die volk nie terugkeer na die Here toe nie, onder andere omdat hulle die Here nie ken nie! En let ook hier op dat dit spesifiek gaan oor kennis van die Hére. Hierdie oproep in vers 3 is n oproep om alles in te span om die Hére te ken. Dit gaan nie in die eerste plek oor kennis wat mense nodig het om ingelig aan allerhande teologiese en kerklike debatte te kan deelneem nie, maar oor kennis van die Here: - van hoe Hy is - en hoe Hy doen met hulle en vir hulle - en hoe Hý wil hê dat húlle moet doen. Jy moet byvoorbeeld die liefdes-hart van die Here leer ken. Jy moet Sy geduld met sondaars leer ken. Jy moet Sy getrouheid aan Sy beloftes leer ken, ens. 5 Jer 3:12, 14, 22; 4:1; 31:18; Eseg 14:6; 18:30; Hosea 12:7; 14:2-3; Joël 2:12; Sag 1:4; Mal 3:7

5 5 Vir ons is hierdie kennis beskikbaar in die boek waarin die woorde en die gebeure waarin die Here self dit aan ons bekend gemaak het, opgeneem is: die Bybel. Laat ons najaag om die HERE te ken Die gelowige oorblyfseltjie van Israel het die Here se tugtigende hand gevoel en die woorde wat Hy deur Sy profete laat sê het, ter harte geneem en hulle roep dit uit: Kom en laat ons terugkeer tot die HERE En laat ons dit najaag om die HERE te ken Iemand het gesê 6 dat ons hier die verlore seun van die Ou Testament hoor. Jesus het mos in die gelykenis oor die goeie pa van die verlore seun, die seun, toe hy tot sy sinne gekom het, laat sê: Ek sal opstaan en na my vader gaan 7 Ek sal teruggaan na my pa toe! Hier is dit kinders van die Here wat geestelik agteruit gegaan het, wat sê: Kom ons gaan terug na die Here toe en ons leer Hóm weer ken Maar hoe gaan die Here reageer as Sy volk hulle bekeer? By dié wat hierdie oproep laat hoor het, was daar geen twyfel daaroor nie. Hulle was doodseker hoe die Here sou reageer 2. DIE SEKERHEID WAT HULLE HET Hulle t nie vir n oomblik getwyfel dat die Here hulle met liefde sal terugverwelkom nie. Hy sal ons genees. Hy sal ons verbind. Hy sal ons lewend maak. Hy sal ons laat opstaan. Hy sal vir ons wees soos die son en die reën vir die natuur is. 6 Veldkamp: De Zoon van Beëri in die deel wat gaan oor Hosea 6:1-2 7 Luk 15:18

6 6 Die hemelse Vader, wat Sy ongehoorsame kinders hard moes slaan, sal self hulle wonde verbind en gesond maak. Dit beteken dat Hy die strawwe waarmee Hy hulle getref het, sal laat ophou, en dat Hy die bitter gevolge daarvan sal wegvat. Hy sal hulle lewend maak, hulle laat opstaan. Hierdie woorde verwys seker ook na hulle bestaan as volk van die Here op hierdie aarde: vir die getroues in Sy volk sal die Here weer dit wat hulle volksbestaan bedreig het, wegvat en hulle nuwe lewensmoontlikhede gee soos wat Hy gedoen het toe Hy op n stadium die gelowige oorblyfsel van Sy volk uit die dood van ballingskap laat terugkeer het na hulle land toe waar hulle weer vir eeue en eeue gewoon het. Maar hierdie woorde (dat Hy hulle sal laat opstaan en laat lewe) verwys sekerlik in die eerste plek daarna dat Hy hulle ook geestelik weer sal laat oplewe - soos doodsbeendere wat weer senings en vleis en vel kry en weer begin lewe; 8 - soos die Here Jesus Christus, wat na Sy kruisdood in die graf was en op die derde dag lewend uit die dood opgestaan het. En dat Hy vir hulle soos die son sal opgaan en soos die broodnodige laat reëns vir die gesaaides sal wees, beteken dat die Here só met en in die terugkerendes sal werk, dat hulle baie en goeie geestelike vrug sal dra dat hulle n lewe van gehoorsaamheid aan die Here sal lewe. Terloops, hoor u in dit waarvan die mense wat hierdie oproep laat uitgaan, seker is, die werk van die Vader en die Seun en die Heilige Gees? Die Vader wat verbind en genees na die tug Die Seun wat met Sy dood in die plek van sondaars en Sy opstanding uit die dood uit vir hulle, die ware lewe vir hulle teruggee die ewige lewe En die Heilige Gees wat soos sonskyn en reën in ons siele werk en die vrug van liefde en blydskap en vrede en lankmoedigheid en vriendelikheid en goedheid en getrouheid en sagmoedigheid en selfbeheersing daar laat groei 8 Eseg 37

7 7 Op grond van alles wat God van Homself vir Sy volk gewys het deur dit wat Hy vir hulle gedoen het en gesê het, is daar by mense wat terugkeer na Hom toe, geen twyfel daaroor dat Hy hulle met die grootste liefde gaan terugverwelkom nie! Waarop loop hulle bekering en God se liefde dan uit? 3. WAAROP DIT UITLOOP (kortliks) In vers 2 staan dit: Hy sal ons lewend maak sodat ons voor Sy aangesig kan lewe. Om voor God se aangesig te wees beteken om daarvan bewus te wees dat Hy ook is waar jy is. Hy s mos altyd oral, op n spesiale manier daar waar Sy kinders is. 9 En om voor Sy aangesig te lewe, beteken om bewus te wees daarvan dat jy nie net af en toe in Sy teenwoordigheid is nie, maar elke oomblik van jou lewe, waar jy ook al is en wat jy ook al doen. En vir n kind van die Here is daar in hierdie lewe en in die ewigheid niks wat groter is of meer beteken as om in die teenwoordigheid van die Here te wees nie. 10 Wat nie dáárop afstuur en dáárop uitloop nie, is nie vir ons die moeite werd om na te jaag nie. Mense wat terugkeer na die Here toe, kan seker wees van Sy liefde, wat hulle by Hom sal laat lewe TOEPASSING Moet n mens n bekeringspreek vir toegewyde, getroue kinders van die Here preek? Tog wel. Wie sal beter as mense met n fyn ingestelde en geoefende gees kan agterkom dat die Here vir mense wag om na Hom toe terug te keer? 9 Ps 139: Ps 16:2, 8; 73:23-28; Flp 1:23

8 8 Wie sal beter as súlke gelowiges besef hoeveel daar selfs by ons nog is om ons van te bekeer. Hoe fyner jou gees deur die Heilige Gees geslyp is, hoe meer gaan jy juis besef hoe diep die sonde in jou ingedring het en oor hoe n wye front van jou lewe en dat ons aardse lewe eintlik te kort is vir al die terugkeer wat nodig is! Wie anders as mense wat die Here verstaan, gaan ook die ander oproep: Kom en laat ons terugkeer na die HERE toe! En laat ons najaag om Hóm te ken! En wie anders as ons wat die Here al n bietjie ken, sal met oortuiging kan sê: Moenie bang wees om terug te keer nie! Die Here sál jou met liefde ontvang en gesond maak en weer laat lewe saam met Hom en vir jou soos die son en die reën wees. Hierdie verse ís vir óns ook in die Bybel gesit AMEN

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

PSALM 115:1 HK Sondag 52: PSALM 115:1 HK Sondag 52:128-129 Votum en seën Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Gebed Skriflesing: Psalm 115 (AV 1933/53) Belydenis: HK 52:128-129 Teks: Psalm 115:1 (AV 1933/53) Psalm 115 : 1, 9 Preek: God

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:16 HK 23 TEMA: God red mense wat glo deur die krag van die evangelie Psalm 67 : 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 71 : 12, 14 Ook: Ps 32 Ps 65 : 2 2 As jy

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens

Baie welkom by vanoggend se erediens Baie welkom by vanoggend se erediens Kerklike jaar: Lydenstyd Hoekom moes Jesus so ly? Jes 53 Jesaja - drie in een I - Jes 1-39 Verval voor ballingskap Jesaja II - Jes 40-55 Ballingskap in Babilonië III

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 Votum en seën Psalm 30 : 3 Gebed Psalm 30 : 7 Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9b-23 (AV 1983/91) Belydenis: HK Sondag 1 Teks: 1 Korintiërs 3:21b-23 (AV 1983/91) Preek: Gelowiges

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

GALASIËRS 5:22 (getrouheid) GALASIËRS 5:22 (getrouheid) Votum en seën Psalm 89 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 16 : 1, 2 Doop Skrifberyming 14 (8-1) : 1 Gebed Skriflesing: Galasiërs 5:13-26

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7. PSALM 40:9 Votum en seën Psalm 89 : 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7 Gebed Skriflesing: Psalm 40 (AV 1933/53) Teks: Psalm 40:7-9 (AV 1933/53) Psalm

Nadere informatie

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3) SKRIFLESING: Titus 1 TEKS: Titus 1:15 TEMA: Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2 Psalm 119 : 4 Psalm 18 : 12 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 141 : 3, 4 Sb 14 : 1, 2 Dis nie altyd so maklik

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5 1 KORINTIËRS 13:12 Votum Seën Psalm 146 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 139 : 1, 12 Gebed Psalm 42 : 1 Skriflesing: 1 Korintiërs 13 (AV 1933/53) Teks: 1

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie. PSALM 141 : 2 HK 45 Votum Seën Psalm 104 : 1, 2, 20 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 69 : 3, 6, 12 Gebed Psalm 28 : 1, 2, 6 Skriflesing: Psalm 141 (AV 1933/53)

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld. Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld. Die volk van die Here kies vir sonde en teen God. Hulle volhard hardnekkig in hulle ongehoorsaamheid.

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) SKRIFLESING: Matteus 11:20-30 TEKS: Matteus 11:28 TEMA: Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2 Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) Psalm 135 : 3 (na gebed) Psalm 84 : 2 (na preek)

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 Votum en seën Psalm 47 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 50 : 8, 11 Gebed Skriflesing: Johannes 3:1-21 (AV 1983/91) Belydenis: Dordtse Leerreëls

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe. SKRIFLESING: Esegiël 33: 10-20 TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90 TEMA: God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe. Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 38 (15-2) : 2 Psalm 4 : 4 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2. SKRIFLESING: Lukas 17:1-10 TEKS: Lukas 17:10 HK 24 TEMA: Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1 Skrifberyming 24 (1-1) : 2 Psalm 40 : 4 1 Kan dit regtig wees dat al die goeie dinge wat ons

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91) JOHANNES 10:10b-11 Votum en seën Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Gebed Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91) Psalm 32 : 4 Preek: Die goeie Herder gee ware lewe in

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed.

ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed. ESEGIËL 17:19 HK 37 Votum en seën Psalm 89 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 Psalm 24 : 2 Gebed Psalm 24 : 3 Skriflesing: Esegiel 17 (AV 1983) Belydenis: HK 37 Teks: Esegiël

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 Votum en seën Psalm 2 : 6 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 86 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983) Belydenis: HK 30:81 Teks: Matteus

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand 1. Praise and Worship 2. Instruksies vir die aand: - Hierdie is n gebedsaand rondom die verskillende vrugte van die Gees. - Elke groepleier kry al hulle benodighede

Nadere informatie

1 TESSALONISENSE 5:25

1 TESSALONISENSE 5:25 1 TESSALONISENSE 5:25 Votum Seën Psalm 9 : 1, 8 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20 : 1-17 (AV 1983/91) Psalm 1 : 4 Gebed Skriflesing: 1 Tessalonisense 5:12-28 (AV 1983/91) Teks: 1 Tessalonisense

Nadere informatie

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43 JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43 Votum en seën Psalm 71 : 1, 2 Gebed Psalm 138 : 2 Skriflesing: Jesaja 53 (AV 1933/53) Belydenis: HK 16:40-43 Teks: Jesaja 53:9 (AV 1933/53) Preek: Jesus móés vir ons sterf,

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

JAKOBUS 5: Votum en seën. Psalm 138 : 1. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 26 (9-1) : 3, 4.

JAKOBUS 5: Votum en seën. Psalm 138 : 1. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 26 (9-1) : 3, 4. JAKOBUS 5:14-15 Votum en seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 26 (9-1) : 3, 4 Gebed Ps 121 : 3, 4 Skriflesing: Jakobus 5:13-20 (AV 1983/91) Teks: Jakobus

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit. 2 PETRUS 1:7 Votum en seën Psalm 47 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 23 : 1 Gebed Skriflesing: 2 Petrus 1:1-15 (AV 1983/91) Teks: 2 Petrus 1:7 (AV 1983/91)

Nadere informatie

In nood kan ons God as Vader aanroep.

In nood kan ons God as Vader aanroep. SKRIFLESING: Jesaja 63:7 64:12 TEKS: Jesaja 63:16 en 64:8 HK 9 TEMA: In nood kan ons God as Vader aanroep. Psalm 33 : 1 Skrifberyming 17 (17-1) : 5, 6 Psalm 103 : 7 Psalm 33 : 11 Ook: Ps 104 Sb 33 2 Na

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2. SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13 TEMA: Jesus is die Seun van God en ons Here Psalm 149 : 1, 2 Psalm 72 : 9, 11 Skrifberyming 41 (15-5) : 1, 4 [Ook: Ps 2 en Sb 5 en 27] 1 Dit gaan

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie